Menu terloops
In Sepies [11 Mei 2024]

Jou telenovela-gids: ’n Nagmerrie word ’n werklikheid in ‘Moederhart’


Waarna kan jy hierdie week (13 tot 16 Mei 2024) op die Turkse telenovela ‘Moederhart’ op kykNET&kie uitsien?

Jou telenovela-gids: ’n Nagmerrie word ’n werklikheid in ‘Moederhart’

Elke week bring ons vir jou ’n opsommende voorskou oor al die drama, smart en skandale waarna jy op kykNET&kie se Turkse telenovelas, wat na Afrikaans oorgeklank is, kan uitsien.

Hier is wat hierdie week op Moederhart gaan uitspeel.

Moederhart

Maandag, 13 Mei 

Muzaffer word onverwags op sy plek gesit. Zeynep se ergste nagmerrie word ’n werklikheid.

Dinsdag, 14 Mei 

Muzaffer dwing Mert om huis toe te kom. Onur besluit om Zeynep self te gaan soek.

Woensdag, 15 Mei 

Onur red Zeynep uit Ahmet se kloue. Suat probeer Cemre se werkgewer oorreed om haar weer in diens te neem.

Donderdag, 16 Mei

Die polisie vis ’n motor uit die see uit. Muzaffer stuur Lutfi om Nefise te agtervolg.


Moederhart word van Maandag om 17:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream uitgesaai. Van Dinsdag, 7 Mei 2024, skuif Moederhart na die 20:00-tydgeleuf vir die res van die reeks.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Mei 2025

Rachelle woeker met haar slinkse planne om Shani te verneder en die matriekafskeid kom al nader. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

‘Diepe Waters’: Dís die storielyne om in Mei dop te hou

Mei bring nie net nuwe wendings nie, maar ook selfontdekking, groei en opwindende moontlikhede in 'Diepe Waters'.

Meer

Redakteurskeuse vir Mei 2025: ‘Bridget Jones 4’, ‘Die brug S2’, ‘Die nuusmakers’ en meer

Wat om te kyk: 'Die nuusmakers', ’n nuwe Afrikaanse drama wat persoonlike en professionele drama in die nuuskantoor in oënskou bring; die gewilde avontuur-realiteitsreeks 'Die brug' se tweede uittog; Tina Fey in 'The Four Seasons', ’n reeks wat raakvat soos min; en Bridget Jones se vierde fliekavontuur – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Mei 2025

Aline se landerye vat vlam terwyl sy nog sukkel om die plaas se skuld te delg. En dan word sy boonop amper vergiftig! Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Mei. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies