The Cleaning Lady draai om ’n dokter se desperate pogings om haar sieklike seun te red.
Só laat Thony De La Rosa (Elodie Yung) en haar seun hul lewe in die Fillipyne agter om na Amerika te verhuis. Thony hoop immers om hier vir hom die mediese behandeling te kry wat sy lewe kan red. Die een probleem ná die ander kom egter oor hul pad en sy begin noodgedwonge as ’n skoonmaker werk. Dís dan ook hoe sy by die gevaarlike wêreld van georganiseerde misdaad betrokke raak.
Die reeks word deur Paste beskryf as “ ’n portret met ’n snelle pas van ’n vrou wat tot die uiterste beproef word en gedwing word om moeilike besluite vir haar gesin se welstand te neem… Yung se vertoning is gevul met warmte, vasberadenheid en moed.”
Thony maak groot skuiwe in die nuwe seisoen. Sy besluit om haar skoonmaakmiddels vir eers weg te pak en eerder by ’n klein plaaslike kliniek te begin werk… Die nuwe leier van die kartel het egter sy oog op haar en haar skuld is nog nie “afbetaal” nie.
Seisoen 1-3 van The Cleaning Lady is reeds is op Showmax beskikbaar. Seisoen 4 is vanaf 26 Maart 2025 ook op Showmax.