Menu terloops

The Investigation

Op Showmax [Gepubliseer op 1 Jul 2022]


‘The Investigation’ is ’n fiktiewe misdaaddrama gegrond op die werklike gebeure rondom die moord op Kim Wall, ’n jong, Sweedse joernalis.

Kyk nou

The Investigation
Kyk lokprent

In The Investigation word die Deense polisiespeurder Jens Møller met ’n ontnugterende intensiteit deur Søren Malling (Borgen) vertolk. Pilou Asbæk (Game of Thrones) is, as die staatsaanklaer Jakob Buch-Jepsen, in perfekte balans teenoor Malling. Saam moet die twee die moord se raaisels oplos om geregtigheid vir Wall – en haar gesin in diepe rou – te laat geskied. 

Wall is op 10 Augustus 2017 deur ’n Deense duikbootbouer vermoor. Dele van haar koplose, gemutileerde lyk is 11 dae later langs die kus gevind.

Haar moord, op dieselfde dag as haar onderhoud met die duikbootbouer aan boord sy skip, het wêreldwyd opslae gemaak soos die ondersoekspan, gelei deur Møller en Buch-Jepsen, op die skuldige jag gemaak en duikers vir ’n verdere ses maande lank vir nog van Wall se liggaamsdele gesoek het.

Oor die duur van ses somber en stadige episodes sien ons die ondersoek ontvou. Dié stadige pas is nes die skrywer-regisseur Tobias Lindholm dit wou gehad het. Die reeks se fokus is immers nou – dit is tot slegs die polisieondersoek beperk en selfs dit word met eenvoud aangebied. Briljant, boeiend, maar sonder enige skouspel wat so gewoon geword het van misdaadrillers.

Pernilla August (Star Wars) en Rolf Lassgård (The Hunters) vertolk Wall se ouers, Ingrid en Joachim Wall. Die reeks is ook in noue samewerking met die werklike Møller en Wall se ouers gemaak. 

Kyk dit op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 11 stories in Julie misloop

’n Nuwe ‘Matlock’, Magda Louw op haar stukke, aksie-satisfaksie in ‘The Old Guard 2’, en die slotseisoen van die meesleurende reeks ‘The Sandman’ tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Julie 2025

Dolf staan by ’n kruispad, terwyl Bongi se liefdesbootjie sink... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Suidooster: Kaapse winter bring vlaag van vurige drama in Julie

Die een koue front ná die ander bring in Julie ’n vlaag van vuurwarm drama na ‘Suidooster’ se Ruiterbosch. Daar is rugstekery, misverstande, onsekerheid én gebroke harte. 

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Julie 2025

Agatha wriemel haarself telkens uit die moeilikheid en Petro stort ineen nadat sy iets uiters onverwags sien... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Julie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies