Menu terloops
In Sepies [18 Mei 2024]

Jou telenovela-gids: Jaloesie kry die oorhand in ‘Moederhart’


Muzaffer word gewaarsku, Tugba se jaloesie ken nie perke nie en iemand vang vir Onur en Zeynep saam… Waarna kan jy hierdie week (20 tot 23 Mei 2024) op die Turkse telenovela ‘Moederhart’ op kykNET&kie uitsien?

Jou telenovela-gids: Jaloesie kry die oorhand in ‘Moederhart’

Elke week bring ons vir jou ’n opsommende voorskou oor al die drama, smart en skandale waarna jy op kykNET&kie se Turkse telenovelas, wat na Afrikaans oorgeklank is, kan uitsien.

Hier is wat hierdie week op Moederhart gaan uitspeel.

Moederhart

Maandag, 20 Mei 

Nefise waarsku Muzaffer om haar nie te keer om ’n inkomste te verdien nie. Tugba is geskok toe Nefise saam met Muzaffer by die huis aankom.

Dinsdag, 21 Mei 

Suat daag op met ’n rekening vir die skade aan die boot. Rahmi smeek die polisieduikers om nie op te hou soek na Ahmet nie.

Woensdag, 22 Mei 

Tugba se jaloesie kry die oorhand. Die waarheid tref vir Asli soos ’n bom. Rahmi se hart verloor die stryd oor die verlies van sy seun. 

Donderdag, 23 Mei

Sezai beëindig die vennootskap met Muzaffer. Iemand agtervolg vir Onur en Zeynep en neem foto’s van die twee in mekaar se arms.


Moederhart word Maandae tot Donderdae om 20:00 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream uitgesaai.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
30

30 Afrikaanse flieks wat jy vir oulaas op Showmax kan kyk

Met Showmax se dae getel, gaan ons binnekort ’n groot gros Afrikaanse speelfilms, kortprente, reekse en dokkies op dié plaaslike stroomdiens moet groet. Maak dus ’n plan om vir oulaas een van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax te kyk.

Meer

Jou ‘Binnelanders’-kykgids vir Maart 2026

Daar is ’n meer-as-vriendskap-vonk tussen Uys en Nicolette en as Hannah verdwyn, is almal op hol. Dít en nog meer is wat op ‘Binnelanders’-kykers vandeesmaand wag.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir Maart 2026

Rhafiek kry skokkende nuus wat die Samsodiens verpletter en Zoë en Angie begrawe – skynbaar – die strydbyl... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in Maart kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies