Menu terloops
In Sepies [16 Jul 2023]

Sepievoorskou: Valshede volop in ‘Suidooster’, ‘Diepe Waters’ en ‘Binnelanders’


Leuens, slinkse gebare en vernietigende geheime bedreig geluk in ons sepies. Ons het die inside scoop oor hierdie week se grootste sepie-storielyne. Waarna kan jy hierdie week (17 Julie tot 21 Julie) uitsien?

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Valshede volop in ‘Suidooster’, ‘Diepe Waters’ en ‘Binnelanders’

Suidooster  

Noudat Aiden (Theodore Jantjies) op Orpa (Marisa Drummond) se spoor is, is haar dae van slinkse godsdiens in Suidooster getel. Maar as Aiden nie haar tweede gesig gaan ontmasker nie, gaan haar rokjagter-man haar ondergang beteken, want Angie (Char Carrie) weet iets voel nie reg nie.

Ezra (Nazeem) se dae saam met Rita (Illse Roos) raak ook minder, want sy nuutste speletjie is dalk net te veel vir arme Rita. 

Kyk Suidooster op DStv Online

Diepe Waters 

Karla (Daniélle Swanepoel) moet besluit of sy vir Arno (Jean Henry) ’n tweede kans gaan gee… Of wil sy eerder ’n toekoms sonder baggage hê? Want Arno kom met baie en al sy kaarte is nou uiteindelik op die tafel. 

Jong liefde laat ’n mens dom besluite maak. Karla kan maar net na haar pa en oom se lewens kyk vir voorbeelde van wat jy nie moet doen nie. Maar sy moet ook haar eie kop kan stamp, so kykers sal moet wag om te sien of die universe vir Arno nog ’n lifeline gaan gooi. Een ding is wel seker – die Swarts-familie staan beslis nie gereed om hom met ope arms te verwelkom nie. Die laaste skoot wat afgevuur is, was dalk die doodskoot vir Arno. 

Intussen is Sanet (Nadia Valvekens) ’n wrak oor die nuutste verwikkeling in die Swarts-huishouding. Roussouw (Altus Theart) probeer desperaat sy familie bymekaar hou, maar met Jacques (Werner Coetser) se rug teen die muur is dit dalk te laat. 

En net toe almal dink hulle is slimmer as Gys Swarts (Justin Strydom), doen Gys wat hy altyd doen en kom vorendag met ’n epiese Gys-showdown. Hierdie een gaan Johan (Liam Bosman) se lewe en die balans in die familie vir altyd verander. Maar wie skaar hulle by wie? 

Nina (Reze-Tiana Wessels) het tonnelvisie en ignoreer Anja (Reandi Grey) se waarskuwing. Gaan dit haar toekomsdrome red of sink? 

Kyk Diepe Waters op Catch Up en DStv Online.

Binnelanders 

Birdy (Natasha Sutherland) leer op die harde manier dat mense nie altyd is wie jy dink hulle is nie en kry ’n nuwe idee oor wie die beste meisie vir haar geliefde Liam (David Viviers) is. 

In ’n verrassende wending vind Birdy troos en kalmte in die geselskap van die mees onverwagte persoon. Dit gaan mense skok of verras. Máár dit bewys ook dat daar nie altyd té veel water onder die brug is nie. Of dalk is dit, in die woorde van Anita, “’n next level”-brug. 

Louis (Germandt Geldenhuys) is soos ’n kat met nege lewens, maar Naomi (Je-ani Swiegelaar) raak nou al seker gatvol van by Louis se bed waak. Sy moet haar man maar in bubble wrap toedraai en hom in hul kamer toesluit. 

Bekommernis laat ’n mens vreemde dinge doen en na Louis in die hospitaal beland,  draai Naomi nie meer doekies om nie. Sy deel haar nuutste teorie oor Jazzy (Stephanie Ndlovu) met die polisie en hoop dat dit die mense rondom haar sal beskerm. Maar is haar feite korrek of is dit dalk vrees wat haar blind maak?  

Steve (Clint Brink) kry uiteindelik die kans om sake op die hart met Delia (Odelle de Wet) te bespreek. Dít nadat dié vrou hom erg in Dubai ge-ghost het. 

Kyk Binnelanders op DStv Online.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-kykgids vir April 2025

Aline weier om met Antônio te onderhandel terwyl al wat ’n man is oënskynlik ook op haar verlief is... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in April. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies