Menu terloops
In Sepies [28 Mei 2023]

Sepievoorskou: Die waarheid verwoes lewens in ‘Suidooster’, ‘Diepe Waters’ & ‘Binnelanders’


Dit reën truth bombs in ons sepies dié week en jy wil dit nie misloop nie! Ons het die inside scoop oor hierdie week se lekkerste, skokkendste (en soms belaglikste) sepie-storielyne. Waarna kan jy hierdie week (29 Mei tot 2 Junie 2023) op ‘Suidooster’, ‘Diepe Waters’ en ‘Binnelanders’ uitsien?

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Die waarheid verwoes lewens in ‘Suidooster’, ‘Diepe Waters’ & ‘Binnelanders’

Suidooster

Of jy nou van Nazeem (Irvine van der Merwe) hou of nie – you gotta respect the hustle. As die man eers sy mind oor iets opgemaak het, gaan niks en niemand hom keer nie. As hy eers sy mes vir jou in het, kleef hy aan jou soos ’n vlieg aan een van daai old school taai hangende vlieëvalle. 

Ongelukkig vir Zoë (Lauren Joseph) het sy vir Nazeem dié keer te ver gestoot. Sy het nou amptelik aan die einde van haar pakkie get out of jail free-kaartjies gekom. Maar teen watter prys kom die waarheid vir arme Zoë? Dinge raak maar nou lelik binne daai familie. Ongelukkig lê haar lot en die toekoms van haar loopbaan, huwelik en reputasie in die hande van die twee mense wat mekaar die meeste in Ruiterbosch haat. 

Maar lyk my dit is maar ’n Samsodien-persoonlikheidseienskap om hardkoppig te wees, want Nazeem is nie die enigste Samsodien-man wat nie wil laat los nie. Wie het mos vyande nodig met ’n boetie soos Rhafiek (Irshaad Ally)? Want soos dinge nou aangaan moes Bianca (Simone Bisombe) maar eerder haar tassies gepak het en agter Dirk (Evan Hengst) aangehardloop het. 

Dit lyk asof haar liefde vir Dirk vir altyd soos ’n swaard oor haar kop gaan hang. Maar as ek so kyk na Rhafiek se gedrag op die oomblik, dink ek hy ly aan korttermyn-geheueverlies. Het hy vergeet dat hy net nou die dag nog vir sy huwelik moes baklei ná hy in die bed met sy eks gespring en amper pa geword het? 

Ja, Rhafiek, ons almal weet jou pa het vir jou gevra om na die familie te kyk en om die leisels oor te neem, maar ek nie hy het bedoel jy moet die familie-doos word nie. Rhafiek bereik ’n all time low hierdie week. 

Kyk Suidooster op DStv Online.

Diepe Waters 

So gepraat van all time lows… Ek weet regtig nie hoe Gys (Justin Strydom) van dié week se slag gaan terugkom nie. Erger as dit kan dit seker nie raak nie! Maar met Diepe Waters weet jy nooit, want daar is altyd nog ’n bom wat wag om te bars.  Ek het nie eens geweet Gys kan huil nie, maar die man het so emosioneel geraak dat ek glad ’n knop in die keel gekry het en ’n traantjie gestort het. Ek het regtig begin dink die man se hart is van klip gemaak. Dié week se bom mag dalk net die een wees wat hom finaal breek. 

Ten minste is hy nie die enigste een wat breekpunt bereik nie. Meghan (Lea Vivier) se lip het van woede gebewe toe sy besef haar toekomsplanne word deur haar “uitkyk”-antie in die wiele gery. Maar ek sal nooit verstaan hoe mense met die duiwel in die bed kan spring en dan geskok wil wees as hulle gebrand word nie! Tsk-tsk! Wat het sy gedink gaan gebeur toe sy haar vertroue in iemand soos Zelda (Sandi Schultz) geplaas het? 

Zelda bewys ook net weereens dat haar lojaliteit by niemand anders as haarself lê nie. 

Kyk Diepe Waters op Catch Up en DStv Online.

Binnelanders 

Nes ek dink Gaby (Maude Sandham) raak uiteindelik volwasse, skok sy ons met ’n tipiese Gaby-moveShame, sy het dalk haar redes, maar dit regverdig nie haar aksies en besluite in hierdie geval nie. Ek sou woedend wees! As daar ooit ’n tema-liedjie vir Gaby was, sou dit “Hot N Cold” deur Katy Perry wees. Jy weet immers nooit regtig waar jy met Gaby staan nie. 

Die waarheid dreig om nog ’n Binnelanders-familie uitmekaar te skeur. Henry het dié week moeilike besluite om te maak. Ek is net bly ek is nie in sy skoene nie. 

Kyk Binnelanders op DStv Online

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Maart 2025

Japie slaan sy kloue in Sunette in, maar dan kry sy nuus oor haar gesondheid wat haar hele wêreld omdolwe. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir Maart 2025

Wat om te kyk: Die meesleurende Jaco Bouwer-drama, 'Niggies', Pretoria se Afrikaanse spin op 'The Mommy Club', Showmax se Afrikaanse tennisdrama, 'Breekpunt', en Seth Rogen se nuwe komediereeks – dié stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Oscars 2025: Wie het gewen én waar jy wenners kan kyk

Zoë Saldaña met ’n verstommende vertolking in die veelbesproke ‘Emilia Pérez’, Adrien Brody met sy indringende spel in ‘The Brutalist’, en Kieran Culkin in ’n loopbaanbeste rol waarvoor hy amper-amper nee gesê het – hier is vanjaar se Oscarwenners én waar jy dié bekroonde rolprente kan stroom. 

Meer

Jou telenovela-gids vir Maart 2025: Die einde breek aan in ‘My naam is Farah’

Tahir probeer steeds om vir Farah te beskerm soos dié verhaal ten einde loop. Hier is ons handige kykgids vir meer oor wat in die laaste sarsie episodes van ‘My naam is Farah’ op kykers wag.

Meer
Sien alle opsies