Menu terloops
In Rubrieke [28 Jun 2026]

Sepievoorskou: Emosies kook oor!


Ons sepievoorskou vertel jou meer oor waarna jy hierdie week (29 Junie tot 3 Julie) op ‘Binnelanders’, ‘Diepe Waters’ en ‘Suidooster’ kan uitsien.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Emosies kook oor!

Dié week wys ons sepies weer hoe vinnig een besluit almal se lewens kan verander. Van skokkende konfrontasies tot emosionele onthullings en ’n paar onverwagse draaie – hierdie is beslis ’n week wat kykers nie wil misloop nie. Lees ons sepievoorskou vir meer oor die drama wat vandeesweek op die kassie uitspeel.

Suidooster

Zoë (Lauren Joseph) laat haar onsekerhede hierdie week die oorhand kry wanneer sy Angie (Char Carrie) op die ergste moontlike manier aanval. Wat volg, het my behoorlik na my asem laat snak. Om ’n swanger vrou só in gevaar te stel, is onvergeeflik in my oë.  

Intussen neem Ava (Simone Neethling) en Nazeem (Irvine van der Merwe) se plan ’n noodlottige wending. Net wanneer ek dink Nazeem kan my nie verder teleurstel nie, doen hy presies dít.  

Mymoena (Jill Levenberg) se speurderinstink skop weer in wanneer sy bekommerd raak oor haar man se nalatenskap en Ava se planne met die apteek. Ongelukkig is daar een raaisel wat selfs sy nie kan oplos nie en dit is die spanning tussen haar eie kinders. 

Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Suidooster is ook beskikbaar op Catch Up en DStv Stream.

Diepe Waters

Karla (Danielle Swanepoel) sukkel om haar geheim ’n geheim te hou en dit laat haar vriende by die klub behoorlik wilde afleidings maak. As ek sy was, sou ek ook nog nie haastig gewees het om enigiets te verklap nie. In Boskruin bly nuus mos nooit lank stil nie.

Ek het Zelda (Sandi Schultz) lanklaas só gespanne gesien. Sy is oortuig dat geskiedenis homself weer gaan herhaal en wanneer sy uitvind wie haar afpers, vermoed ek ons gaan ’n heel nuwe kant van haar sien. Sy sit behoorlik vas en iets sê vir my daar is nie ’n maklike uitweg nie. Ek wonder tog of karma haar uiteindelik ingehaal het.

Pam (Tracey-Lee Oliver) se huisopening verander intussen van die sosiale gebeurtenis van die jaar na absolute chaos. Die toneel het my laat dink aan Ariel en Ursula se konfrontasie in The Little Mermaid, net baie erger! Een ding is seker: niemand gaan hierdie dag gou vergeet nie.

Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Binnelanders

Iets gebeur hierdie week en Uys (Gerald Steyn) wens hy kon op die eerste vliegtuig klim. En dit lyk nie of die pad vorentoe maklik gaan wees nie.

Die Kosters se huishouding word behoorlik omvergegooi en skielik sukkel almal om met mekaar te kommunikeer. Gewoonlik beteken dit net moeilikheid en ek hoop regtig ons is nie oppad na nóg ’n rondte van familiedrama nie.

Joe (Roberto Kyle) kry ook nie kans om asem te skep nie. Hy en ’n paar ander bekende gesigte ontvang nuus wat hulle op ’n verrassende manier aan mekaar verbind. Al wat ek gaan sê, is dat ’n mens nooit besef hoe klein die wêreld werklik is totdat alles inmekaar begin pas nie.

Nuwe episodes van Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 19:30 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Daar is ook elke aand ’n herhaling van die episode om 23:30, asook Dinsdag tot Vrydag om 08:30.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
13

Wat om te kyk dié Vrouemaand: 13 reekse en rolprente waarin vroue die storie dryf

Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies