Menu terloops

Shadow and Bone S1-2

Op Netflix [Gepubliseer op 16 Mar 2023]


Die fantasiereeks ‘Shadow and Bone’ is op twee boekreekse deur Leigh Bardugo gegrond. 

Shadow and Bone S1-2
Kyk lokprent

In die tweede seisoen van Shadow and Bone slaan Alina Starkov op vlug. Terwyl sy vir sommige ’n baken van hoop is, sien ander haar eerder as ’n verraaier wat vasgetrek moet word. 

Dié fantasiereeks is op twee boekreekse deur Leigh Bardugo, die Shadow and Bone-trilogie en die Six of Crows-boeke, gegrond. 

In die eerste seisoen het ons vir die jong, dapper Alina (Jessie Mei Li) – ’n weeskind wat later ’n kartograaf in die Ravka-weermag word – ontmoet. Maar toe vind sy uit sy is ’n Grisha – iemand met spesiale magte of vermoëns – en dat sy glo ook sommer die ene “Sun Summoner” is wat Ravka van die duistere en dodelike “Shadow Fold” en sy monsters moet red. Soos dié nuus versprei, blyk dit dat nie almal haar as ’n redder sien nie. Met haar lewe op die spel, is daar byna niemand wie sy kan vertrou nie. Dis nou behalwe vir Mal (Archie Renaux), haar beste vriend van kindsbeen af in die weeshuis. 

In die tweede seisoen is Alina steeds vasbeslote om Ravka van ondergang te red terwyl sy en Mal ook uit die bose Generaal Kirigan (Ben Barnes), óftewel The Darkling, se kloue probeer bly. 

Die tweede seisoen is vanaf 16 Maart beskikbaar om op Netflix te stroom. Die eerste seisoen is ook op Netflix beskikbaar. 

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 6 stories in Julie misloop

Van ’n nuwe oes boere wat ’n liefdesmaat soek tot die senutergende aksie van die Wêreldsokkertoernooi-eindstryd – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers is reg vir die kollig

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
Sien alle opsies