Menu terloops
In Sepies [30 Apr 2023]

Sepievoorskou: Verbode liefde het skokkende gevolge op ‘Suidooster’


Ons het die inside scoop en terloops gaan nou weekliks vir kykers ’n voorsmakie gee van die sepies met die lekkerste, skokkendste (en soms belaglikste) storielyne. Waarna kan jy hierdie week (1 tot 5 Mei 2023) uitsien op ‘Suidooster’?

Deur Tarren-Lee Habelgaarn

Kyk nou

Sepievoorskou: Verbode liefde het skokkende gevolge op ‘Suidooster’
Kyk lokprent

Kan die liefde alles oorwin? Dít is die vraag waarmee sepiekykers gaan worstel. Ná weke se heen en weer, kwaad raak, planne maak, lekker vry en om vergifnis vra, gaan Ruiterbosch hierdie week onherroeplik verander.

My knee-jerk-reaksie op dié vraag is ja, maar logika sê vir my dat daar soms dinge is wat mense net té ver stoot. En as jy eers dáái punt bereik, is dit bitter moeilik om jouself uit daardie gat te grawe. Ongelukkig herstel sommige verhoudings nooit regtig nie. Dit mag dalk juis die voorland van een of twee van Ruiterbosch se karakters wees.

Familiebande op Suidooster het nog altyd sterk gestaan teen die ergste van storms, maar volgende week is kykers in vir ’n helse skok. ’n Skok wat selfs die sterkste bande toets. Ons bereik ’n groot klimaks rondom die ongewone liefdesverhaal van Ruiterbosch se nuutste paartjie. Al wat ek kan sê is… ek is bly dat ek nie by daardie troue was nie! Ek het nooit gedink ’n troue gaan Bonita (Hildegardt Whites) se 7de-Laan-troue troef toe die hele Welman-gesin ’n gif-dis geëet het nie, maar hierdie een mag dalk. Ja, ek weet (still rolling eyes in disbelief). Ek was nog nooit ’n aanhanger van #Dianca nie, maar wat volgende gebeur, het selfs ek nie sien kom nie.

Al wat ek kan sê is… ek is bly dat ek nie by daardie troue was nie! Ek het nooit gedink ’n troue gaan Bonita (Hildegardt Whites) se 7de-Laan-troue troef toe die hele Welman-gesin ’n gif-dis geëet het nie, maar hierdie een mag dalk.

Dalk as ek ook so verlief en verlore soos hulle was, sou ek ook soos een van die karakters in ’n Julia Roberts romanse-fliek ’n kans op verbode liefde gevat het. Maar ek dink ek is te vervelig en versigtig om sulke kanse te vat. Bianca (Simone Biscombe) is beslis meer waaghalsig as ek. Maar ek hoop vir haar onthalwe dat dit nie vir haar in die gat gaan byt nie. Ons almal weet teen die tyd dat Bianca mos soms baie hardkoppig kan wees.

As ek aan Dirk (Evan Hengst) dink, spring my gedagtes onmiddellik na Miley Cyrus se trefferliedjie “Wrecking Ball”. Hierdie keer gaan dinge ’n bietjie te ver. Hoeveel onmin gaan hierdie man nog in Ruiterbosch saai? Dalk is ek soos meeste mense net te hard op hom en moet ek ook ’n bladsy uit Bianca se boek vat en leer om te vergewe en te vergeet.

As niemand in jou glo of jou wil ondersteun nie, is daar niks soos die liefde van familie nie. Maar wat gebeur as daardie verhouding ’n verraad ervaar wat so diep seer maak dat dit dreig om dinge vir ewig te verander?

Dít is die realiteit waarmee baie karakters volgende week gekonfronteer word. Ek het gedink die Thulis kan ’n gelukkige gesin met Brendan wees, maar die een dom besluit na die ander gaan hierdie verhouding onder geweldige druk plaas en die Thulis twee keer laat dink oor hul besluite. Veral nou dat Brendan desperaat is om sy broer en die gang te beïndruk.

Maar Brendan is nie die enigste een wat dom besluite maak nie. Nazeem is bitter seergemaak en voer iets in die mou. En ons het mos al geleer dat dít nooit ’n goeie ding is nie…


Kyk Suidooster op DStv Online.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers is reg vir die kollig

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
30

30 Afrikaanse flieks wat jy vir oulaas op Showmax kan kyk

Met Showmax se dae getel, gaan ons binnekort ’n groot gros Afrikaanse speelfilms, kortprente, reekse en dokkies op dié plaaslike stroomdiens moet groet. Maak dus ’n plan om vir oulaas een van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax te kyk.

Meer
Sien alle opsies