Menu terloops
In Sepies [28 Jul 2025]

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir Augustus 2025


Frankie se ouers daag onverwags in Ruiterbosch op en Kate se lewe neem ’n dramatiese wending. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in Augustus kan uitsien.

Kyk 'Suidooster' op DStv Stream

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir Augustus 2025

Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Suidooster kan verwag.

Vrydag, 1 Augustus

Siya vind uit van Kate se vreende gedrag, terwyl Frankie en Justin sukkel om gewoond te raak aan hul woonplek. Bianca woeker om Oos Wes haar eie te maak, en Rhafiek en Kaashifa neem ’n groot besluit…

Maandag 4 Augustus  

Riaan hou nie van Siya se insinuasies oor sy ma nie. Frankie kry ’n onverwagse geskenk en Kaashifa besef die impak van haar besluit. 

Dinsdag 5 Augustus  

Kate vind met ’n skok uit hoekom Henog gesê het sy moet die kerk se biddag bywoon, terwyl Bianca ’n drastiese besluit oor haar toekoms neem. Nazeem sien iemand uit sy verlede.

Woensdag 6 Augustus  

Die Samsodiens probeer om Bianca van plan te laat verander, terwyl Kate se stories oor Henog vir Siya omkrap. ’n Dubbelganger maak weer ’n verskyning.

Donderdag 7 Augustus  

Gary probeer om die meisie wat hom beroof het op te spoor. Elana en Angie pamperlang Kaashifa, maar Rhafiek is in ’n stryd teen tyd. 

Vrydag 8 Augustus  

Siya en Kate takel mekaar oor ’n nuwe verwikkeling onder die gemeentelede. Gary het ’n waaghalsige plan om die meisie wat hom besteel het te vang, terwyl Nazeem toenemend broos voel oor Laylla. 

Maandag 11 Augustus  

Rhafiek en Kaashifa beland in die moeilikheid by Mymoena. Kate waarsku Bianca teen ’n gevaar en Nazeem probeer agterkom wat by die klub aan die gang is.

Dinsdag 12 Augustus  

Frankie is paniekbevange wanneer haar ouers onverwags in Ruiterbosch opdaag. Kate raak weer duiselig en Siya moet haar oortuig om dokter toe te gaan. Nazeem vind met ’n skok iets uit.

Woensdag 13 Augustus  

Nazeem nooi ’n onwaarskynlike gas vir aandete. Elana ontmoet ’n persoonlike heldin en Kate het nog ’n mediese episode. 

Donderdag 14 Augustus  

Frankie se ouers het groot planne wat haar en Justin onkant vang. ’n Desperate Shandy vra Nazeem om haar te help, terwyl Kate se lewe ’n dramatiese wending neem.

Vrydag 15 Augustus  

Bridgette waarsku weer vir Nazeem teen Shandy, terwyl Kate nog ’n besoek van Henog ontvang. Frankie is bekommerd oor haar ouers se negatiewe reaksie.

Maandag 18 Augustus  

Kate neem ’n drastiese besluit oor haar geloof. Justin konfronteer Frankie oor iets wat haar ouers hom vertel het, terwyl Shandy wys hoe sy werklik voel.   

Dinsdag 19 Augustus  

Shandy dreig om Bridgette en Nazeem se goeie verhouding te ontspoor. Almal is bekommerd oor Kate wat haar sterk hou en sê sy is gereed vir die operasie. Maar is sy werklik?

Woensdag 20 Augustus  

Kate worstel steeds met haar geloof. Shandy slaan haar kloue dieper in Nazeem in, terwyl Frankie se ouers druk op haar plaas om ’n besluit oor haar toekoms te neem.

Donderdag 21 Augustus  

Shandy se eerste dag by Oos Wes is ’n fiasko. Justin staan bont om Frankie se ouers te paai en Kate se laaste skandering lewer verbysterende resultate.

Vrydag 22 Augustus  

Amanda stem in tot ’n onderhoud op Radio Dassie. Gary konfronteer Shandy by haar nuwe werk en Bridgette is die slagoffer van ’n misverstand. 

Maandag 25 Augustus  

Frankie is desperaat om dinge reg te maak met haar ouers en stel terapie voor, maar Mike skop vas. Zoë word baie kompeterend oor die Blisters for Bread pretstap.

Dinsdag 26 Augustus  

Frankie kry onverwags ’n boodskap van haar pa, terwyl Bridgette al meer bekommerd raak oor Nazeem. Kaashifa maak vir Bianca ’n aanbod.

Woensdag 27 Augustus  

Bridgette en Lee-Ann katrol vir Riaan in om hul stapspan af te rig en dit maak Zoë bekommerd. Mike en Tess geniet mekaar se geselskap, terwyl Shandy met die verkeerde ou flankeer.

Donderdag 28 Augustus  

Justin bly bekommerd oor Frankie se ouers, maar gaan sy na hom luister? Nazeem en Wade sit vas, terwyl Siya ’n nuwe werksgeleentheid vir Bianca sien. 

Vrydag 29 Augustus  

Mike wil sy huwelik nog ’n kans gee, terwyl Zoë en Mrs J nuus het vir hul twee stapspanne. Bridgette stel vir Shandy ’n strik.


Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Suidooster is ook beskikbaar op Catch Up, DStv Stream en Showmax. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Binnelanders’-kykgids vir Augustus 2026

Die waarheid oor ’n dokter lei tot ’n dramatiese wending en Joe is desperaat om vrae oor sy identiteit te beantwoord. Dít en nog meer is wat op ‘Binnelanders’-kykers vandeesmaand wag.

Meer
Sien alle opsies