Menu terloops
In Sepies [28 Feb 2026]

Sepievoorskou: Geheime by dosyne en ’n kykergunsteling se lewe in gevaar


Ons sepievoorskou vertel jou meer oor waarna jy hierdie week (2 tot 6 Maart) op ‘Suidooster’, ‘Binnelanders’ en ‘Skemergrond’ kan uitsien.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Geheime by dosyne en ’n kykergunsteling se lewe in gevaar

Wat kies jy as die waarheid die mense vir wie jy die liefste is, die seerste sal maak? Nee kyk, dit mag vir sommige families makliker wees om te lieg, maar ons weet mos almal teen dié tyd dat geheime altyd die lig sien in sepieland. So ek sou maar eerder die waarheid vertel en die pleister afruk voordat dit te laat is. Ongelukkig maak ons sepiemense in Pretoria en Gemoedsdrift nie altyd slim besluite nie…

Lees ons sepievoorskou vir meer oor die drama wat vandeesweek op die kassie uitspeel.

Binnelanders

Operasie fake mamma se dood is in full swing hierdie week, maar Joe-moet-altyd-die-regte-ding-doen-Olivier (Roberto Kyle) luister nie na sy ma nie en vertel vir Jessica (Erin Patience) die waarheid. Ons almal weet Jess het glad nie ’n poker face nie. Joe moet maar vir homself ’n paar kalmeerpille voorskryf, want my senuwees is op net van kyk. Jess plaas almal se lewens in gevaar en nou moet Joe vinnig op sy voete dink om die plan te red. Iets gebeur ook in die huisbak by Binneland en dit laat hom groot skrik. 

Intussen is Binneland se eie Meredith Grey en McDreamy steeds in isolasie. Maar gaan hulle daai kamer as ’n paartjie verlaat of raak dinge finaal heavy ongemaklik tussen dié twee? Uys (Gerald Steyn) is so ’n goeie ou, ek wens regtig hy kry sy happily ever after.

Nuwe episodes van Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 19:30 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Daar is ook elke aand ’n herhaling van die episode om 23:30, asook Dinsdag tot Vrydag om 08:30. 

Skemergrond

Elke keer as ek dink ek het nou alles gesien, word die mat weer onder my voete uitgeruk. Geheime wat ek nie eens gedink het ’n moontlikheid is nie, steek dié week danksy PJ (Keenan Arrison) kop uit. Hierdie gaan ’n bitter pil wees om te sluk. Sjoe! Ek dink wanneer dit by geheime kom, is dié een nog die grootste wat ons al in Gemoedsdrift gehoor het. Jasmine (Khadija Heeger) se hele lewe word deur haar skoonbroer omvergegooi. En mense, as ek sy was, sou ek dit regtig nie kon hanteer nie! Maar sal Jasmine ooit die waaruit hoor, of kan JP (Charlton George) iets doen om haar dié hartseer te spaar?! En wat beteken dit vir arme Hazel (Carmen Maarman)? Daar’s ’n klomp dinge wat nou uiteindelik sin maak! 

Skemergrond saai weeksdae uit om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.

Suidooster

Spyt kom mos altyd te laat, maar hoekom beland Zoë (Lauren Joseph) altyd in hierdie situasie? Dit voel vir my sy wil altyd net vir Wade (Dean Smith) hê wanneer sy hom nie kan kry nie. Nee man! Mens speel nie so met iemand se gevoelens nie. Dit is deja vu in Ruiterbosch en Wade moet weer die moeilike besluite maak. Maar gelukkig vir hom is sy probleme niks in vergelyking met Fikkie (Irshaad Ally) se realiteit nie. 

Van slaapapnee tot tuberkulose, Rhafiek se mediese diagnoses is al reeds ’n skok vir mens se sisteem, maar die nagevolge van sy diagnose het my sommer die skrik op die lyf gegee en onmiddellik laat Google. Ek het nie eens geweet dié dinge kan gebeur nie! Maar sekerlik sal daar ’n wonderwerk gebeur, want só iets sal die skrywers mos nie aan ons doen nie… right?! Ek het sommer net daar voor die TV begin huil toe Fikkie vertel wat hierdie nuwe mediese komplikasie vir sy toekoms met sy gesin beteken. Nee man, dít kan mos nie gebeur nie! Iemand help tog net vir Fikkie asseblief!

Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Suidooster is ook beskikbaar op Catch Up, DStv Stream en Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

kykNET se nuwe mini-dramareeks is ’n verhaal van verlies, vergifnis en hoop

Twee mans se paaie kruis in ’n ondersteuningsgroep ná die verlies van geliefdes. kykNET se 'Elke donker wolk' verken hoe ’n onverwagse vriendskap ruimte skep vir vergifnis, genesing en hoop.

Meer

Rubriek: Gaan griffel in Ouma se resepteboek! ‘Kokkedoor: Klassiek’ is terug! 

Ná ’n voorskou van die eerste episode laat 'Kokkedoor: Klassiek' vir Marteni Burger verlang na haar ouma se resepte én sien sy uit na nog skeppies nostalgie - met ’n knippie kombuisdrama en verrassende kinkels daarby.

Meer

Van die veld tot die kelder – kuier dié November saam met VIA

Van wildplase en wynkelders tot huise met karakter: VIA se November-aanbod beloof vars ontdekkings. Kuier saam met Shari Kennedy, Leandie du Randt, Frank Rautenbach en JP Quickelberge, en leer ken die mense, stories en plekke wat Suid-Afrika so besonders maak.

Meer

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer
Sien alle opsies