Menu terloops
In Sepies [3 Des 2025]

‘Skemergrond’ in Desember: Hou dié storielyne dop


‘Skemergrond’ se mense beleef ’n stormagtige Desember met van liefde wat blom tot pynlike herlewings uit die verlede. Hier is die storielyne wat jy vandeesmaand moet dophou.

Deur Redaksie

Kyk 'Skemergrond' op DStv Stream

‘Skemergrond’ in Desember: Hou dié storielyne dop

In Desember staan elke inwoner van Skemergrond se Gemoedsdrif voor ’n keuse: om vas te klou aan die verlede, of om nuut te begin. Dis ’n maand van emosionele hoogtepunte, dapper besluite en onverwagse omwentelinge; van intense drama en hartseer verweef met hoop.

Terwyl Gemoedsdrif se strate gevul is met die gees van Kersfees, word die inwoners gedwing om hul vrese, verlange en skuldgevoelens in die oë te kyk. Patty, Lukas, Ragel, Kevin en Gloria bevind hulself almal op draaipunte waar hulle groot keuses moet maak.

1

Patty en Lukas: Van romanse tot nagmerrie

Patty, Skemergrond
Patty dink sy het uiteindelik liefde gevind, maar ’n romantiese wegbreek het gevaarlike gevolge… Foto’s: Skermgrepe

Patty en Lukas se verhouding bereik ’n hoogtepunt wanneer hulle vrede maak ná ’n tyd van onsekerheid. Hy nooi haar op ’n romantiese wegbreek, en dit lyk of geluk uiteindelik aan hul kant is. Maar toe Patty vasgebind in ’n afgeleë huis wakker word, verander haar droom skielik in ’n nagmerrie. Terwyl Ruan en sy span desperaat probeer om haar te vind, probeer Patty vergeefs om te ontsnap. Sal sy betyds gered word? En hoe het sy haarself in hierdie situasie gekry?

2

Gloria se afskeid en nuwe begin

Gloria se pad lei haar na ’n emosionele afskeid en nuwe insigte. Sy nader Hazel met ’n desperate versoek en word gedwing om moeilike besluite oor haar toekoms te neem. Terwyl haar vriende haar help om aan te beweeg, dra sy steeds die las van Hazel se geheim. Wanneer sy uiteindelik haar afskeidsgeleentheid hou, word sy verras deur buitengewone oomblikke – en gekonfronteer met haar verlede en haar verhouding met Kevin.

3

Ragel se pynlike herinneringe

Skemergrond, Ragel

Ragel probeer haar lewe herbou as die nuwe koorleier en probeer die koor voorberei vir die liedere wat hulle beplan om op Kersdag te sing, maar ou wonde word oopgekrap. Seer herinneringe uit haar verlede gooi haar van balans af, en sy raak stil en teruggetrokke. Erica en Lily probeer tot haar deurdring en teen Kersfees moet sy ’n uitdagende besluit neem.


Skemergrond saai weeksdae uit om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Binnelanders’-kykgids vir Augustus 2026

Die waarheid oor ’n dokter lei tot ’n dramatiese wending en Joe is desperaat om vrae oor sy identiteit te beantwoord. Dít en nog meer is wat op ‘Binnelanders’-kykers vandeesmaand wag.

Meer
Sien alle opsies