Menu terloops
In Rubrieke [5 Jul 2026]

Sepievoorskou: Verhoudings word getoets en harte moet kant kies dié week


Ons sepievoorskou vertel jou meer oor waarna jy hierdie week (6 tot 10 Julie) op ‘Binnelanders’, ‘Skemergrond’ en ‘Suidooster’ kan uitsien.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Verhoudings word getoets en harte moet kant kies dié week

Dié week ontdek ons hoe een geheim jare se vertroue in ’n oogwink kan vernietig. Terwyl sommige karakters antwoorde kry, wens ander hulle het eerder nooit die waarheid ontdek nie. Families en vriendskappe word behoorlik getoets en soos die stof gaan lê, raak dit duidelik dat nie almal weer sal kan aangaan asof niks gebeur het nie.

Lees ons sepievoorskou vir meer oor die drama wat vandeesweek op die kassie uitspeel.

Binnelanders

Le Roux (Logan James) se wêreld word hierdie week nóg groter wanneer hy van twee moontlike sibbe uitvind. Op hierdie punt sou ek begin wonder hoeveel familielede nog ongemerk in die gange van Binneland rondloop. Want wie het deesdae nié familie by die hospitaal nie?

Terwyl Le Roux probeer sin maak van sy verlede, moet ’n geliefde karakter vrede maak met die moontlikheid dat sy hele lewe op ’n leuen gebou is. Ek weet nie hoe ek sou voel as ek eendag uitvind ek is eintlik ’n only child nie. 

By Mimi’s is daar rede vir feesvier, maar by die Koster-huis loop die spanning hoog. Die verlede dreig weer om hul toekoms te kelder. Ek glo mense verdien tweede kanse, maar wanneer iemand vir jou wys wie hulle regtig is… glo hulle!

Nuwe episodes van Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 19:30 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Daar is ook elke aand ’n herhaling van die episode om 23:30, asook Dinsdag tot Vrydag om 08:30.

Skemergrond

Ná verlede week se bom by die hotel is Gemoedsdrift behoorlik in twee verdeel. Die een helfte staan by Everlasting en die ander by Langverloren. Ek kan steeds nie glo Christine (Devonecia Swartz) het daarin geslaag om ’n vriendskap van 30 jaar só te vernietig nie.

Net toe ek hoop dinge kan nog herstel, doen Tillie (Deirdre Wolhuter) hierdie week iets wat vir my soos die finale hou voel. Ek weet nie of ’n mens ná só iets ooit weer dieselfde na mekaar kan kyk nie.

Intussen maak die Russe hul verskyning en iets sê vir my dinge gaan binnekort baie interessant raak. 

Gloria (Hunter Plaatjies) bevind haar ook tussen twee vure en moet besluit waar haar lojaliteit lê. As jy my vra, sal ’n ware vriendin jou nooit dwing om kant te kies nie.

Skemergrond saai weeksdae uit om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.

Suidooster

Wat as ’n argument begin het, verander vinnig in iets baie meer ernstig en dit lyk glad nie goed vir Zoë (Lauren Joseph) en Wade (Dean Smith) se toekoms nie. Wade dwing Zoë om ’n drastiese besluit te neem en ek dink dit is dalk vir die beste. Hierdie oorlog kon tog nie vir altyd aanhou nie.

Bianca (Simone Biscombe) en Rhafiek (Irshaad Ally) kom ook gevaarlik naby aan ’n ramp. Vir ’n oomblik het ek behoorlik teruggedink aan alles waardeur Rhafiek al moes gaan. Gelukkig word die ergste net-net vermy.

Maar my gunsteling-storielyn hierdie week is beslis Mymoena (Jill Levenberg) s’n. Sy is in volle leeuwyfie-mode en Ava (Simone Neethling) moet haar beslis nie onderskat nie. Mymoena gaan alles doen om haar familie te beskerm en ek dink selfs Nazeem (Irvine van der Merwe) besef hy het hierdie keer sy hand oorspeel.

Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Suidooster is ook beskikbaar op Catch Up en DStv Stream.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies