Menu terloops

The Handmaid’s Tale S1-6

Op Showmax [Gepubliseer op 22 Apr 2025]


Blessed be! Seisoen vyf tel op nadat June wraak teen haar ontvoerder, teisteraar en verkragter, bevelvoerder Fred Waterford, geneem en hom met haar kaal hande uitmekaar geskeur het.

Kyk nou 'The Handmaid's Tale'

The Handmaid’s Tale S1-6

In die sesde – en laaste – seisoen van The Handmaid’s Tale, word June genoodsaak om nie die stryd teen Gilead gewonne te gee nie. 

Die bekroonde Elisabeth Moss keer in die nuwe seisoen terug as June. Só ook haar mede-Emmywenners Ann Dowd, Bradley Whitford en Samira Wiley, asook Emmy-benoemdes Yvonne Strahovski, Max Minghella, O-T Fagbenle en Madeline Brewer.

Die reeks, wat op Margaret Atwood se distopiese en gelyknamige boek gegrond is, word deesdae as meer relevant en tydig as ooit beskou met etlike vergelykings tussen die fundamentalistiese teokratiese diktatorskap van Gilead en Trump se Amerika. 

Die eerste vyf seisoene het 15 Emmys opgeraap, met kritici wat deur die bank net lof vir Moss se klinkhelder en meesleurende spel het. Ook in die sesde seisoen, is sy weer uitmuntend, soos Rozanne Els in haar resensie skryf: “Die seisoen se pas is briljant uitgemeet en selfs in die mees frenetiese oomblikke wyk die fokus nie van die karaktergedrewe vertelling nie. As aktrise is Moss uitmuntend – haar benadering tot June se veggees en kwesbaarheid maak die deure oop vir die kyker om hulle met haar lot te vereenselwig. En haar lot ís swaar… Keer op keer herinner June ons – hetsy in die teks of met haar ongenaakbare staar direk in die kamera tot binne-in die kyker se siel – “the only way is to show up and to fight.” Daar is nie ruimte vir lus of krag of moed om ’n faktor te wees nie.” 


Kyk dit op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies