Menu terloops
In Rubrieke [2 Mei 2026]

Sepievoorskou: Glans, geheime en groot risiko’s dié week


Ons sepievoorskou vertel jou meer oor waarna jy hierdie week (4 tot 7 Mei) op ‘Binnelanders’, ‘Skemergrond’ en ‘Suidooster’ kan uitsien.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Glans, geheime en groot risiko’s dié week

Dié week bring ’n mengsel van glans, spanning en emosies wat oorkook. Terwyl sommige karakters nuwe hoogtes bereik, sukkel ander om kop bo water te hou wanneer onsekerheid en geheime begin broei. Besluite word geneem wat nie maklik teruggeneem kan word nie en soos die druk toeneem, raak dit duidelik dat nie almal ongedeerd gaan wegstap nie. Intussen sorg ’n paar ligter oomblikke vir broodnodige verligting.

Lees ons sepievoorskou vir meer oor die drama wat vandeesweek op die kassie uitspeel.

Suidooster

Ruiterbosch gons hierdie week wanneer Zoë (Lauren Joseph) iets bereik wat haar in ’n heel ander liga plaas en skielik voel nie almal meer so gemaklik in hul eie skoene nie. Angie (Char Carrie) se onsekerhede borrel oor en wat volg, is ’n emosionele oomblik wat wys hoe diep dinge sny wanneer jy voel jy word agtergelaat. 

Intussen begin Wade (Dean Smith) se optrede sy verhouding benadeel. Is dit net ’n verandering in sy houding of is daar iets meer om oor te worry

Terwyl sekere verhoudings wankel, bring die besoek van Hollywood-akteur Hugo (David Chevers) ’n tikkie glans en opwinding na Ruiterbosch en meer as een inwoner kry ’n onvergeetlike ervaring. 

Mike (Anrich Herbst) probeer om dinge reg te maak, maar sy planne loop skeef op die mees onverwagse manier. Wat volg, bring nie net spanning nie, maar ook ’n dosis humor wat wys dat selfs die grootste foute soms vir die snaakste oomblikke kan sorg. Dit het my beslis darem lekker laat lag.

Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Suidooster is ook beskikbaar op Catch Up, DStv Stream en Showmax. 

Skemergrond

Kirby (Chante Grainger) roer ou emosies op in Gemoedsdrift en laat almal opnuut wonder waar hul lojaliteite lê. Haar optrede maak dit moeilik om te besluit of sy simpatie of frustrasie verdien en soos dinge ontvou, word dit duidelik dat invloede van buite haar pad meer as ooit beïnvloed. Selfs ek weet nie of ek kwaad of sleg vir haar moet voel nie.

 Intussen bevind Hazel (Carmen Maarman) haarself weer in ’n desperate situasie en paniek dryf haar om planne te maak wat dalk meer skade as goed gaan doen. Hoekom is dit altyd Hazel! Die eenvoudige oplossing lê moontlik voor haar, maar soos altyd lyk dit of dit die moeilikste een is om te kies. 

Terwyl spanning toeneem, neem Ivan (Keeno Lee Hector) sake in sy eie hande wanneer hy met ’n moeilike besluit gekonfronteer word. Ruan (Dann-Jacques Mouton) staan ook nie terug nie en begin self ondersoek instel, veral wanneer Fabian (Marunzo Thomas) weer begin rondsluip met sy eie agendas. 

Soos die stukke stadig in plek begin val, voel dit of die waarheid net buite bereik is… maar vir hoe lank nog? Ek kan nie meer die spanning en stres hanteer nie!

Skemergrond saai weeksdae uit om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.

Binnelanders

In die hospitaal slaan paniek toe wanneer ’n lewensgevaarlike situasie in ongevalle almal op hul tone hou en mens herinner hoe vinnig dinge kan verander. 

Te midde van die chaos is Tertius (Reynardt Hugo) terug met ’n plan wat Tracy (Melinda Viljoen) se wêreld op sy kop draai. Skielik word sy gedwing om keuses te maak wat haar toekoms kan bepaal. Maar met ou krake wat weer begin wys, is dit nie so eenvoudig soos wat dit klink nie. 

Intussen kry Thalia (Megan Troskie) ’n onverwagse kans wat haar op ’n nuwe pad plaas, maar om haar plek te bewys, gaan nie sonder uitdagings wees nie. 

In Ongevalle bring veranderinge nuwe spanning en Ella (Marlee van der Merwe) se wantroue word net sterker. Die nuwe dokter se teenwoordigheid help ook glad nie.

Nuwe episodes van Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 19:30 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Daar is ook elke aand ’n herhaling van die episode om 23:30, asook Dinsdag tot Vrydag om 08:30.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies