Menu terloops
In Sepies [28 Mei 2025]

Jou ‘Suidooster’-gids vir Junie 2025


Bridgette en Nazeem stamp (weer) koppe en Kaashifa se terugkeer lei tot spanning. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in Junie kan uitsien.

Kyk 'Suidooster' op DStv Stream

Jou ‘Suidooster’-gids vir Junie 2025

Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Suidooster kan verwag.

Maandag, 2 Junie                      

Iets spook by Gary… Siya is hartseer oor Bianca, terwyl Lee-Ann vermoed daar is ’n slang in die gras by JPD. 

Dinsdag, 3 Junie                           

Bennie laat Siya en Bianca in ’n situasie beland wat die grense van hulle verhouding toets. Bridgette maak haar volgende skuif teen Nazeem, terwyl Gary en Aiden iets skokkends ontdek…

Woensdag, 4 Junie                                      

Sien die Booysens-broers spoke? Bridgette wil wegkom uit Ruiterbosch, en Bianca kan nie vir Siya uit haar gedagtes kry nie.

Donderdag, 5 Junie      

Mymoena sukkel om kop bo water te hou met Nazeem in die huis. Aiden en Gary vind meer uit oor Reggie, terwyl Bianca verward is oor haar gevoelens… 

Vrydag, 6 Junie

Bianca is in ’n tweestryd, terwyl Wade omgekrap is omdat Zoë haar tante soos ’n Goeie Samaritaan laat lyk. Aiden en Gary maak nog ’n skokkende ontdekking. 

Maandag, 9 Junie                                 

Bianca neem ’n finale besluit oor haar liefdeslewe, terwyl Lee-Ann sleg voel dat sy spanning tussen Zoë en Wade veroorsaak het. Aiden en Gary probeer hul nuwe geheim vir Reggie wegsteek.

Dinsdag, 10 Junie                             

Riaan is ontsteld ná die nuutste verwikkelinge, terwyl Nazeem kopkrap oor Bridgette se bedoelings. Gary en Aiden maak gereed om terug te kom Kaap toe, dan verras Reggie vir hulle. 

Woensdag, 11 Junie 

Kaashifa kom vir Dullah sien, maar Rhafiek en Mymoena sukkel om haar bui of motiewe te peil. Riaan se aaklige dag word ’n bietjie beter, terwyl Nazeem se dag op ’n onverwagse noot eindig.

Donderdag, 12 Junie 

Reggie het ’n avontuur in die groot stad, terwyl Bridgette en Nazeem weer koppe stamp. Almal wonder oor Kaashifa se planne vir die toekoms.

Vrydag, 13 Junie

Bridgette vang Nazeem onkant, terwyl Gary en Justin vir Reggie leer hoe om te flankeer. Kaashifa vang Rhafiek onverhoeds met ’n versoek. 

Maandag, 16 Junie 

Angie en Reggie se afspraak verloop goed, terwyl iemand vir Siya om die bos lei. Dullah kom by Kaashifa oorslaap, maar sal sy die druk kan hanteer?

Dinsdag, 17 Junie 

Kaashifa blameer haarself vir Dullah se moeilike nag, terwyl Reggie gespanne is oor sy tweede afspraak met Angie. Nazeem word in die versoeking gelei, maar kry meer as wat hy verwag het.

Woensdag, 18 Junie

Bridgette raak al meer ongeduldig met Nazeem. Zoë en Lee-Ann stamp koppe by die werk en Mymoena voorsien swarigheid met Kaashifa wat terug in hul lewens is. 

Donderdag, 19 Junie 

Lee-Ann voel Zoë ondermyn haar gesag by JPD, en Reggie spook om vir Angie te beïndruk. Rhafiek doen iets wat Kaashifa stomslaan, terwyl Nazeem ’n verrassing vir Bridgette beplan. 

Vrydag, 20 Junie

Bridgette sien net een uitweg vir haar probleem met Nazeem. Kaashifa voel Rhafiek verkleineer haar. Angie vat vir Reggie vas. 

Maandag, 23 Junie                                     

Kaashifa en Rhafiek stamp koppe oor wat die beste is vir hul baba, terwyl Angie ’n spesiale bederf vir Reggie beplan. Bridgette en Nazeem se hewige bakleiery laat vir hulle albei iets besef.

Dinsdag, 24 Junie 

Bridgette en Nazeem neem saam ‘n besluit, terwyl Angie en Reggie die toekoms bespreek. Kaashifa en Rhafiek stamp koppe oor Dullah

Woensdag, 25 Junie

Justin gee vir Nazeem nuwe perspektief op sy lewe. Rhafiek en Kaashifa deel ’n oomblik, terwyl Zoë vir Bridgette wys wie baas is. 

Donderdag, 26 Junie 

Rhafiek probeer opmaak vir sy glips met Kaashifa, terwyl Justin vir Frankie die koue skouer gee. Die spanning tussen Zoë en Bridgette bereik breekpunt. 

Vrydag, 27 Junie

Reggie en Frankie kan hulself skop oor hul besluite. Rhafiek en Kaashifa kuier noodgedwonge saam, terwyl Bridgette sukkel om dit wat Zoë vir haar van Nazeem vertel het te verwerk. 

Maandag, 30 Junie

Rhafiek en Kaashifa maak hul verwagtinge van ’n nuwe normaal duidelik aan hul naastes. Reggie is angstig om te leer swem, terwyl Bridgette vir Nazeem lig op ’n belangrike onderwerp werp.


Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Suidooster is ook beskikbaar op Catch Up, DStv Stream en Showmax. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 6 stories in Julie misloop

Van ’n nuwe oes boere wat ’n liefdesmaat soek tot die senutergende aksie van die Wêreldsokkertoernooi-eindstryd – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers is reg vir die kollig

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
Sien alle opsies