Menu terloops
In Sepies [1 Jul 2025]

Suidooster: Kaapse winter bring vlaag van vurige drama in Julie


Die een koue front ná die ander bring in Julie ’n vlaag van vuurwarm drama na ‘Suidooster’ se Ruiterbosch. Daar is rugstekery, misverstande, onsekerheid én gebroke harte. 

Kyk 'Suidooster' op DStv Stream

Suidooster: Kaapse winter bring vlaag van vurige drama in Julie

Ondanks die donker onweerswolke wat oor Suidooster se mense saamgepak het, verskyn daar tog ook ’n reënboog met ’n pot goud vol versoening en hoop vir die toekoms op die horison. 

Hier is vyf spanningsvolle storielyne wat jy beslis nie wil misloop nie!

1

Bridgette vs Zoë 

Bridgette (Denise Newman) is keelvol vir Zoë (Lauren Joseph) se speletjies en stel haar voor ’n keuse: Gee óf die aandele terug óf gee pad. Wade (Dean Smith) bring egter vir Zoë tot nuwe insigte, maar sy vertrou steeds nie die nuwe alliansie tussen Bridgette en Nazeem (Irvine van der Merwe) nie . . .

2

Samsodien-drama

Rhafiek (Irshaad Ally) probeer om vir Kaashifa (Jawaahier Petersen) terug te wen, maar sy gee hom die koue skouer. Wanneer hy besluit om oop kaarte oor sy gevoelens met haar te speel, is sy woedend en maak dit duidelik dat daar geen hoop vir ’n versoening is nie. 

In ’n poging om aan te beweeg, besluit hy om te begin “date”. Kaashifa besef die enigste manier waarop sy finaal die verlede agter haar kan sit, is om met Dullah Johannesburg toe te trek. 

Kaashifa, Dullah, Suidooster
Wat gaan uiteindelik tussen Kaashifa (Jawaahier Petersen) en Rhafiek (Irshaad Ally) gebeur? Foto: Verskaf
3

Die liefde blom vir Reggie en Angie

Angie (Char Carrie) en Reggie (Ettienne Gertse) se liefde vat behoorlik vlam, maar sy begin hom daarvan verdink dat hy iets wegsteek. Toe die waarheid eindelik uitkom, besef hulle meer as ooit dat hulle bymekaar hoort. 

Hy begin ook na sy biologiese pa soek. ’n Ongelooflike geleentheid bring hom by ’n kruispad oor sy toekoms bring en Angie word voor ’n onmoontlike keuse geplaas.

4

Is Justin ’n frank smaak vir Frankie?

Frankie (Mienke Ehlers) verloor haar blyplek en dit dwing haar om by Kate (Annelisa Weiland) in te trek. Justin (Eden Classens) probeer kliphard om Frankie se hart te wen en nes dit toe lyk of daar geen hoop vir hom is nie, vind dié twee mekaar. Hy begin droom van ’n eie liefdesnessie vir hulle, maar Frankie is huiwerig om so vinnig saam met hom in te trek. 

Justin, Frankie, Suidooster
Die liefde blom tussen Justin (Eden Classens) en Frankie (Mienke Ehlers)! Maar beweeg dinge dalk te vinnig vir Frankie? Foto: Verskaf
5

Kate roep die kerk vaarwel

Ná te veel werk en te min waardering, bedank Kate uit die gemeente. Haar ontmoeting met ’n geheimsinnige vreemdeling begin ’n nuwe spirituele pad – dalk met bonatuurlike hulp . . .


Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Suidooster is ook beskikbaar op Catch Up, DStv Stream en Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies