Menu terloops
In Wat om te kyk [1 Jan 2025]

‘Suidooster’: Dié 5 storiekinkels skop 2025 af


‘Suidooster’-aanhangers gaan hul sitplekgordels moet vasmaak, want die nuwe jaar skop teen ’n hoë spoed in Ruiterbosch af!

Stroom 'Suidooster'

‘Suidooster’: Dié 5 storiekinkels skop 2025 af

 Hierdie vyf Suidooster-storielyne gaan kykers in Januarie op hul tone hou:

1

Bridgette se verlangse familielid, Damian, maak homself gou tuis in haar huis en in Ruiterbosch. Dit lyk ook asof hy baie gemaklik in Zoë se geselskap is. Wade vertrou nie die vrede met Damian nie, maar besluit om hom tog maar ’n kans te gee. Kort voor lank wys hy egter sy ware kleure en Wade is gefrustreerd dat niemand rondom hom sien wie en wat Damian regtig is nie… Dit voorspel net moeilikheid. En hoe meer Wade rooi oor Damian sien, hoe meer smeer Damian heuning om almal anders se monde. 

2

Riaan en Hanli droom oor ’n nuwe begin. Hoewel Kate haar seun se besluit om dinge te probeer maak werk met sy vervreemde vrou, vertrou sy nie die vrede nie. Dit bly maar ook ’n bitter pil vir Bianca om te sluk. Dan moet sy nog ook die nuus aan Stella breek dat Riaan nie meer deel van hul lewens is nie. Gaan Riaan egter sy besluite berou? Die sêding is mos: ’n Jakkals verander van haar, maar nie van snaar…

3

Ná ’n passievolle soen op oujaarsaand, wat nie toneelspel was nie, is dit duidelik dat Siya en Angie dalk meer as net vriende moet wees. Maar gaan hulle die Rubicon kan oorsteek en liefde in mekaar se arms vind?

4

Die Samsodiens maak reg vir Kaashifa om te kraam. Maar die koms van ’n pienkvoet in die familie skep ook talle nuwe uitdagings. 

Suidooster
Welkom by die familie! Foto: Skermgreep
5

’n Ondenkbare gebeurtenis in Ruiterbosch het ’n paar inwoners, onder andere, Gary, Wade, Justin en Nazeem, op hete kole… Spore moet doodgeveë en alles moontlik gedoen word om verskuilde agendas te verbloem.  


Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Suidooster is ook beskikbaar op Catch Up, DStv Stream en Showmax. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Vonke spat tydens semifinaal… en kelder toe dié twee braaiers

’n Fynproewersdis, ’n lang resep en kreatiewe verskille het daartoe gelei dat twee van kykers se gunsteling-deelnemers op 'Kokkedoor Vuur & Vlam' hul voorskote moes ophang.

Meer

‘Adolescence’ is noodsaaklike kykstof om samelewing aan skouers te skud

Die Britse reeks 'Adolescence', oor ’n dertienjarige seun wat ’n klasmaat doodsteek, behoort verpligte kykstof vir ouers en kinders en by skole te wees. Dit is ’n wekroep vir ’n samelewing wat besig is om kinders in die steek te laat.

Meer

The Handmaid’s Tale S1-6

Op Showmax

Blessed be! Seisoen vyf tel op nadat June wraak teen haar ontvoerder, teisteraar en verkragter, bevelvoerder Fred Waterford, geneem en hom met haar kaal hande uitmekaar geskeur het.
Meer

The Last of Us S1-2

Op Showmax

Die tweede seisoen van ‘The Last of Us’ begin vyf jaar ná Joel (Pedro Pascal) se onlosmaaklike leuen aan Ellie (Bella Ramsey).
Meer

Jy sal hou van:

21

21+ Afrikaanse flieks wat jy nou aanlyn kan kyk

Op soek na jou volgende gunsteling-fliek? Hier is van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax – van 'Hans steek die Rubicon oor' tot 'Eksie Perfeksie'.

Meer
26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies