Menu terloops

The Fear Index S1

Op Showmax [Gepubliseer op 23 Jun 2023]


‘The Fear Index’ is ’n sielkundige rillerreeks en gegrond op die topverkoperboek deur Robert Harris.

Kyk nou

The Fear Index S1
Kyk lokprent

In The Fear Index speel Josh Hartnett (Pearl Harbour) ene dr. Alex Hoffman, ’n tech genius wat homself in die middel van ’n komplot bevind om die wêreld se finansiële markte te vernietig. 

Dié sielkundige rillerreeks bestaan uit vier episodes en is gegrond op die gelyknamige topverkoperboek deur Robert Harris.

Lucy Mangan van The Guardian het veral Hartnett se vertolking van Hoffman geprys. “Dit is soliede, bevredigende kykstof. En dit word merkwaardig deur Hartnett verhef, wat Hoffman uit die staanspoor met ’n tasbare, geloofwaardige en al meer bytende vrees verdig.”

Ook in The Fear Index se rolverdeling is Arsher Ali (Avenue Five), Aïssa Maïga (The Boy Who Harnessed the Wind), en Leila Farzad (I Hate Suzie, Avenue Five). 


Weeklikse episodes vanaf Vrydag, 23 Junie 2023, op Showmax beskikbaar om te stroom. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

‘Wyfie’: Jou kykgids vir Oktober 2024

Dinge raak ernstig tussen Maggie en Shay en Kyla moet moeilike keuses maak. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer

Silwerskermfees 2024: Waar en wanneer om vanjaar se kortfilms die week op TV te kyk

Vanjaar se Silwerskermfees het weereens voortgebou op meer as ’n dekade se ontwikkelingsprojekte in die plaaslike filmbedryf – en die eerste sarsie stories word hierdie Saterdagaand, 7 September 2024, op kykNET uitgesaai.

Meer

‘Wyfie’: Jou kykgids vir September 2024

Amanda kom voor moeilike besluite te staan en Kyla is in ’n desperate situasie verstrengel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer
12

12 klassieke chick flicks en reekse om te kyk

Gryp die popcorn en rosé en kyk ’n paar van die mees ikoniese chick flicks en reekse wat ons oor die jare vermaak en geïnspireer het. Of jy nou lus is vir ’n lekker romcom, ’n hoërskooldrama, of ’n feel good-reeks, hierdie lys van 12 throwback-juwele is beskikbaar op jou gunsteling-stromingsplatforms.

Meer
Sien alle opsies