Menu terloops
In Wat om te kyk [9 Mar 2024]

Jou telenovela-gids: Dís die drama wat voorlê op ‘Moederhart’, ‘Skerpioen’


Waarna kan jy hierdie week (11-14 Maart 2024) op die oorgeklankte Turkse telenovelas ‘Moederhart’ en ‘Skerpioen’ op kykNET&kie uitsien?

Jou telenovela-gids: Dís die drama wat voorlê op ‘Moederhart’, ‘Skerpioen’

Elke week bring ons vir jou ’n opsommende voorskou oor al die drama, smart en skandale waarna jy op kykNET&kie se Turkse telenovelas, wat na Afrikaans oorgeklank is, kan uitsien. Hier is wat op Moederhart en Skerpioen gaan uitspeel.

Moederhart

Maandag, 11 Maart

Emre loop in op ’n hartstogtelike oomblik tussen Onur en Zeynep, en Lutfi beken sy gevoelens vir Azime teenoor Emre.

Dinsdag, 12 Maart

Ahmet jaag Ceylan uit die winkel uit en Cemre roskam Kaan. Fazil se eks maak amok op kantoor en Emel gee vir hom die trekpas.

Woensdag, 13 Maart

Ahmet besoek vir Nefise om haar te vertel van sy bedoelinge met Zeynep. Zeynep sê vir Ahmet dat hy nie haar hart gaan verower deur haar familie te paai nie.

Donderdag, 14 Maart

Emre konfronteer Zeynep omdat sy en Nefise hom nooit ingelig het oor die trouplanne nie. Azime terroriseer Tugba.


Moederhart word van Maandag tot Donderdag om 17:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream uitgesaai.

Skerpioen

Maandag, 11 Maart

Ahmet smeek Aysum om vir hom ’n kans te gee om te bewys dat hy ’n goeie pa kan wees. Perihan wil Aras se hulp teen Ahmet inspan.

Dinsdag, 12 Maart

Aras vertel vir Duru hy weet dat Can sy seun is. Ahmet stuur Efe om Aysem te beskerm teen haar kliënt se gewelddadige man.

Woensdag, 13 Maart

Perihan word verdink van Hakan se moord en moet ’n tronksel met Ferda deel. Aras neem baba Can na sy huis toe sonder Duru se medewete.

Donderdag, 14 Maart

Met Perihan in die tronk moet ’n nuwe voorsitter vir die direksie gekies word. Merve probeer om vir Efe te kry om ’n verklaring teen Ahmet af te lê.


Skerpioen word van Maandag tot Donderdag om 20:00 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream uitgesaai.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

20

Wat om te kyk: 20+ gewilde boeke wat in TV-reekse omskep is

Van 'Recipes for Love & Murder' en 'Reënboogrant', tot 'Spooksoeker' en 'Dinge van ’n kind' – soveel boeiende boeke wat omskep is in soveel skitterende TV-reekse. Hier is ons keur van dié reekse wat jou gaan bekoor, inspireer en ontroer.

Meer

Wat om te kyk in 2025: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

‘White Lotus’, ‘The Last of Us’, ‘The Handmaid’s Tale’ en nog keer met opvolgseisoene na die kassie terug, terwyl nuwe skeppings soos ‘Suits L.A.’, ‘The Pitt’ en ‘Zero Day’ – met Robert de Niro wat vir die eerste keer in sy loopbaan van nagenoeg ses dekades in ’n TV-reeks speel – ook wag. Daar is inderdaad baie, baie lekker televisie om na uit te sien in 2025.

Meer

Plaaslike stories kraai koning met kyksyfers op Showmax

Uit die tien reekse wat die meeste in 2024 op Showmax gestroom is, was nege plaaslike produksies met slegs HBO se epiese fantasiereeks, 'House of the Dragon', wat met Suid-Afrikaanse storievertellers kon meeding. 

Meer

Golden Globes 2025: Waar om vanjaar se wenners te stroom

Van die meesterlike en epiese historiese drama ‘Shõgun’ tot die vlymskerp komedie ‘Hacks’ – hier is waar jy die reekse en films wat vanjaar beeldjies by die Golden Globes ingepalm het, kan kyk.

Meer
Sien alle opsies