Menu terloops
In Sepies [30 Apr 2023]

Sepievoorskou: Verbode liefde het skokkende gevolge op ‘Suidooster’


Ons het die inside scoop en terloops gaan nou weekliks vir kykers ’n voorsmakie gee van die sepies met die lekkerste, skokkendste (en soms belaglikste) storielyne. Waarna kan jy hierdie week (1 tot 5 Mei 2023) uitsien op ‘Suidooster’?

Deur Tarren-Lee Habelgaarn

Kyk nou

Sepievoorskou: Verbode liefde het skokkende gevolge op ‘Suidooster’
Kyk lokprent

Kan die liefde alles oorwin? Dít is die vraag waarmee sepiekykers gaan worstel. Ná weke se heen en weer, kwaad raak, planne maak, lekker vry en om vergifnis vra, gaan Ruiterbosch hierdie week onherroeplik verander.

My knee-jerk-reaksie op dié vraag is ja, maar logika sê vir my dat daar soms dinge is wat mense net té ver stoot. En as jy eers dáái punt bereik, is dit bitter moeilik om jouself uit daardie gat te grawe. Ongelukkig herstel sommige verhoudings nooit regtig nie. Dit mag dalk juis die voorland van een of twee van Ruiterbosch se karakters wees.

Familiebande op Suidooster het nog altyd sterk gestaan teen die ergste van storms, maar volgende week is kykers in vir ’n helse skok. ’n Skok wat selfs die sterkste bande toets. Ons bereik ’n groot klimaks rondom die ongewone liefdesverhaal van Ruiterbosch se nuutste paartjie. Al wat ek kan sê is… ek is bly dat ek nie by daardie troue was nie! Ek het nooit gedink ’n troue gaan Bonita (Hildegardt Whites) se 7de-Laan-troue troef toe die hele Welman-gesin ’n gif-dis geëet het nie, maar hierdie een mag dalk. Ja, ek weet (still rolling eyes in disbelief). Ek was nog nooit ’n aanhanger van #Dianca nie, maar wat volgende gebeur, het selfs ek nie sien kom nie.

Al wat ek kan sê is… ek is bly dat ek nie by daardie troue was nie! Ek het nooit gedink ’n troue gaan Bonita (Hildegardt Whites) se 7de-Laan-troue troef toe die hele Welman-gesin ’n gif-dis geëet het nie, maar hierdie een mag dalk.

Dalk as ek ook so verlief en verlore soos hulle was, sou ek ook soos een van die karakters in ’n Julia Roberts romanse-fliek ’n kans op verbode liefde gevat het. Maar ek dink ek is te vervelig en versigtig om sulke kanse te vat. Bianca (Simone Biscombe) is beslis meer waaghalsig as ek. Maar ek hoop vir haar onthalwe dat dit nie vir haar in die gat gaan byt nie. Ons almal weet teen die tyd dat Bianca mos soms baie hardkoppig kan wees.

As ek aan Dirk (Evan Hengst) dink, spring my gedagtes onmiddellik na Miley Cyrus se trefferliedjie “Wrecking Ball”. Hierdie keer gaan dinge ’n bietjie te ver. Hoeveel onmin gaan hierdie man nog in Ruiterbosch saai? Dalk is ek soos meeste mense net te hard op hom en moet ek ook ’n bladsy uit Bianca se boek vat en leer om te vergewe en te vergeet.

As niemand in jou glo of jou wil ondersteun nie, is daar niks soos die liefde van familie nie. Maar wat gebeur as daardie verhouding ’n verraad ervaar wat so diep seer maak dat dit dreig om dinge vir ewig te verander?

Dít is die realiteit waarmee baie karakters volgende week gekonfronteer word. Ek het gedink die Thulis kan ’n gelukkige gesin met Brendan wees, maar die een dom besluit na die ander gaan hierdie verhouding onder geweldige druk plaas en die Thulis twee keer laat dink oor hul besluite. Veral nou dat Brendan desperaat is om sy broer en die gang te beïndruk.

Maar Brendan is nie die enigste een wat dom besluite maak nie. Nazeem is bitter seergemaak en voer iets in die mou. En ons het mos al geleer dat dít nooit ’n goeie ding is nie…


Kyk Suidooster op DStv Online.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies