In die sesde – en laaste – seisoen van The Handmaid’s Tale, word June genoodsaak om nie die stryd teen Gilead gewonne te gee nie.
Die bekroonde Elisabeth Moss keer in die nuwe seisoen terug as June. Só ook haar mede-Emmywenners Ann Dowd, Bradley Whitford en Samira Wiley, asook Emmy-benoemdes Yvonne Strahovski, Max Minghella, O-T Fagbenle en Madeline Brewer.
Die reeks, wat op Margaret Atwood se distopiese en gelyknamige boek gegrond is, word deesdae as meer relevant en tydig as ooit beskou met etlike vergelykings tussen die fundamentalistiese teokratiese diktatorskap van Gilead en Trump se Amerika.
Die eerste vyf seisoene het 15 Emmys opgeraap, met kritici wat deur die bank net lof vir Moss se klinkhelder en meesleurende spel het. Ook in die sesde seisoen, is sy weer uitmuntend, soos Rozanne Els in haar resensie skryf: “Die seisoen se pas is briljant uitgemeet en selfs in die mees frenetiese oomblikke wyk die fokus nie van die karaktergedrewe vertelling nie. As aktrise is Moss uitmuntend – haar benadering tot June se veggees en kwesbaarheid maak die deure oop vir die kyker om hulle met haar lot te vereenselwig. En haar lot ís swaar… Keer op keer herinner June ons – hetsy in die teks of met haar ongenaakbare staar direk in die kamera tot binne-in die kyker se siel – “the only way is to show up and to fight.” Daar is nie ruimte vir lus of krag of moed om ’n faktor te wees nie.”
Kyk dit op Showmax.