Menu terloops
In Sepies [11 Jan 2026]

Sepievoorskou: Een geliefde kry seer, een kry ’n ring, en een verdwyn!


Ons sepievoorskou vertel jou meer oor waarna jy hierdie week (12 tot 16 Januarie) in ‘Suidooster’ en ‘Skemergrond’ kan uitsien. Jy gaan dit nie wil misloop nie!

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Een geliefde kry seer, een kry ’n ring, en een verdwyn!

Die brein vergeet dalk van trauma, maar dit bly vir altyd in jou lyf. Dít is die les wat een van die sterkste vroue in sepieland hierdie week moes leer. Ongelukkig is daar min dinge so erg in die lewe vir ’n man met ’n ego so groot soos Tristan (Arno Greeff) s’n, as ’n sterk vrou nie…

Lees ons sepievoorskou vir meer oor die drama wat vandeesweek op ons sepies uitspeel. 

Skemergrond

Daar is hierdie week groot opwinding en paniek in Gemoedsdrift om alles perfek te kry vir een van die mees romantiese aande in Manny (Dirk Stoltz) se lewe. 

Ons almal weet dit kos niks vir Manny se kop om uit te hak nie, maar wanneer iets so belangrik is, lyk dit asof hy net-net dinge bymekaar kan hou. Die mense van Gemoedsdrift bewys weer dat dit ’n hele dorp verg om ’n towerland te skep en ’n mens kan nie help as om te wonder hoe lekker dit sou wees om in ’n gemeenskap soos dié te woon nie. 

Manny kry selfs ’n spesiale gas wat die belangrikste geskenk kom aflewer. Dit het sommer ’n groot knop in my keel veroorsaak, want Tillie (Deirdre Wolhuter) verdien hierdie oomblik ná al die hartseer waardeur sy al is. 

Sepierubriek, sepievoorskou, skemergrond
Tillie (Deirdre Wolhuter) verdien haar spesiale oomblik ná al die hartseer waardeur sy al is. Foto’s: Skermgrepe

Ongelukkig hou daai knop in die keel nie lank nie, want ander mense gaan die bloed in jou are behoorlik laat kook. Junior (Ayden October) veroorsaak dat JP (Charlton George), wat gewoonlik die kalmte self is, iets doen wat buite sy karakter is. Ongelukkig is dit nie net JP wat deur Junior se nuwe houding en filosofie geraak word nie. Selfs Louis (William Adams) verloor homself vir ’n oomblik. 

Maar daar is natuurlik een persoon wat haar opwinding nie kan wegsteek nie!

Skemergrond saai weeksdae uit om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.

Suidooster

Intussen voel dit asof 2026 glad nie op ’n goeie noot in Ruiterbosch afgeskop het nie. Dis asof die hele Ruitebosch om ’n kampvuur met ’n talking stick moet sit om dinge te kan uitpraat. Of alles nou regtig net ’n misverstand is, glo ek nie regtig nie, maar mens moet iewers begin. 

Almal het ’n appeltjie om te skil. As dit nie Tristan en Kaashifa (Jawaahier Petersen) is nie, is dit Siya (Gantane Kusch) en Bridgette (Denise Newman), of Zoë (Lauren Joseph) en Wade (Dean Smith). Dan praat ek nie eens van ons love birds Aiden (Theodore Jantjies) en Liné (Mila Guy) nie. 

En die een persoon wat rede het om kwaad te wees, ons eie Angelina Jantjies (Char Carrie), hou haar dom. Dit is genoeg om enigiemand vies te maak. Ek kan nie harder voor my TV sit en skree nie! Vir iemand so slim soos Angie maak die liefde jou soms simpel dinge aanvang. Nou moet arme Oos-Wes die prys betaal en vir wat? 

Liné het ook almal op hol, maar ten minste was alles nie hierdie week intens nie, want ek het darem lekker gelag toe Siya uitvind dat anoniem nie altyd anoniem is nie…

Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Suidooster is ook beskikbaar op Catch Up, DStv Stream en Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk in 2026: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

Van dáái yshokkiespelers tot ‘Bridgerton’ se Aspoestertjie-verhaal, die terugkeer van die geliefde vampierslagter Buffy en nog ’n 'Game of Thrones' spin-off – hier is ’n keur van die TV-reekse wat vanjaar op kykers wag.

Meer

Wat om te kyk: Sit dié reekse op jou moet-kyk-lysie vir Januarie 2026

Die volgende romantiese rondomtaliedans in 'Bridgerton', die terugkeer van die trefferreeks 'Een keer om die son', en die Afrikaanse weergawe van 'The Office' tel onder my top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Dís waar jy die 2026 Golden Globe-benoemdes plaaslik kan kyk

Van die heerlike derde seisoen van ‘The White Lotus’ en Seth Rogen se briljante ‘The Studio’ tot die ingrypende dramareeks ‘Adolescence’ en die fabelagtige fanfare in ‘Wicked: For Good’ – hier is al die reekse en films wat benoemings vir 2026 se Golden Globes ontvang het, én waar jy dit plaaslik kan kyk.

Meer
10

Wat om te kyk: 10 Kersfeesflieks vir die feestyd

Van een van die mees romantiese flieks van alle tye tot een baie, baie spesiale Kersbriefie – hier is ons keuse van Kersfeesflieks om oor dié feestyd te kyk. 

Meer
Sien alle opsies