Menu terloops

The Cleaning Lady S1-4

Op Showmax [Gepubliseer op 13 Mar 2025]


‘The Cleaning Lady’, gegrond op die Argentynse reeks ‘La Chica que Limpia’, is ’n bloederige misdaaddrama.

Kyk nou

The Cleaning Lady S1-4

The Cleaning Lady draai om ’n dokter se desperate pogings om haar sieklike seun te red.

Só laat Thony De La Rosa (Elodie Yung) en haar seun hul lewe in die Fillipyne agter om na Amerika te verhuis. Thony hoop immers om hier vir hom die mediese behandeling te kry wat sy lewe kan red. Die een probleem ná die ander kom egter oor hul pad en sy begin noodgedwonge as ’n skoonmaker werk. Dís dan ook hoe sy by die gevaarlike wêreld van georganiseerde misdaad betrokke raak. 

Die reeks word deur Paste beskryf as “ ’n portret met ’n snelle pas van ’n vrou wat tot die uiterste beproef word en gedwing word om moeilike besluite vir haar gesin se welstand te neem… Yung se vertoning is gevul met warmte, vasberadenheid en moed.”

Thony maak groot skuiwe in die nuwe seisoen. Sy besluit om haar skoonmaakmiddels vir eers weg te pak en eerder by ’n klein plaaslike kliniek te begin werk… Die nuwe leier van die kartel het egter sy oog op haar en haar skuld is nog nie “afbetaal” nie.


Seisoen 1-3 van The Cleaning Lady is reeds is op Showmax beskikbaar. Seisoen 4 is vanaf 26 Maart 2025 ook op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Diepe Waters’-kykgids vir Augustus 2026

Jacques en Theresa se groot dag breek aan, terwyl Karla en Arno nie tot ’n vergelyk kan kom nie. Hier is waarna 'Diepe Waters'-kykers in Augustus kan uitsien.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir Augustus 2026

Mike maak (weer) droog, Kaashifa vind iets skokkend uit en die Samsodiens sien rooi... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in Augustus kan uitsien.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 6 stories in Julie misloop

Van ’n nuwe oes boere wat ’n liefdesmaat soek tot die senutergende aksie van die Wêreldsokkertoernooi-eindstryd – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers is reg vir die kollig

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer
Sien alle opsies