Menu terloops
In Sepies [2 Jun 2026]

‘Skemergrond’ in Junie: Verhoudings word getoets


Junie bring groot emosionele spanning na ‘Skemergrond’ wanneer verhoudings onder groot druk beland, geheime planne ontvou en die verlede onverwags sy opwagting maak.

Deur Redaksie

Kyk 'Skemergrond' op DStv Stream

‘Skemergrond’ in Junie: Verhoudings word getoets

Hou dié drie storielyne vandeesmaand in Skemergrond dop:

1

Gaan Patty se hart dit hou?

Patty probeer haar hart beskerm, maar haar liefdeslewe raak al meer ingewikkeld wanneer emosies en onsekerheid begin opvlam. Terwyl sy probeer uitwerk waar sy werklik staan, word dit duidelik dat die verlede nie so maklik agtergelaat kan word nie. Romantiese spanning en moeilike keuses kan Patty se lewe in ’n nuwe rigting stuur.

2

Dirk se planne begin skeefloop

Dirk glo hy sit met ’n wenplan en lê sy voorstel vir ’n aftree-oord aan die Louws voor. Dinge verloop egter glad nie soos hy gehoop het nie, en sy planne begin vinnig momentum verloor.

Terwyl Dirk probeer om die situasie te red, sien Christine haar kans raak. Sonder dat Dirk dit besef, begin sy hom stadig maar seker in haar eie planne intrek. Christine speel haar kaarte versigtig, en haar gekonkel kan groot gevolge vir almal rondom haar inhou.

3

Chelsea en Louis se wêreld kantel

Gemoedsdrif word verder omgekrap met die skielike verskyning van Justin, vertolk deur Braeden Buys. Sy aankoms stuur skokgolwe deur Chelsea en Louis se verhouding, aangesien niemand verwag het dat hy weer deel van Chelsea se lewe sou word nie.

Terwyl Chelsea en Louis probeer om stabiliteit te vind, maak Justin se teenwoordigheid dinge ingewikkeld en emosioneel. Skielik moet almal ’n situasie navigeer waarop niemand voorbereid was nie.


Skemergrond saai weeksdae uit om 19:30 op kykNET & kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

kykNET se nuwe mini-dramareeks is ’n verhaal van verlies, vergifnis en hoop

Twee mans se paaie kruis in ’n ondersteuningsgroep ná die verlies van geliefdes. kykNET se 'Elke donker wolk' verken hoe ’n onverwagse vriendskap ruimte skep vir vergifnis, genesing en hoop.

Meer

Rubriek: Gaan griffel in Ouma se resepteboek! ‘Kokkedoor: Klassiek’ is terug! 

Ná ’n voorskou van die eerste episode laat 'Kokkedoor: Klassiek' vir Marteni Burger verlang na haar ouma se resepte én sien sy uit na nog skeppies nostalgie - met ’n knippie kombuisdrama en verrassende kinkels daarby.

Meer

Van die veld tot die kelder – kuier dié November saam met VIA

Van wildplase en wynkelders tot huise met karakter: VIA se November-aanbod beloof vars ontdekkings. Kuier saam met Shari Kennedy, Leandie du Randt, Frank Rautenbach en JP Quickelberge, en leer ken die mense, stories en plekke wat Suid-Afrika so besonders maak.

Meer

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer
Sien alle opsies