Menu terloops
In Sepies [2 Jun 2025]

‘Suidooster’: Ses kinkels voorspel ’n stormagtige winter


Met die Kaapse winter in volle swang, lyk dit asof die een storm ná die ander in Junie in ‘Suidooster’ se Ruiterbosch, gaan losbars. 

Kyk 'Suidooster' op DStv Stream

‘Suidooster’: Ses kinkels voorspel ’n stormagtige winter

Kykers gaan veral dié ses Suidooster-storielyne boeiend vind: 

1

Siya (Gantane Kusch) lek nog sy wonde nadat Bianca (Simone Biscombe) dit duidelik gemaak het dat haar hart by Riaan (Daniel Coetzee) lê. Maar het sy met haar hart of verstand gedink? Dit blyk Bianca is steeds in ’n tweestryd. Maar sy besef dat sy niemand meer aan ’n lyntjie kan hou nie. Sy maak die finale keuse oor aan wie haar hart behoort. 

2

Gary (Craig Adriaanse) en Aiden (Theodore Jantjies) se Nambiese avontuur het verrassende gevolge. Veral as “oom Hans”, by wie hulle die plaas geërf het, by hulle begin spook. Daar is ’n geraamte in sy kas, wat die Booysen-broers behoorlik skrik op die lyf jaag . . .

3

Staan JPD eintlik vir “jok, planne en drama”? Dinge raak vinnig krapperig by JPD met Zoë (Lauren Joseph) en Bridgette (Denise Newman) se gekonkel oor die aandele om vir Nazeem (Irvine van der Merwe) uit te oorlê. Nie net saai dit onmin tussen Bridgette en Lee-Ann (Portia Joel) nie, maar Wade (Dean Smith) is gewalg wanneer hy van Zoë se aandeel in hul bose plan uitvind. Dit voel vir hom soos déjà vu wanneer hy haar konfronteer en die Leviete voorlees . . . Soos die dae toe Tim (Marco Spaumer) nog in die prentjie was. 

4

Bridgette en Nazeem se sondes haal hulle in en beide moet die gevolge van hul dade in die gesig staar. Om dit te kan doen moet broer en suster die strydbyl probeer begrawe. Die vraag op almal se lippe is natuurlik of dit ooit moontlik is?

5

’n Nuwe gesig, iemand wat familiebande in Ruiterbosch het, se voete word onder hom uitgeslaan wanneer hy vir Angie (Char Carrie) ontmoet. Ongelukkig het hy nie ’n idee hoe om haar hart te wen nie. Maar Justin (Eden Classens) en Gary (Craig Adriaanse) is mos ervare casanovas en meer as bereid om hul liefdeswenke met hom te deel. 

6

Daar is Samsodien-drama op die Kaapse horizon, want Kaashifa (Jawaahier Petersen) keer terug . . .


Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET, DSTv-kanaal 144, en om 18:30 op kykNET & Kie, DSTv-kanaal 145, uitgesaai. Dit is ook beskikbaar op DStv Stream en Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk in 2026: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

Van dáái yshokkiespelers tot ‘Bridgerton’ se Aspoestertjie-verhaal, die terugkeer van die geliefde vampierslagter Buffy en nog ’n 'Game of Thrones' spin-off – hier is ’n keur van die TV-reekse wat vanjaar op kykers wag.

Meer

Wat om te kyk: Sit dié reekse op jou moet-kyk-lysie vir Januarie 2026

Die volgende romantiese rondomtaliedans in 'Bridgerton', die terugkeer van die trefferreeks 'Een keer om die son', en die Afrikaanse weergawe van 'The Office' tel onder my top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Dís waar jy die 2026 Golden Globe-benoemdes plaaslik kan kyk

Van die heerlike derde seisoen van ‘The White Lotus’ en Seth Rogen se briljante ‘The Studio’ tot die ingrypende dramareeks ‘Adolescence’ en die fabelagtige fanfare in ‘Wicked: For Good’ – hier is al die reekse en films wat benoemings vir 2026 se Golden Globes ontvang het, én waar jy dit plaaslik kan kyk.

Meer
10

Wat om te kyk: 10 Kersfeesflieks vir die feestyd

Van een van die mees romantiese flieks van alle tye tot een baie, baie spesiale Kersbriefie – hier is ons keuse van Kersfeesflieks om oor dié feestyd te kyk. 

Meer
Sien alle opsies