Hier is ’n voorsmakie van wat jy hierdie maand in Skemergrond kan verwag.
Maandag, 3 Februarie
Gloria konfronteer vir Fabian omdat hy vir Beeno werk. Ronnie probeer sy bes om ’n beter man vir Hazel te wees. Die Louws sien eindelik weer die lig aan die einde van die tonnel.
Dinsdag, 4 Februarie
Gloria plaas druk op Beeno rakende Fabian. Manny maak oop teenoor Tillie oor die plaas wat hy verloor het. Christine konkel met Regardt en Tanne het ’n ontmoeting met sy lot.
Woensdag, 5 Februarie
Tanne manipuleer vir Dominee. Ronnie wil sy troubeloftes aan Hazel hernu. Intussen beraam Christine ’n nuwe plan teen die Louws.
Donderdag, 6 Februarie
Hazel gee vir Ronnie haar antwoord oor die troubeloftes. Tanne se manne begin dwelms verkoop. Haylee kry die inligting wat Christine benodig. Beeno en Gloria word aangeval.
Maandag, 10 Februarie
Beeno wil self vir Pang doodmaak. Sylvia en Brandon besluit om Shakiel toe te laat om Kaap toe te gaan. Christine betrek Bobby by haar nuwe planne.
Dinsdag, 11 Februarie
Beeno maak gereed om Pang uit te haal. Christine is opgewonde oor haar volgende aanslag op die Louws. Ronnie en Hazel hernu hulle troubeloftes, terwyl vier indringers die plaas betree.
Woensdag, 12 Februarie
Die Louws is in sak en as terwyl Christine haar oorwinning vier. Brandon hoop hy doen die regte ding. Kevin is agterdogtig oor Tanne.
Donderdag, 13 Februarie
Ruan probeer vir Christine en haar handlangers uitoorlê. Kevin hoor van Fabian se ring en let iets by Tanne op. Beeno sien vir Shakiel in die Kaap.
Maandag, 17 Februarie
Tanne volg vir Amber en Shakiel na Everlasting. Die Louws is bekommerd oor die volgende paaiement aan Christine. Ruan het nuus oor die aanval op die plaas.
Dinsdag, 18 Februarie
Brandon kry ’n boodskap van Beeno. Die gemeenskap beplan om terug te veg teen die misdaad in hul distrik. Lily en Amber ontdek iets wat Everlasting kan red.
Woensdag, 19 Februarie
Beeno is vasberade om die troue te beplan. Brandon vertel die gemeenskap die waarheid oor hul geheime identiteit. Kevin besef dat Tanne by Beeno betrokke is.
Donderdag, 20 Februarie
Ruan kry nuwe inligting oor Beeno, maar daar is haakplekke. Lily hoop haar konneksie met Kougoed kan die plaas red. Erica beplan ’n fondsinsameling vir die Cloetes.
Maandag, 24 Februarie
Ruan plaas vir Tanne onder druk. Brandon voel skuldig oor die gemeenskap se hulp, en Sylvia probeer hom moed inpraat. Die Louws is gereed vir mnr. Chen se besoek.
Dinsdag, 25 Februarie
’n Boodskap van Beeno plaas druk op Brandon. Kevin laat vir Gloria weet dat Ruan vir Tanne in sy plan gaan gebruik. Jasmine teken die Kougoed-kontrak.
Woensdag, 26 Februarie
Gemoedsdrif se eerste Veilfees sorg vir groot opwinding en drama. Ruan probeer ’n angstige Brandon en Sylvia gerusstel. Tanne speel met vuur.
Donderdag, 27 Februarie
Beeno wil ’n datum vir die troue vasstel. Kevin vertel vir Gloria van Ruan se plan. Tanne lig Fabian in oor ’n idee as deel van ’n plan om Beeno vas te trek.
Skemergrond saai weeksdae uit om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.