Menu terloops
In Wat om te kyk [2 Mar 2024]

Jou telenovela-gids: Dood en dobbelhuise in ‘Skerpioen’ en ‘Moederhart’


Waarna kan jy hierdie week (4-7 Maart 2024) op die oorgeklankte Turkse telenovelas ‘Moederhart’ en ‘Skerpioen’ op kykNET&kie uitsien?

Jou telenovela-gids: Dood en dobbelhuise in ‘Skerpioen’ en ‘Moederhart’

Elke week bring ons vir jou ’n opsommende voorskou oor al die drama, smart en skandale waarna jy op kykNET&kie se Turkse telenovelas, wat na Afrikaans oorgeklank is, kan uitsien. Hier is wat op Moederhart en Skerpioen gaan uitspeel.

Moederhart

Maandag, 4 Maart

Daar is ’n glinster van hoop as Onur ’n leidraad kry oor waar Emre hom bevind. Ahmet is ontsteld omdat Zeynep hom nie gevra het om te help nie.

Dinsdag, 5 Maart

Tugba ontdek die kredietkaart wat Muzaffer vir Nefise gegee het. Zeynep vra Emre uit oor die gebeure wat tot die skietery gelei het.

Woensdag, 6 Maart

Suat kry amper ’n hartaanval toe sy geheime wegkruipplek ontdek word. Tugba maak ’n plan om haar kloue in Muzaffer te slaan.

Donderdag, 7 Maart

Demir vertel van sy reddingspoging om Mert uit Duitsland te kry. ’n Nuwe kliënt by die salon vra Cemre om as fotomodel vir haar firma te werk.


Moederhart word van Maandag tot Donderdag om 17:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream uitgesaai.

Skerpioen

Maandag, 4 Maart

Duru sien vir Aras in die dobbelhuis toe sy Hakan se skuld gaan betaal. Ahmed laat Merve ontvoer om by Aysem uit te kom.

Dinsdag, 5 Maart

Ferda rapporteer Ahmet se onwettige dobbelhuis by die polisie. Duru word deur Aras gekonfronteer.

Woensdag, 6 Maart

Aras is vasbeslote om Ahmet te skiet, maar Duru tree tussenbeide. Ahmet beveel Tugay om vir Aras en Efe dood te maak.

Donderdag, 7 Maart

Sahin is woedend omdat Hakan die familie afpers. Hunkar vind uit dat Aras die pa van Duru se kind is.


Skerpioen word van Maandag tot Donderdag om 20:00 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream uitgesaai.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

20

Wat om te kyk: 20+ gewilde boeke wat in TV-reekse omskep is

Van 'Recipes for Love & Murder' en 'Reënboogrant', tot 'Spooksoeker' en 'Dinge van ’n kind' – soveel boeiende boeke wat omskep is in soveel skitterende TV-reekse. Hier is ons keur van dié reekse wat jou gaan bekoor, inspireer en ontroer.

Meer

Wat om te kyk in 2025: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

‘White Lotus’, ‘The Last of Us’, ‘The Handmaid’s Tale’ en nog keer met opvolgseisoene na die kassie terug, terwyl nuwe skeppings soos ‘Suits L.A.’, ‘The Pitt’ en ‘Zero Day’ – met Robert de Niro wat vir die eerste keer in sy loopbaan van nagenoeg ses dekades in ’n TV-reeks speel – ook wag. Daar is inderdaad baie, baie lekker televisie om na uit te sien in 2025.

Meer

Plaaslike stories kraai koning met kyksyfers op Showmax

Uit die tien reekse wat die meeste in 2024 op Showmax gestroom is, was nege plaaslike produksies met slegs HBO se epiese fantasiereeks, 'House of the Dragon', wat met Suid-Afrikaanse storievertellers kon meeding. 

Meer

Golden Globes 2025: Waar om vanjaar se wenners te stroom

Van die meesterlike en epiese historiese drama ‘Shõgun’ tot die vlymskerp komedie ‘Hacks’ – hier is waar jy die reekse en films wat vanjaar beeldjies by die Golden Globes ingepalm het, kan kyk.

Meer
Sien alle opsies