Menu terloops
In Sepies [22 Des 2025]

‘Suidooster’ se Mrs J deel haar tropiese trifle-resep vir Kersdag


‘Suidooster’ se Mrs J, vertolk deur Theresa Sedras, is ’n bobaaskok. Ons deel haar resep vir die smullekker-trifle wat die Jacobs-gesin ook dié feestyd gaan geniet.

Kyk 'Suidooster' op DStv Stream

‘Suidooster’ se Mrs J deel haar tropiese trifle-resep vir Kersdag

Mrs J is ’n bobaaskok en sy maak graag dié trifle vir die Jacobs-gesin op Kersdag. Dit lewer 8-10 porsies.

WENK: Die sponskoek kan met ’n gekoopte konfytrol of boudoir-beskuitjies (ladyfingers) vervang word.

Bestanddele

Sponskoek (trifle-basis)

50 g botter, gesmelt
185 ml suiker
250 ml koekmeel
3 eiers
10 ml bakpoeier

Trifle

30 g vlapoeier
55 g strooisuiker
2,5 ml vanieljegeursel
375 ml melk
2 x 40 g-pakkies framboosjellie
250 g van die sponskoek, in 3 cm-blokkies gesny
60 ml vars uitgedrukte lemoensap
200 g aarbeie, gehalveer
1 mango, geskil en in skywe gesny
3 kiwivrugte, geskil en in skywe gesny
1 x 400 g-blik ingelegde appelkose, gedreineer
300 ml room
30 ml amandelvlokkies, gerooster

Metode

Sponskoek

  • Voorverhit die oond tot 190 C. Smeer 2 ronde 18–20 cm-laagkoekpanne (net die bodems, nie die kante nie) en voer met bakpapier uit.
  • Plaas die botter, suiker, meel en eiers in ’n mengbak en klits teen stadige spoed om te meng. Klits dan vir 3 minute teen vinnige spoed.
  • Roer die bakpoeier by.
  • Gooi die beslag in die bereide koekpanne. Bak 15–20 minute of tot die koek terugspring as jy liggies daarop druk. Laat 5 minute in die panne staan en keer dan uit op ’n draadrak.

Trifle

  • Meng die vlapoeier, suiker en geursel met ’n bietjie van die melk in ’n klein kastrol. Roer die res van die melk by. Roer die mengsel oor matige hitte tot dit begin kook en verdik. Bedek die bokant van die vla met kleefplastiek en verkoel.
  • Maak die jellie aan soos die aanwysings op die pakkies en giet in ’n vlak houer. Verkoel totdat die jellie amper gestol is.
  • Rangskik die koekblokkies in ’n 3 liter-glasbak en bedruip met die lemoensap. Giet dan die jellie wat net amper gestol is oor die koek en verkoel vir 15 minute. Rangskik die vrugte bo-op. Hou ’n bietjie van die kiwiskyfies eenkant vir versiering. Meng ⅓ van die room met die vla en giet dit oor die vrugte.
  • Klop die res van die room styf en skep in hopies op die vla. Plaas ’n paar skyfies kiwi tussen die hopies. Sprinkel die amandelvlokkies oor. Verkoel vir 3 uur lank of oornag.

Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Suidooster is ook beskikbaar op Catch Up, DStv Stream en Showmax. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies