Menu terloops
In Wat om te kyk [17 Feb 2024]

Jou telenovela-gids: ’n Vervalste ring in ‘Moederhart’, ’n dronk vuisgeveg in ‘Skerpioen’


Waarna kan jy hierdie week (19 tot 22 Februarie 2024) op die oorgeklankte Turkse telenovelas ‘Moederhart’ en ‘Skerpioen’ op kykNET&kie uitsien?

Jou telenovela-gids: ’n Vervalste ring in ‘Moederhart’, ’n dronk vuisgeveg in ‘Skerpioen’

Elke week bring ons vir jou ’n opsommende voorskou oor al die drama, smart en skandale waarna jy op kykNET&kie se Turkse telenovelas, wat na Afrikaans oorgeklank is, kan uitsien. Hier is wat op Moederhart en Skerpioen gaan uitspeel.

Moederhart

Maandag, 19 Februarie

Tugba en Zerrin vermoed dat Nefise nie haar ring dra nie omdat dit verkoop is. Muzaffer ondervra Zeynep oor haar liefde vir Onur en sy ontken dit.

Dinsdag, 20 Februarie

Tugba sien hoe Azime die vervalste ring aan Nefise se vinger sit. Ahmet word gearresteer op aanklag van poging tot moord.

Woensdag, 21 Februarie

Dis Nefise en Muzaffer se groot dag. Zeynep word uit die bloute in ’n hoek gedruk.

Donderdag, 22 Februarie

Emre oortuig Aylin om uit die gesteelde Karamaner-motor te klim. Ceylan vertel Kadin sy is verlief op Ahmet.


Moederhart word van Maandag tot Donderdag om 17:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream uitgesaai.

Skerpioen

Maandag, 19 Februarie

Ahmet begin met planne om Gevher Pharmaceuticals-aandele te koop. Daar is krake in beide Duru en Ipek se huwelike.

Dinsdag, 20 Februarie

Ahmet vra Hacer om uit te vind waar Ferda se “ander dogter” is en erken hy is die pa. Ferda verloor haar humeur en verskree die familie.

Woensdag, 21 Februarie

Ferda vra Ahmet om wraak te neem op Fikret. Perihan noem Ferda as ’n verdagte.

Donderdag, 22 Februarie

Hakan daag besope by die huis op en hy en Aras raak handgemeen. Aras slaan per ongeluk vir Ipek raak.


Skerpioen word van Maandag tot Donderdag om 20:00 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream uitgesaai.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Binnelanders’-kykgids vir Augustus 2026

Die waarheid oor ’n dokter lei tot ’n dramatiese wending en Joe is desperaat om vrae oor sy identiteit te beantwoord. Dít en nog meer is wat op ‘Binnelanders’-kykers vandeesmaand wag.

Meer
Sien alle opsies