Menu terloops

Silo S1

Op Ander [Gepubliseer op 5 Mei 2023]


Dié Apple TV+-reeks is gegrond op die ‘Silo’-boeke deur die skrywer Hugh Howey. 

Silo S1
Kyk lokprent

Silo vertel die verhaal van die laaste 10 000 mense op aarde. In dié verbeelde toekoms het die wêreld in duie gestort en die oorlewendes woon in ’n reuse ondergrondse silo. Die wêreld buite die silo is dodelik. Giftig, leer ons. Dié distopia se geheime lê egter so diep verborge soos die honderde vlakke van die silo waar mense “leef” in ’n samelewing met reëls wat hulle glo in hul beste belang is. Maar is al die reëls en regulasies regtig om hulle te beskerm? Niemand weet immers wanneer of hoekom dit gebou is nie en noodlottige gevolge wag op diegene wat te veel vrae vra.

Rebecca Ferguson speel Juliette, ’n ingenieur wat antwoorde soek oor ’n geliefde se dood en dan binne-in ’n maalkolk van leuens en raaisels beland. Ook in die rolverdeling tel onder andere Rashida Jones, Tim Robbins, David Oyelowo.

Die reeks is gegrond op die gelyknamige boeke deur die skrywer Hugh Howey. 

Vanaf Vrydag, 5 Mei 2023, op Apple TV+ beskikbaar om te stroom.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers is reg vir die kollig

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
30

30 Afrikaanse flieks wat jy vir oulaas op Showmax kan kyk

Met Showmax se dae getel, gaan ons binnekort ’n groot gros Afrikaanse speelfilms, kortprente, reekse en dokkies op dié plaaslike stroomdiens moet groet. Maak dus ’n plan om vir oulaas een van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax te kyk.

Meer
Sien alle opsies