Menu terloops
In Wat om te kyk [9 Mar 2024]

Jou telenovela-gids: Dís die drama wat voorlê op ‘Moederhart’, ‘Skerpioen’


Waarna kan jy hierdie week (11-14 Maart 2024) op die oorgeklankte Turkse telenovelas ‘Moederhart’ en ‘Skerpioen’ op kykNET&kie uitsien?

Jou telenovela-gids: Dís die drama wat voorlê op ‘Moederhart’, ‘Skerpioen’

Elke week bring ons vir jou ’n opsommende voorskou oor al die drama, smart en skandale waarna jy op kykNET&kie se Turkse telenovelas, wat na Afrikaans oorgeklank is, kan uitsien. Hier is wat op Moederhart en Skerpioen gaan uitspeel.

Moederhart

Maandag, 11 Maart

Emre loop in op ’n hartstogtelike oomblik tussen Onur en Zeynep, en Lutfi beken sy gevoelens vir Azime teenoor Emre.

Dinsdag, 12 Maart

Ahmet jaag Ceylan uit die winkel uit en Cemre roskam Kaan. Fazil se eks maak amok op kantoor en Emel gee vir hom die trekpas.

Woensdag, 13 Maart

Ahmet besoek vir Nefise om haar te vertel van sy bedoelinge met Zeynep. Zeynep sê vir Ahmet dat hy nie haar hart gaan verower deur haar familie te paai nie.

Donderdag, 14 Maart

Emre konfronteer Zeynep omdat sy en Nefise hom nooit ingelig het oor die trouplanne nie. Azime terroriseer Tugba.


Moederhart word van Maandag tot Donderdag om 17:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream uitgesaai.

Skerpioen

Maandag, 11 Maart

Ahmet smeek Aysum om vir hom ’n kans te gee om te bewys dat hy ’n goeie pa kan wees. Perihan wil Aras se hulp teen Ahmet inspan.

Dinsdag, 12 Maart

Aras vertel vir Duru hy weet dat Can sy seun is. Ahmet stuur Efe om Aysem te beskerm teen haar kliënt se gewelddadige man.

Woensdag, 13 Maart

Perihan word verdink van Hakan se moord en moet ’n tronksel met Ferda deel. Aras neem baba Can na sy huis toe sonder Duru se medewete.

Donderdag, 14 Maart

Met Perihan in die tronk moet ’n nuwe voorsitter vir die direksie gekies word. Merve probeer om vir Efe te kry om ’n verklaring teen Ahmet af te lê.


Skerpioen word van Maandag tot Donderdag om 20:00 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream uitgesaai.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
30

30 Afrikaanse flieks wat jy vir oulaas op Showmax kan kyk

Met Showmax se dae getel, gaan ons binnekort ’n groot gros Afrikaanse speelfilms, kortprente, reekse en dokkies op dié plaaslike stroomdiens moet groet. Maak dus ’n plan om vir oulaas een van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax te kyk.

Meer

Jou ‘Binnelanders’-kykgids vir Maart 2026

Daar is ’n meer-as-vriendskap-vonk tussen Uys en Nicolette en as Hannah verdwyn, is almal op hol. Dít en nog meer is wat op ‘Binnelanders’-kykers vandeesmaand wag.

Meer
Sien alle opsies