Menu terloops
In Sepies [31 Aug 2025]

Sepievoorskou: Hou hart, hou!


Vrede, vyande en vasberadenheid is hierdie week se groot temas in ons sepies. Maar wie staar geluk – en wie ongeluk – in die gesig? Lees ons sepievoorskou vir meer oor die drama wat vandeesweek ontvou.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Hou hart, hou!

Ons sepievoorskou vertel jou meer oor waarna jy hierdie week (1 tot 5 September) in Suidooster, Binnelanders en Skemergrond kan uitsien.

Skemergrond

Jasmine (Khadija Heeger) kom net betyds tot haar sinne om twee en twee bymekaar te sit en haar huwelik te probeer red. Ek weet darem nie of daar ’n toekoms vir die Louws is nie – dit gaan baie harde werk verg. Maar ek is moeg van skurke wat almal se geluk steel en sal graag hierdie power couple wil sien wen. Christine (Devonecia Swartz) dink mos sy is ook deel van ’n power couple, maar skakel gerus in want almal gaan hulle in Christine se nuutste truth bomb verlekker! Jy gaan hierdie een nie wil misloop nie, want nes mens dink jy kan die storielyn voorspel, wag daar nog ’n briljante kinkel. Ek het hierdie een nie sien kom nie en ek is glad nie kwaad daaroor nie! Wat ’n lekker “het jou!”-oomblik!

Skemergrond saai weeksdae uit om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.

Suidooster

Jy kry sleg, dan kry jy flippen sleg en dan kry jy Mike (Anrich Herbst)! Ek haat mos mans wat wil voorgee dat hulle te macho vir terapie is. Maar kyk wat doen hy nou! Go for the therapy, stay for the therapist! Ek sien ’n familie-heartbreak wat kom, maar ek dink darem nie Ilse (Christia Visser) sal haar idol Amanda (Lindie Strydom) verraai nie. Hopelik loop alles goed af met haar date! Sy herken een van Ruiterbosch se hunks en ja, hulle het geskiedenis. Juciy! Arme Frankie (Mienke Ehlers) wil haar gesin probeer red, maar ongelukkig rol daar altyd ’n klip oor haar pad.

Daar is darem wel ’n gelukkige einde vir een paartjie hierdie week en ons wag nou al te lank vir hierdie oomblik. Ek kon uit my vel uit bars van blydskap, want hierdie tipe oomblikke gebeur mos nie elke dag in sepieland nie. Maar ek wil ook nie te opgewonde raak nie, want so vinnig as wat hulle dit vir jou gee, neem hulle dit weg. Maar vir nou ondersteun ek hierdie familie 100%.

Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Suidooster is ook beskikbaar op Catch Up, DStv Stream en Showmax.

Binnelanders

Tracy (Melinda Viljoen) is steeds in die hospitaal en ná verlede week se skok is dit touch en go. Almal hou hul asem op om te sien of Tracy dit gaan maak of nie en selfs ek is nie dié keer seker nie. Hoe het dinge só skeefgeloop? En gaan die polisie uiteindelik hul werk doen? Wat hulle hierdie week ontdek gaan dinge nog meer interessant maak! Naomi (Je-ani Swiegelaar) probeer haar vriend ondersteun, maar is haastig besig met haar eie opwindende planne. Intussen maak Amor (Laura-Lee Mostert) foute en ek geniet die feit dat daar uiteindelik druk op haar is. Sy sal moet besluit of sy vir of teen Binneland is, want hierdie langs die kantlyn speel gaan nou te lank aan. Conrad (Hykie Berg) wil Leah by hom hê, maar nie almal is aanboord nie en dinge raak nogal ongemaklik. 

Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 19:30 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitgesaai.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

13

Wat om te kyk dié Vrouemaand: 13 reekse en rolprente waarin vroue die storie dryf

Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies