Menu terloops
In Sepies [15 Feb 2026]

Sepievoorskou: Drie paartjies, twee geheime en een leuen…


Liefde is in die lug… of so het ek gedink! Ons sepievoorskou vertel jou meer oor waarna jy hierdie week (16 tot 20 Februarie) op ‘Binnelanders’, ‘Diepe Waters’ en ‘Suidooster’ kan uitsien.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Drie paartjies, twee geheime en een leuen…

Wanneer die liefde nie genoeg is nie, is daar niks beter as ’n sappige geheim of ’n lewensveranderende besluit om twee mense te bind nie. Maar hoe weet jy wanneer dit ware liefde of dit net jou verbeelding is? Lees ons sepievoorskou vir meer oor die drama wat vandeesweek op die kassie ontvou.

Binnelanders

Net toe Ella (Marlee van der Merwe) amper weer in warm water beland het, stuur die heelal uiteindelik vir haar ’n reddingsboot in die vorm van ’n boek. Ella ontdek dié week ’n briefie en in ware Ella-styl kan sy net nie dinge los as sy eers snuf in die neus gekry het nie. 

Wanneer die vonke tussen ou geliefdes eers begin spat is dit moeilik om dit te stop, maar wanneer daardie vonke in ’n veldbrand verander, beter jy hol! Dít is presies wat Ella doen, maar is dit ’n geval van te min, te laat? Sy is mos eintlik ’n magneet vir gevaar, so hierdie verrassende wending gaan dinge beslis interessant hou. Wat gaan sy met die inligting maak? Wie gaan sy vertrou? En meer belangrik: wie gaan haar vertrou? Kan jy raai watter sappige geheim Ella dié week per ongeluk ontbloot?

Nuwe episodes van Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 19:30 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Daar is ook elke aand ’n herhaling van die episode om 23:30, asook Dinsdag tot Vrydag om 08:30. 

Diepe Waters

Pam (Tracey-Lee Oliver) vertrou eenvoudig net te maklik vir mense en dit het haar nog altyd in die steek gelaat. Nadat Vuyelwa (Eve Rasimeni) almal verlede week as iemand uit die prins se verlede uit verras het, het Siseko (Chumani Pan) sy vrou probeer waarsku. Maar het hy vir Pam alles vertel, of is daar meer wat hy wegsteek? Niks van dit maak eintlik saak nie, want Pam gaan altyd haar eie kop volg al wil mens vir haar skree omdat die gevaartekens soos groot rooi ligte flikker! 

Oor Pam se vaardighede kan mens nie twyfel nie – sy is unstoppable – maar iets sit net nie reg wanneer dit by haar projek saam met Vuyelwa kom nie. Ná Vuyelwa se laaste stunt, is ek nou oortuig daarvan dat sy Pam se reputasie en besigheid probeer sink. Ek kon my eie tong insluk toe sy dáái oproep maak. Dalk moes Pam maar vir Siseko glo toe hy sê dat hy haar probeer beskerm! Maar wat het regtig gebeur en gaan Pam agter die kap van die byl kom?

Pam, Diepe Waters, sepievoorskou
Gaan Pam (Tracey-Lee Oliver) na Siseko (Chumani Pan) se waarskuwings luister? Ons leef in hoop! Foto’s: Skermgrepe

Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Diepe Waters is ook op Catch Up beskikbaar.

Suidooster

So gepraat van agter die kap van die byl kom – Elana (Esther von Waltsleben) vind uit dat Susan (Natasha van der Merwe) nie heeltemal eerlik is nie. Maar wat is ’n wit leuentjie tussen geliefdes as dit die ander se gevoelens gaan spaar? Wel… Wanneer dit jou toekoms beïnvloedl, is dit nogal redelik belangrik! 

Vra maar vir Zoë (Lauren Joseph) en Oliver (Stefan Erasmus)! Ek kan nou nie lieg en sê hulle is couple goals nie, maar dalk maak ’n romanse tussen hulle die pad oop vir ’n ander fan favourite paartjie om weer hul pad na mekaar te vind. Dit sou vir my ’n gelukkige einde vir die maand van liefde wees.

Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Suidooster is ook beskikbaar op Catch Up, DStv Stream en Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

kykNET se nuwe mini-dramareeks is ’n verhaal van verlies, vergifnis en hoop

Twee mans se paaie kruis in ’n ondersteuningsgroep ná die verlies van geliefdes. kykNET se 'Elke donker wolk' verken hoe ’n onverwagse vriendskap ruimte skep vir vergifnis, genesing en hoop.

Meer

Rubriek: Gaan griffel in Ouma se resepteboek! ‘Kokkedoor: Klassiek’ is terug! 

Ná ’n voorskou van die eerste episode laat 'Kokkedoor: Klassiek' vir Marteni Burger verlang na haar ouma se resepte én sien sy uit na nog skeppies nostalgie - met ’n knippie kombuisdrama en verrassende kinkels daarby.

Meer

Van die veld tot die kelder – kuier dié November saam met VIA

Van wildplase en wynkelders tot huise met karakter: VIA se November-aanbod beloof vars ontdekkings. Kuier saam met Shari Kennedy, Leandie du Randt, Frank Rautenbach en JP Quickelberge, en leer ken die mense, stories en plekke wat Suid-Afrika so besonders maak.

Meer

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer
Sien alle opsies