Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Suidooster kan verwag.
Dinsdag, 1 Julie
Rhafiek gaan uit sy pad om sy afstand van Kaashifa te hou, terwyl Justin vir Frankie manipuleer om die plaat wat hy wou koop, te kry. Bridgette stel vir Zoë ’n ultimatum.
Woensdag, 2 Julie
Rhafiek maak ’n bekentenis teenoor Mymoena, terwyl Wade probeer om sin in Zoë se kop te praat. Frankie verras Justin met ’n spesiale geskenk, maar dan doen hy iets onvergeeflik.
Donderdag, 3 Julie
Zoë sukkel om die nuwe status quo te aanvaar, terwyl Angie vir Reggie in die geheim agtervolg. Rhafiek probeer hard om tot Kaashifa deur te dring.
Vrydag, 4 Julie
Kate stel vir Justin ’n ultimatum, terwyl Nazeem se grootste droom waar word. Rhafiek weet nou presies waar hy met Kaashifa staan.
Maandag, 7 Julie
Justin wil alleentyd vir hom en Frankie skep, maar Kate bederf alles. Kaashifa en Bianca stamp koppe oor Oos Wes. Bridgette probeer vrede maak met Zoë, maar gaan dit hou?
Dinsdag, 8 Julie
Frankie kry koue voete oor ’n verhouding met Justin, terwyl daar interessante verwikkelinge in Rhafiek se lewe is. Reggie begin soek na sy biologiese pa.
Woensdag, 9 Julie
Reggie se soeke na sy biologiese pa neem ’n onverwagte wending. Frankie en Justin kry ’n onaangename verrassing. Mymoena ondervra Rhafiek oor sy geheimsinnige date, terwyl Kaashifa vriende raak met Elmie.
Donderdag, 10 Julie
Aiden en Gary neem ’n groot besluit oor hul erfporsie, terwyl Reggie se dag vol kinkels is. Frankie ontdek iets skokkend, en Kaashifa se dag eindig op ’n onverwagse noot.
Vrydag, 11 Julie
Reggie hoor daar is ’n koper vir die plaas. Kaashifa stel Elmie gerus, terwyl Justin en Frankie uitvind hul vriende het ’n weddenskap oor hul verhouding aangegaan.
Maandag, 14 Julie
Kaashifa wonder hoekom Rhafiek nie meer vir Elmie wil sien nie, terwyl Justin uitvind dat Frankie se ouers van hom weet. Angie neem ’n groot besluit oor haar toekoms saam met Reggie.
Dinsdag, 15 Julie
Kaashifa sukkel met die feit dat Rhafiek aanbeweeg, terwyl Reggie iets oor hom en Angie besef. Susan gebruik ’n misverstand tot haar voordeel.
Woensdag, 16 Julie
Frankie en Justin sit kort-kort vas. Reggie kry die beste nuus ooit, terwyl Rhafiek homself verwyt dat hy ’n slegte pa is.
Donderdag, 17 Julie
Rhafiek is kwaad vir homself oor sy gedrag, terwyl Justin se geskenk aan Frankie boemerang, Ruiterbosch groet vir Reggie en Kate ontmoet ’n behulpsame vreemdeling.
Vrydag, 18 Julie
Kate voel soos ’n vloerlap en Justin probeer op sy manier om Frankie se verblyf uit te sorteer. Kaashifa worstel met haar gevoelens vir Rhafiek.
Maandag, 21 Julie
Frankie wil die res van die huis bederf, maar irriteer vir Angie. Ten spyte van Bianca en Siya se pogings, bereik Kate se frustrasies nuwe hoogtes. Kaashifa maak radikale planne wat Rhafiek se hele wêreld omvergooi.
Dinsdag, 22 Julie
Angie se nuwe TV-skedule sorg vir onmin in Kate se huis, terwyl Siya onwetend vir Kate en Lee-Ann teen mekaar afspeel. Rhafiek spook om Kaashifa in die Kaap te hou, maar gaan sy instem?
Woensdag, 23 Julie
Angie probeer vir Frankie van haar eie medisyne gee. Siya staan by sy besluit om vir Lee-Ann Calitzdorp toe te stuur, en Nazeem haal Kaashifa oor die kole.
Donderdag, 24 Julie
Kate is steeds ernstig oor haar besluit om Ruiterbosch se gemeente te verlaat, al probeer Siya om haar van plan te laat verander. Frankie soek bekostigbare blyplek, terwyl die stand van sake tussen Rhafiek en Kaashifa ’n nuwe laagtepunt bereik.
Vrydag, 25 Julie
Rhafiek en Kaashifa beplan drastiese stappe teen mekaar. Frankie laat Justin se hart sink, terwyl Mrs J probeer om tot Kate deur te dring.
Maandag, 28 Julie
Bianca kry goeie nuus. Kaashifa besef uiteindelik waar sy met Rhafiek staan, terwyl ’n barmhartige Samaritaan vir Kate geselskap hou wanneer haar kar laataand gaan staan.
Dinsdag, 29 Julie
Rhafiek en Kaashifa maak gereed vir hul regstryd, en Justin en Frankie trek by hul nuwe woonstel in. Kate is gaande oor die vreemdeling wat haar gehelp het, maar Riaan wonder daaroor.
Woensdag, 30 Julie
Kate wonder oor die helpende hand wat so verskyn en verdwyn. Angie en Riaan ding mee vir die kothuis, terwyl Rhafiek hom voorberei om afskeid te neem van Kaashifa en Dullah.
Donderdag, 31 Julie
Justin en Frankie vind ’n oplossing vir hul tekort aan meubels, maar dit klink te goed om waar te wees. Kate kry ’n bevestiging oor ’n belangrike aangeleentheid, terwyl Nazeem teen Kaashifa uitvaar.
Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Suidooster is ook beskikbaar op Catch Up, DStv Stream en Showmax.