Menu terloops
In Sepies [28 Mei 2024]

Jou ‘Suidooster’-gids vir Junie 2024


Rhafiek en Kaashifa sukkel om op dieselfde bladsy te kom en Elana ontdek ’n splinternuwe gawe – ‘Suidooster’-kykers kan na dít en nog meer in Junie uitsien. Hier is ons handige kykgids.

Stroom 'Suidooster'

Jou ‘Suidooster’-gids vir Junie 2024

Hier is ’n voorsmakie van wat jy hierdie maand in Suidooster kan verwag.

Maandag, 3 Junie

Bridgette plaas Kaashifa in ’n moeilike posisie, terwyl Bianca vir Mymoena van Riaan vertel. Lee-Ann en Wade sit vas oor Carlo.

Dinsdag, 4 Junie

Kate is geskok wanneer sy ’n servet met ’n ander meisie se nommer in Riaan se sak kry. Kaashifa blameer steeds vir Rhafiek, en Wade kry ’n oproep wat almal se dag maak.

Woensdag, 5 Junie

Lee-Ann het rede om opgewonde te wees. Kaashifa smeek Bridgette vir ’n laaste kans met haar nuwe restaurant terwyl Riaan en Bianca probeer om nog ’n date te reël.

Donderdag, 6 Junie

Ruiterbosch se inwoners kry skokkende nuus. Terwyl Riaan vasbeslote is om sy volgende afspraak met Bianca te laat werk, maak Rhafiek ’n desperate plan om Kaashifa te help.

Vrydag, 7 Junie

Bridgette kan Rhafiek nêrens opspoor nie, terwyl Riaan en Bianca hulle bes doen om die aand spesiaal vir mekaar te maak.

Maandag, 10 Junie

Rhafiek word oor die vingers getik, en Bianca gooi vir Riaan by die diepkant in. Ruiterbosch se mense kom bymekaar om ’n laaste eer aan ’n geliefde inwoner te toon, maar dinge verloop nie volgens plan nie.

Dinsdag, 11 Junie

Lee-Ann wil steeds hê Carlo moet verantwoordelikheid neem en om verskoning vra vir sy uitbarsting. Justin en Gary praat Riaan bang, terwyl Kaashifa almal skok met haar onverwagse aankondiging.

Woensdag, 12 Junie

Wade probeer vir Carlo bederf, terwyl Kaashifa en Rhafiek aanhou vassit oor haar toekoms. Riaan erken iets aan Bianca.

Donderdag, 13 Junie              

Riaan se verrassing vir Stella boemerang, terwyl Rhafiek uit Kaashifa se pad probeer bly. Lee-Ann hoor dat Wade vir Carlo se skoolhoof agter haar rug gaan sien het, en dis die laaste strooi!

Vrydag, 14 Junie

Carlo is besig met agterbakse dinge, maar draai Lee-Ann ’n rat voor die oë. Wade is in ontkenning en Angie moet die spit afbyt. Riaan voorsien probleme met sy onbeholpenheid met kinders.

Maandag, 17 Junie

Die spanning tussen Wade en Lee-Ann bereik kookpunt. Rhafiek en Kaashifa hanteer mekaar ekstra versigtig nadat hulle vrede gemaak het, terwyl Elana wonder of sy ’n geheime gawe het.

Dinsdag, 18 Junie

Kaashifa maak reg vir ’n groot verandering, en Riaan voel sleg dat Stella nie van hom hou nie. Die wrywing in die Danielse se huis word ondraaglik.

Woensdag, 19 Junie

Kaashifa probeer weer haar ritme vind, terwyl die vroue in Riaan se lewe hom verras en frustreer. Justin kry ’n wilde idee, en Wade voel desperate tye regverdig desperate dade.

Donderdag, 20 Junie

Lee-Ann is briesend oor Wade se inmengery, terwyl Justin vir Elana vra om sy blare te lees. Stella is skielik gek oor Riaan.

Vrydag, 21 Junie

Carlo vind uit dat Wade uittrek, terwyl Justin, Susan en Nazeem onwetend meeding vir die JPD-huurkontrak. Gary verander sy houding teenoor Elana en die boodskappe wat teeblare vir haar gee.

Maandag, 24 Junie

Daar is nog meer wrywing tussen Lee-Ann en Wade. Elana lees Gary se teeblare, terwyl Bridgette Nazeem se aanbod om te help van die hand wys.

Dinsdag, 25 Junie

Bridgette vind uit Zoë het oor haar kop gegaan en Justin is op die oorlogspad. Texas moet Bridgette oorreed dat hy ’n sakeman is. Lee-Ann en Wade bereik albei breekpunt. 

Woensdag, 26 Junie  

Justin is op die oorlogspad maar gaan hy enigiets regkry? Kate is in ’n toestand oor die kerk se vermiste kollektegeld, terwyl Lee-Ann na Wade uitreik.

Donderdag, 27 Junie

’n Nuwe besigheid veroorsaak groot ontwrigting in die sentrum. Gary is oortuig Angie wil hom doodmaak, terwyl ’n baie ambisieuse dame haar opwagting in Ruiterbosch maak.

Vrydag, 28 Junie

Siya en Kate hou hul lywe speurder, terwyl Aiden sukkel om Lisa te peil. Elana se teeblare lei tot ’n finale onthulling, terwyl Riaan iets sien wat hom laat wonder.


Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

15

Van ‘Bridgerton’ tot ‘Shaka iLembe’: 15+ periodedramas om nou te kyk

Van die Shelby-broers se bloederige vuiste in ‘Peaky Blinders’ tot dáái koetstoneel in die derde seisoen van ‘Bridgerton’. Hier is ons keur van die beste periodedramas wat jy tans kan stroom. 

Meer
18

Wat om te kyk: 18+ epiese boeke wat in TV-reekse omskep is

Soveel boeiende boeke wat omskep is in soveel skitterende TV-reekse. Hier is ons keur van dié reekse wat jou gaan bekoor, inspireer en ontroer.

Meer

Redakteurskeuse vir Junie 2024: Grootse ‘House of the Dragon’ keer terug, Federer se finale dae, Celine Dion se stryd, en nog

Wat om te kyk: Roerende dokkies oor Celine Dion en Roger Federer, die tweede seisoen van die epiese 'House of the Dragon' en deel twee van 'Bridgerton' se derde seisoen tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir Junie 2024

Daar is ’n skokkende voorval by die swemklub, Zelda is ongelukkig en ’n onwelkome gas verskyn op Sanet se drumpel. Dít en nog meer is waarna 'Diepe Waters'-kykers in Junie kan uitsien. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies