Menu terloops
In Sepies [23 Des 2024]

Suidooster: Mrs J se tropiese trifle


Mrs J is ‘n bobaaskok en sy maak graag dié trifle vir die Jacobs-gesin op Kersdag.

Suidooster: Mrs J se tropiese trifle

Mrs J is ‘n bobaaskok en sy maak graag dié trifle vir die Jacobs-gesin op Kersdag.

WENK: Die sponskoek kan met ’n gekoopte konfytrol of boudoir beskuitjies (ladyfingers) vervang word.

Sponskoek

Voorverhit die oond tot 190 C. Smeer 2 ronde 18–20 cm-laagkoekpanne (net die bodems, nie die kante nie) en voer met bakpapier uit.

Plaas die botter, suiker, meel en eiers in ’n mengbak en klits teen stadige spoed om te meng. Klits dan vir 3 minute teen vinnige spoed.

Roer die bakpoeier by.

Gooi die beslag in die bereide koekpanne. Bak 15–20 minute of tot die koek terugspring as jy liggies daarop druk. Laat 5 minute in die panne staan en keer dan uit op ’n draadrak.

Trifle

Meng die vlapoeier, suiker en geursel met ’n bietjie van die melk in ’n klein kastrol. Roer die res van die melk by. Roer die mengsel oor matige hitte tot dit begin kook en verdik. Bedek die bokant van die vla met kleefplastiek en verkoel.

Maak die jellie aan soos die aanwysings op die pakkies en giet in ’n vlak houer. Verkoel totdat die jellie amper gestol is.

Rangskik die koekblokkies in ’n 3 liter-glasbak en bedruip met die lemoensap. Giet dan die jellie wat net amper gestol is oor die koek en verkoel vir 15 minute. Rangskik die vrugte bo-op – hou ’n bietjie van die kiwiskyfies eenkant vir versiering. Meng ⅓ van die room met die vla en giet dit oor die vrugte.

Klop die res van die room styf en skep in hopies op die vla. Plaas ’n paar skyfies kiwi tussen die hopies. Sprinkel die amandelvlokkies oor. Verkoel vir 3 uur lank of oornag.

Lewer 8–10 porsies

Sponskoek (trifle-basis)

50 g botter, gesmelt

185 ml suiker

250 ml koekmeel

3 eiers

10 ml bakpoeier

Trifle

30 g vlapoeier

55 g strooisuiker

2,5 ml vanieljegeursel

375 ml melk

2 x 40 g-pakkies framboosjellie

250 g van die sponskoek, in 3 cm-blokkies gesny

60 ml vars uitgedrukte lemoensap

200 g aarbeie, gehalveer

1 mango, geskil en in skywe gesny

3 kiwivrugte, geskil en in skywe gesny

1 x 400 g-blik ingelegde appelkose, gedreineer

300 ml room

30 ml amandelvlokkies, gerooster

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies