Menu terloops
In Wat om te kyk [29 Jul 2025]

Jou ‘Skemergrond’-gids vir Augustus 2025


Is daar liefde in die lug vir Erica? En JP en Jasmine kry stry oor die boerdery. Dít en nog meer wag vandeesmaand op ‘Skemergrond’-kykers.

Kyk 'Skemergrond' op DStv Stream

Jou ‘Skemergrond’-gids vir Augustus 2025

Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Skemergrond kan verwag.

Maandag 4 Augustus

Chaos bars los wanneer Christine die Louws tot hul breekpunt dryf. Ruan jaag teen die tyd om ’n skokkende waarheid te onthul. Erica bevind haarself vasgevang in ’n kerkstryd wat broei.

Dinsdag 5 Augustus  

Christine se planne om Everlasting te saboteer werp vrugte af. Ruan vang Fabian totaal onkant en dit ruk hom. Ragel en Tillie kom op met ’n nuwe plan om deur te dring na Manny.

Woensdag 6 Augustus  

Christine frustreer weer die Louws. Jasmine gee vir Jane stof tot nadenke. Tillie en Manny het ’n dramatiese argument by die CPA-vergadering. Gloria gee vir Fabian ’n waarskuwing.

Donderdag 7 Augustus  

Die Louws dreig Christine met ’n interdik. Fabian probeer tot Kevin deurdring. Dominee Wayne verwoes per ongeluk ’n stuk van die kerk se eiendom.

Maandag 11 Augustus  

Wayne en Louis werk aan die preekstoel. Manny moet ’n besluit neem wat sy hele lewe kan verander. Jasmine en Christine stamp koppe.

Dinsdag 12 Augustus  

Hazel sien vir Tyler die plaas bespied. Gloria vra vir Hazel of Fabian op die plaas kan werk. Erica en Dominee Wayne groei nader aan mekaar.

Skemergrond, Jasmine
Nadat Jasmine en JP stry kry, loop die spanning tussen hulle oor… Foto: Skermgreep

Woensdag 13 Augustus  

JP en Jasmine stry oor die toekoms van hulle boerdery. Christine is op die oorlogspad. Manny kry sy lewe in orde. Erica wil ’n bybelgroepie begin.

Donderdag 14 Augustus  

Die spanning tussen JP en Jasmine kook oor. Christine bedink ’n nuwe plan om Hazel te manipuleer. Manny en Tillie se eerste afspraak loop goed af.

Maandag 18 Augustus  

Christine neem sake in haar eie hande om terug te kry wat sy glo hare is. Manny maak ’n opregte poging om die dorp na die hotel te lok. Erica bevind haarself in ’n onverwagte situasie.

Dinsdag 19 Augustus  

Christine het ’n nuwe plan om ’n wig tussen JP en Jasmine in te dryf. Fabian se eerste dag op Everlasting is ’n ramp. Amber maak Louis se oë oop.

Woensdag 20 Augustus  

Louis wonder of Erica en Dominee pasmaats is. Christine reik uit na JP. Junior en Fabian kom blykbaar goed oor die weg – tot Jasmine se groot misnoeë.

Donderdag 21 Augustus  

Christine plaas JP in ’n onmoontlike posisie wat hom woedend maak. Louis sê uiteindelik wat almal dink. Hazel ontferm haar oor Fabian.

Maandag 25 Augustus  

Fabian floreer op Everlasting, maar Gloria bly skepties. JP vind iets skokkend uit. Wayne en Erica het hulle groot gesprek.

Dinsdag 26 Augustus  

Hazel smeek vir JP om nie aan Christine se vereistes te voldoen nie. Louis kry sy matriekuitslae. Junior is verras oor wat Fabian aan hom onthul.

Woensdag 27 Augustus  

JP lees Christine se vervalste brief. Manny moedig Wayne aan om meer moeite vir Erica te maak. Jasmine probeer JP van die waarheid oortuig.

Donderdag 28 Augustus  

Hazel is woedend vir Jasmine. Erica kry ontstellende nuus. Dominee Wayne is senuagtig oor sy eerste afspraak met Erica. Patty voel asof haar lewe eentonig geword het.


Skemergrond saai weeksdae uit om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

kykNET se nuwe mini-dramareeks is ’n verhaal van verlies, vergifnis en hoop

Twee mans se paaie kruis in ’n ondersteuningsgroep ná die verlies van geliefdes. kykNET se 'Elke donker wolk' verken hoe ’n onverwagse vriendskap ruimte skep vir vergifnis, genesing en hoop.

Meer

Rubriek: Gaan griffel in Ouma se resepteboek! ‘Kokkedoor: Klassiek’ is terug! 

Ná ’n voorskou van die eerste episode laat 'Kokkedoor: Klassiek' vir Marteni Burger verlang na haar ouma se resepte én sien sy uit na nog skeppies nostalgie - met ’n knippie kombuisdrama en verrassende kinkels daarby.

Meer

Van die veld tot die kelder – kuier dié November saam met VIA

Van wildplase en wynkelders tot huise met karakter: VIA se November-aanbod beloof vars ontdekkings. Kuier saam met Shari Kennedy, Leandie du Randt, Frank Rautenbach en JP Quickelberge, en leer ken die mense, stories en plekke wat Suid-Afrika so besonders maak.

Meer

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer
Sien alle opsies