Menu terloops
In Rubrieke [31 Mei 2026]

Sepievoorskou: Liefde, leuens en moeilike keuses lê voor dié week


Ons sepievoorskou vertel jou meer oor waarna jy hierdie week (1 tot 5 Junie) op ‘Binnelanders’, ‘Skemergrond’, ‘Diepe Waters’ en ‘Suidooster’ kan uitsien.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Liefde, leuens en moeilike keuses lê voor dié week

Dié week bring moeilike besluite en meer as een geheim wat dreig om alles te verander. Verhoudings word ook onder druk geplaas, terwyl sommige karakters probeer regmaak waar daar reeds verbrou is. Intussen sorg nuwe gesigte, ou gevoelens en ’n paar ongemaklike waarhede vir nog meer spanning in sepieland.

Lees ons sepievoorskou vir meer oor die drama wat vandeesweek op die kassie uitspeel.

Binnelanders

Johan (Gustav Gerdener) word hierdie week gedwing om ’n harde waarheid te aanvaar, maar ongelukkig het hy niemand anders as homself om te blameer nie. Dit lyk of die mans van Binneland almal besluite neem wat hul verhoudings met hul kinders beïnvloed en Johan se verhouding met sy dogter is ’n goeie voorbeeld.

Tracy (Melinda Viljoen) en Tertius (Reynardt Hugo) sukkel steeds om mekaar te vind. Ek verstaan Tracy se frustrasie, maar dit voel ook of Tertius haar net verder wegstoot met sy optrede. Ironies genoeg lyk dit amper of sy gedrag Tracy terugstoot na ’n bekende verhouding… 

Ella (Marlee van der Merwe) gaan intussen voort met haar rugstekery en kykers gaan nie glo wie sy hierdie week gebruik om haar sin te kry nie. Daar is ook ’n nuwe dokter in die gange van Binneland Hospitaal en iets sê vir my hy gaan meer moeilikheid as oplossings bring.

Nuwe episodes van Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 19:30 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Daar is ook elke aand ’n herhaling van die episode om 23:30, asook Dinsdag tot Vrydag om 08:30.

Skemergrond

Christine (Devonecia Swartz) is weer op soek na moeilikheid ná verlede week se ongemaklike ontmoeting met Jasmine (Khadija Heeger). Hierdie keer wil sy ’n geveg wen, maar die groot vraag is of haar besigheid nog ’n oorlog sal oorleef.

Dirk (Wilhelm van der Walt) is terug in Gemoedsdrift met ’n voorstel wat die verhouding tussen sy familie en die Louws gaan toets. Ek verstaan mens wil jou plaas beskerm, maar soms voel dit of die Louws onnodige spanning veroorsaak. Kyk net hoe hang Lily (Hildegardt Whites) se verhouding nou aan ’n draadjie.

Gloria (Hunter Plaatjies) en Kevin (Gershwin Mias) ontdek hierdie week dat geld maklik tussen twee mense kan kom. Ek hoop regtig hulle kry ’n oplossing, want as daar nou een troue is waarvoor ek wag, is dit dié twee se groot dag.

Daar is ook ’n nuwe man in die dorp en Patty (Gretchen Ramsden) lyk behoorlik beïndruk, maar iets omtrent hom laat my ongemaklik voel. Ek hoop net hy breek nie haar hart soos al die ander nie.

Skemergrond saai weeksdae uit om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.

Diepe Waters

Rossouw (Altus Theart) steek hierdie week ’n bekende gesig uit die verlede weg en iets sê vir my sy familie gaan dit verloor as hulle uitvind wie hy beskerm.

Maar geen reaksie kom naby aan die chaos wat Marco (Xander Venter) en René (Marijke Coetser) beleef ná hul nuus bekend word nie. Nog ’n bekende gesig daag by René se huis op en hul reaksie weerspieël pretty much alles wat Boskruin se gemeenskap tans dink.

Zelda (Sandi Schultz) ontdek uiteindelik waarom dinge die afgelope tyd so skeefloop met haar man en die waarheid slaan haar heeltemal onverwags. Nou staan sy voor een van die moeilikste besluite van haar lewe. Ek weet eerlikwaar nie wat ek in haar situasie sou gedoen het nie.

Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Suidooster

Lee-Ann (Portia Joel) en Mike (Anrich Herbst) het eenvoudig te veel geheime en onderdrukte gevoelens tussen hulle. Dinge raak ongemaklik en dit voel of niemand meer weet waar hulle met mekaar staan nie.

Angie (Char Carrie) staan ook voor groot besluite en eerlikwaar, sy verdien beter as dit. Nie almal is gelukkig oor Wade (Dean Smith) en Zoë (Lauren Joseph) se verhouding nie, veral nie die mense naaste aan hulle nie, en ek verstaan hoekom. Een keer is erg genoeg, maar om dieselfde fout ’n tweede keer te maak is net te veel. Angie het immers van die begin af gevoel iets is nie reg nie.

Intussen loop dinge voortdurend vir Nazeem (Irvine van der Merwe) verkeerd. Ava (Simone Neethling) begin dan besef dat dinge net glad verloop wanneer Nazeem kry wat hy wil hê. Ek weet nie meer of ek vir hom moet jammer voel, of net hoop hy bly vir ’n slag uit die moeilikheid nie.

Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Suidooster is ook beskikbaar op Catch Up en DStv Stream.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer
Sien alle opsies