Menu terloops
In Sepies [27 Okt 2024]

Sepievoorskou: Koeëls vlieg in ‘Binnelanders’, huismoles in ‘Suidooster’


Onsekerheid saai onmin in sepieland hierdie week en laat mense vreemd optree. Lees ons sepievoorskou om meer oor vandeesweek se sepiedrama uit te vind.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Koeëls vlieg in ‘Binnelanders’, huismoles in ‘Suidooster’

Hier is waarna jy hierdie week (28 Oktober tot 1 November) op Binnelanders, Suidooster en Skemergrond kan uitsien.

Binnelanders 

Ella (Marlee van der Merwe) se rug is nou styf teen die muur. Ella kan net nie van haar evil tweelingsuster, Marissa, se boosheid wegkom nie en dinge bereik kookpunt in die gange van Binneland-hospitaal. Dit sorg vir naelbytende aksie en vlieënde koeëls. 

Wanneer dit by die veg-of-vlug-reaksie in jou liggaam kom, weet ons nou wat Ella se keuse sou wees. Al wat ek gaan sê is… Jy wil nie rondom Ella in ’n krisis wees nie! Jy wil nog minder hê dat Joe (Roberto Kyle) moet naby wees, wat dié gooi net olie op die vuur. Ek het glad kliphard vir hom deur die TV probeer skel, want om te luister is nou regtig nie sy gawe nie. 

Arme LJ (Julian Robinson) se senuwees is ver duskant nerfaf. Dis opgekerf aan skerwe en alles tol buite sy beheer. Dit is nie ’n posisie waarin hy gemaklik voel nie.  En wie kan hom blameer? Veral met sy traumatiese geskiedenis. Dit is hoekom die kind weer vir onskuldige Thalia (Megan Troskie) beetgekry het.  

Maar Thalia het groter probleme van haar eie! Tertius (Reynard Hugo) en Tracy (Melinda Viljoen) mag dalk weer hulle spark gevind het, maar Thalia het ’n appeltjie om met “Shane” te pluk. Wie gaan vir dié kind verduidelik wat role-playing is? 

Nicolette (Kate Roothman) se broer en ouma is nou meer agterdogtig as ooit te vore en ’n nuwe gesig by die hospitaal laat Uys (Gerald Steyn) twyfel of Buffelsbaai die moeite werd is. 

Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 19:30 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitgesaai. 

Suidooster 

Ons vind uit hoekom Lee-Ann (Portia Joel) se fisio so vreemd optree, maar selfs haar verduideliking is geen verskoning vir haar na-uurse stokperdjie nie. Ek vertrou nie sulke mense nie, want two wrongs don’t make a right en ek gaan nie vir jou agter tralies geland nie. 

Kaashifa (Jawaahier Petersen) is behelp met haar nuwe baba. Ongelukkig is dit nie die een in haar maag nie. Ons almal weet Rhafiek (Irshaad Ally) kan oordryf en dinge te ver vat, maar ek is met hom hierdie keer. DAAI gesprek in Oos-Wes was selfs te cringe vir my. 

Behalwe huismoles, stamp Kaashie en haar nuwe sakevennoot al koppe en dit vat Nazeem (Irvine van der Merwe) glad nie lank om met sy ou tricks te begin nie.  Aiden (Theodore Jantjies) en Gary (Craig Adriaanse) kan mos vir Kaashifa waarsku, maar nee hulle dink duidelik dis ’n geval van not my circus, not my monkey. Seker beter so!

Siya (Gantane Kusch) sit met die grootste probleem, maar hy weet dit net nie. Mo (Alushay Klazen) se gesig toe sy hoor waar Siya is, het boekdele gespreek! 

Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up.

Skemergrond 

Ek dink my reaksie sou dieselfde as Louis (William Adams) s’n wees as ek moes uitvind dat my crush my antie is! Dit gaan die hele plaas omdol! 

Intussen is Hazel (Carmen Maarman) op breekpunt. Ek blameer haar glad nie, want die manier hoe Christine (Devonecia Swart) by haar familie oorvat, is onvanpas. 

Maar niks is meer hartseer as die lewe wat Gloria (Hunter Plaatjies) tans lei nie. Ek wil nie eens praat van wat haar broer nou weer aanvang nie. 

Gelukkig is sy nie Patty (Gretchen Ramsden) nie, want ek dink daai geskenk by haar deur is nie vir romanse bedoel nie. Ek dink dit is ’n boodskap van iemand wat haar dood wil hê… 

Skemergrond saai weeksdae uit om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

21

21+ Afrikaanse flieks wat jy nou aanlyn kan kyk

Op soek na jou volgende gunsteling-fliek? Hier is van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax – van 'Hans steek die Rubicon oor' tot 'Eksie Perfeksie'.

Meer
26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies