Menu terloops

The Horror of Dolores Roach S1

Op Ander [Gepubliseer op 7 Jul 2023]


Wanneer Dolores Roach ná 16 jaar uit die tronk vrygelaat word en paaie met ’n ou stoner-pel van haar kruis, word sy tot skokkende uiterstes in ‘The Horror of Dolores Roach’ gedryf.

The Horror of Dolores Roach S1
Kyk lokprent

Aaron Mark het The Horror of Dolores Roach rondom 2015 as ’n eenvrou-toneelstuk, Empanada Loca, geskryf. Dit is gegrond op die gelyknamige treffer-podcast.

Die die vertelling verloop soos ’n hedendaagse Sweeney Todd-geïnspireerde verhaal van liefde, verraad, dwelms, kannibalisme (!) en oorlewingsdrang.

Mark, wat ook deel van die TV-verwerking se vervaardigingspan is, het al vertel dat mense gedink het hy is stapelgek toe hy dié storie vir TV aangebied het.  

Die storie het sy wortels in Mark se waarnemings van blitsvinnige gentrification in Washington Heights, die Manhanttan-buurt waar hy vir tien jaar gewoon het. Hy het die manier waarop die gemeenskap ditself begin verteer het as ’n vorm van kannibalisme beskou. Hy maak dít toe deel van die storie…

Die storie begin met Dolores Roach (Justina Machado, Six Feet Under en One Day At a Time) wat ná 16 jaar uit die tronk vrygelaat word. As sy dan terugkeer na Washington Heights in Manhattan, New York, kruis sy weer paaie met ’n ou stoner-pel, Luis (Alejandro Hernandez van New Amsterdam). Hy bied vir haar ’n oplossing as sy sukkel om werk te kry. Sy’t mos ’n talent vir die stres uit mense se skouers te vryf, sy kan mos sommer as ’n masseuse in die kelder onder sy klein hole-in-the-wall-eetplek werk, sê Luis. Maar dan gebeur iets wat haar dalk weer terug tronk toe kan stuur. “Magic Hands” Dolores word tot skokkende uiterstes gedryf om te oorleef.


The Horror of Dolores Roach is vanaf 7 Julie 2023 op Prime Video beskikbaar. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Maart 2025

Japie slaan sy kloue in Sunette in, maar dan kry sy nuus oor haar gesondheid wat haar hele wêreld omdolwe. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir Maart 2025

Wat om te kyk: Die meesleurende Jaco Bouwer-drama, 'Niggies', Pretoria se Afrikaanse spin op 'The Mommy Club', Showmax se Afrikaanse tennisdrama, 'Breekpunt', en Seth Rogen se nuwe komediereeks – dié stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Oscars 2025: Wie het gewen én waar jy wenners kan kyk

Zoë Saldaña met ’n verstommende vertolking in die veelbesproke ‘Emilia Pérez’, Adrien Brody met sy indringende spel in ‘The Brutalist’, en Kieran Culkin in ’n loopbaanbeste rol waarvoor hy amper-amper nee gesê het – hier is vanjaar se Oscarwenners én waar jy dié bekroonde rolprente kan stroom. 

Meer

Jou telenovela-gids vir Maart 2025: Die einde breek aan in ‘My naam is Farah’

Tahir probeer steeds om vir Farah te beskerm soos dié verhaal ten einde loop. Hier is ons handige kykgids vir meer oor wat in die laaste sarsie episodes van ‘My naam is Farah’ op kykers wag.

Meer
Sien alle opsies