Menu terloops

The Last of Us S1-2

Op Showmax [Gepubliseer op 22 Apr 2025]


Die tweede seisoen van ‘The Last of Us’ begin vyf jaar ná Joel (Pedro Pascal) se onlosmaaklike leuen aan Ellie (Bella Ramsey).

Kyk 'The Last of Us' op Showmax

The Last of Us S1-2

Pedro Pascal en Bella Ramsey keer terug vir die tweede seisoen van die bekroonde – en briljante –  post-apokaliptiese drama, The Last of Us.

The Last of Us, gegrond op die gewilde en gelyknamige videospeletjie, se eerste seisoen het verlede jaar etlike toekennings opgeraap, waaronder agt Emmys. Die tweede seisoen speel af sowat vyf jaar ná die gebeure van die eerste seisoen met Joel (Pascal) en Ellie (Ramsey) se verhouding wat deur donker dieptes gaan soos die wêreld om hulle selfs meer gevaarlik en onvoorspelbaar as voorheen word.

Rozanne Els skryf in haar resensie: “Die reeks word wyd beskou as die beste verwerking van ’n videospeletjie – TV én film – en dié seisoen bied selfs meer van daardie toorkrag, veral wat die uitnemende visuele effekte en kinematografie betref. Daar is ook dele van dié seisoen wat die videospeletjie skoot vir skoot volg. Só verhef Mazin, ’n TV-veteraan ook bekend vir die angstige Chernobyl, en Druckmann, skrywer-regisseur van die videospeletjies, dié seisoen tot ’n volgende vlak. Een waar die intensiteit van die visuele vertelling in absolute akkoord is met die verhaal se emosionele polsslag. Die vertelling het, soos Ellie, grootgeword.”


Kyk albei seisoene op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies