Menu terloops
In Sepies [21 Sep 2025]

Sepievoorskou: Trouklokke en -skokke in ‘Diepe Waters’, ‘Suidooster’


Hoe gemaak wanneer die mense naaste aan jou vir jou die seerste maak en jou vertroue heeltemal breek? Dit is die groot vraag in sepieland hierdie week. Lees ons sepievoorskou vir meer oor die drama wat vandeesweek op ons sepies uitspeel.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Trouklokke en -skokke in ‘Diepe Waters’, ‘Suidooster’

Ons sepievoorskou vertel jou meer oor waarna jy hierdie week (22 tot 26 September) in Suidooster, Diepe Waters en Skemergrond kan uitsien.

Suidooster

Ná verlede week se troue is dinge allesbehalwe normaal in die Thuli-huis! Ek is regtig aan Ruiterbosch se nuutste newlyweds se kant, maar ná dit wat Brendan (Caleb Arnolds) hierdie week aanvang, weet ek nie hoe die toekoms vir die Thuli’s gaan uitwerk nie. Ek sou beslis nie so forgiving wees nie, ek sou seker al my sakkies gepak het en ’n time-out gevat het. 

Maar selfs al is dinge deurmekaar in die Thuli-huis, is dit niks in vergelyking met die huismoles wat Justin (Eden Classens) tans ervaar nie. Frankie (Mienke Ehlers) kry drie aparte skok-oomblikke hierdie week en my hart breek vir haar. As een mens jou verraai is dit een ding, maar wanneer almal in jou lewe in een boot is en jy besef skielik dat jy alleen op die strand staan en vir hulle waai… is dit erg. Mike (Anrich Herbst) gee vir Amanda (Lindie Strydom) ’n uitweg – en as ek sy was, sou ek dit vat! Maar haar volgende move slaan almal vir ’n ses. Ook maar net betyds om Frankie te keer! Mienke herinner ons almal hierdie week hoekom sy so ’n briljante aktrise is. Sy het beslis hierdie week die kollig gesteel; ek kon net nie weg kyk nie! Veral nie toe Ilse (Christia Visser) presies kry wat sy verdien nie…

Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Suidooster is ook beskikbaar op Catch Up, DStv Stream en Showmax.

Skemergrond

Dominee Wayne (Denver Vraagom) bewys hierdie week dat hy regtig ’n man van die Here is. Ek weet nie of ek vir Erica (Shimmy Isaacs) met soveel respek sou kan hanteer nie. Nie nadat sy vir my vir ’n rubbish gelos het nie. Maar dominee is nie sommer enige man nie. Die Here gaan hom beslis seën! 

Manny (Dirk Stoltz) wou niks hoor toe sy tjommies hom teen Bernadette (Siobhan Hodgson) probeer waarsku het nie, maar nou met die skoen aan die ander voet hoop ek hy kan sy tjomma uit ICE (Keeno-Lee Hector) se kloue red. Erica vind die week uit dat al bid mens soms vir iets om waar te wees, werk die lewe nie altyd so uit nie. Ek het voor my TV gesit en ek het met elke Erica-toneel geskree in die hoop dat sy my dalk hoor en die regte besluit sou maak. Hoe sê hulle: “When someone shows you who they are, believe them.” Ice verstik darem lekker wanneer hy uitvind wie Erica se bestie se man is. Al wat ek in daai oomblik kon dink is… Goed so!

Skemergrond saai weeksdae uit om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.

Diepe Waters

Troukoors loop ekstra hoog dié week in Boskruin met die dat daar nie net een bruid is nie, maar twee! Of is daar? 

Karla (Daniélle Swanepoel) en Sanet (Nadia Valvekens) se verhouding is al deur diepe waters… pun absolutely intended! En as iemand vir my in seisoen een gesê het dat ma en dogter ’n dubbele troue saam sou hê – en dit nog met Anja (Reandi Grey) wat gelukkig deel van die familie is – sou ek seker lekker in daai persoon se gesig gelag het. Maar al wil ek graag hierdie oomblik beleef, sê my sepieliefhebber-gut vir my dat gelukkige eindes nie sommer in sepieland gebeur nie, so… hoekom sou hierdie trou anders wees? Elke troue kom mos maar met sy eie drama. Kyk vir Zelda (Sandi Schultz) en Gys (Justin Strydom) wat selfs op hul troudag uitgemaak het. ’n Nuwe gesig bring geluk vir een bruidegom en ’n kinkel vir die ander. So gaan Arno (Jean Henry) en Fourie (Dawid Louw) met hul bruide wittebrood hou? Of haak net een van hulle af? Dit is die groot vraag!

Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

kykNET se nuwe mini-dramareeks is ’n verhaal van verlies, vergifnis en hoop

Twee mans se paaie kruis in ’n ondersteuningsgroep ná die verlies van geliefdes. kykNET se 'Elke donker wolk' verken hoe ’n onverwagse vriendskap ruimte skep vir vergifnis, genesing en hoop.

Meer

Rubriek: Gaan griffel in Ouma se resepteboek! ‘Kokkedoor: Klassiek’ is terug! 

Ná ’n voorskou van die eerste episode laat 'Kokkedoor: Klassiek' vir Marteni Burger verlang na haar ouma se resepte én sien sy uit na nog skeppies nostalgie - met ’n knippie kombuisdrama en verrassende kinkels daarby.

Meer

Van die veld tot die kelder – kuier dié November saam met VIA

Van wildplase en wynkelders tot huise met karakter: VIA se November-aanbod beloof vars ontdekkings. Kuier saam met Shari Kennedy, Leandie du Randt, Frank Rautenbach en JP Quickelberge, en leer ken die mense, stories en plekke wat Suid-Afrika so besonders maak.

Meer

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer
Sien alle opsies