Menu terloops
In Rubrieke [25 Apr 2026]

Sepievoorskou: Wanneer die waarheid nie langer kan wag nie


Ons sepievoorskou vertel jou meer oor waarna jy hierdie week (27 April tot 1 Mei) op  ‘Binnelanders’, ‘Skemergrond’ en ‘Suidooster’ kan uitsien.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Wanneer die waarheid nie langer kan wag nie

Dié week bring groot kinkels, ongemaklike waarhede en besluite wat lewens onherroeplik gaan verander. Terwyl verhoudings onder druk kom en ou wonde oopgekrap word, word sommige karakters gedwing om keuses te maak waarvoor daar geen maklike uitkoms is nie. Intussen sorg ’n paar ligter oomblikke darem vir asem skep tussen al die drama wat hierdie week op kykers wag. Maar moenie te gemaklik raak nie, want die waarheid is besig om ’n paar mense vinnig in te haal.

Lees ons sepievoorskou vir meer oor die drama wat vandeesweek op die kassie uitspeel.

Binnelanders

Tracy (Melinda Viljoen) bevind haar aan die begin van die week in onsekerheid wanneer daar steeds geen teken van Tertius (Reynardt Hugo) is nie en glo my die stilte begin al harder as enige woorde praat. Wanneer dinge uiteindelik verander, bring dit egter meer vrae as antwoorde – en ’n voorstel wat alles kan omkeer. Met hul huwelik wat nog wankelrig is, is dit nie ’n besluit wat ligtelik geneem kan word nie en ongelukkig is die risiko’s groter as ooit. 

Intussen neem LJ (Julian Robinson) ’n verrassende, maar dapper besluit wat wys dat hy gereed is om sy verlede in die oë te kyk, al beteken dit hy moet alles agterlaat om vorentoe te beweeg. 

Terwyl sommige karakters probeer genees, bevind Nicolette (Kate Roothman) haar in ’n stryd wat haar toekoms kan bepaal. Haar hart en haar kop trek nie altyd in dieselfde rigting nie en soos die spanning met bestuur erger raak, word dit duidelik dat haar volgende move alles kan maak of breek.

Nuwe episodes van Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 19:30 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Daar is ook elke aand ’n herhaling van die episode om 23:30, asook Dinsdag tot Vrydag om 08:30.

Suidooster

In Ruiterbosch raak dinge hierdie week ongemaklik wanneer Justin (Eden Classens) op iets afkom wat hom in ’n moeilike posisie plaas. Wat hy met dié inligting gaan doen, kan slegte gevolge hê, nie net vir hom nie, maar vir ander ook. 

Maar hy is nie die enigste een wat buite sy gemaksone is nie. Kate (Annelisa Weiland) sien aanvanklik uit na haar vakansie, maar ’n harde werklikheid tref haar op die mees onverwagse manier en dit sorg vir een van die meer komiese oomblikke van die week. 

Intussen raak dinge ernstig wanneer Angie (Char Carrie) se vrese begin oorneem en sy dalk ’n lyn oorsteek wat nie maklik herstel kan word nie. 

En net wanneer jy dink dinge nie meer interessant kan raak nie, bring ’n besoek van ’n Hollywood-ster nuwe energie na Ruiterbosch en laat meer as een hart vinniger klop.

Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Suidooster is ook beskikbaar op Catch Up, DStv Stream en Showmax. 

Skemergrond

Christine (Devonecia Swartz) bewys weer dat sy nie huiwer om diep te sny wanneer dit haar pas nie. En dié keer tref haar mes dieper as ooit. Wat volg, is moeilik om te aanskou en die gevolge dreig om verhoudings en vertroue erg te beskadig. Enige hoop dat sy dalk begin verander het, verdwyn vinnig en sy wys ons (weer) haar ware kleure. Intussen raak Kirby (Chante Grainger) al hoe nader aan die waarheid. Die vraag is… gaan sy haar instinkte vertrou of weer in dieselfde strik trap?

By die blommemark begin dinge ook broei wanneer ’n skokontdekking almal laat wonder wie hulle werklik kan vertrou. Tog voel ek dat hierdie groep nie gaan rus voordat die waarheid ontbloot is nie, selfs al bring dit meer vrae as antwoorde. My geld is op hierdie span om Everlasting finaal te red.

Skemergrond saai weeksdae uit om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies