Menu terloops
In Sepies [30 Okt 2023]

‘Suidooster’ in November: Kyk uit vir dié kinkels


’n Liefdesdriehoek, ’n staptog wat in ’n nagmerrie ontaard, en wraakplanne wat gestalte neem – hier is wat jy in November op ‘Suidooster’ kan verwag.

Stroom Suidooster aanlyn

‘Suidooster’ in November: Kyk uit vir dié kinkels

In die komende weke gaan dit allermins windstil wees in Ruiterbosch, die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar die kykNET-sepie Suidooster afspeel.

Dié vier storielyne gaan Suidooster se aanhangers vasgekluister voor die kassie hou:

1

Steek daar dalk tog waarheid in die ou spreekwoord dat “ou liefde nooit roes nie”? Alex begin in Ty se slaai krap en die Daniels-egpaar se huweliksbootjie vaar troebel water binne . . . Wanneer Lee-Ann boonop saam met Alex na Mauritius wegglip (al is dit glo net vir “besigheid”), lyk dit asof daar weer ’n flonkering in hul oë is. En dit voorspel niks goed nie.

2

Ook Justin word vasgevang in ’n liefdesdriehoek. Dinge raak betreklik gekompliseerd tussen hom en Veroné wanneer haar verloofde, Jabes, sy opwagting maak.

3

Rhafiek se groot drome vir Atlantic Adrenaline ontaard in ’n nagmerrie ná ’n staptog skeefloop. Rhafiek en die stappers, wat sy ma Mymoena insluit, verkeer in ’n lewensgevaarlike situasie, veral nadat een die stappers ’n besering opdoen.

4

In die skaduwees van Ruiterbosch word wraakplanne gesmee en ’n nuwe gevaarlike alliansie kry gestalte . . . Gary is in Nazeem se kloue vasgevang, en hy word gehiet en gebied om Nazeem se vuilwerk vir hom te doen. Só moet Gary, wie se gewete hom begin pla, vir Nazeem help om Bridgette en JPD tot ’n val te bring.


Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Mei 2025

Rachelle woeker met haar slinkse planne om Shani te verneder en die matriekafskeid kom al nader. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

‘Diepe Waters’: Dís die storielyne om in Mei dop te hou

Mei bring nie net nuwe wendings nie, maar ook selfontdekking, groei en opwindende moontlikhede in 'Diepe Waters'.

Meer

Redakteurskeuse vir Mei 2025: ‘Bridget Jones 4’, ‘Die brug S2’, ‘Die nuusmakers’ en meer

Wat om te kyk: 'Die nuusmakers', ’n nuwe Afrikaanse drama wat persoonlike en professionele drama in die nuuskantoor in oënskou bring; die gewilde avontuur-realiteitsreeks 'Die brug' se tweede uittog; Tina Fey in 'The Four Seasons', ’n reeks wat raakvat soos min; en Bridget Jones se vierde fliekavontuur – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Mei 2025

Aline se landerye vat vlam terwyl sy nog sukkel om die plaas se skuld te delg. En dan word sy boonop amper vergiftig! Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Mei. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies