Menu terloops
In Sepies [13 Jul 2025]

Sepievoorskou: Dis op en af met die liefde in ‘Suidooster’, ‘Skemergrond’


Opwindende verwikkelinge in ‘Binnelanders’, geskenke wat iemand eerder moes los in ‘Suidooster’, en ’n paar onverwagte aankondigings in ‘Skemergrond’ sorg vir baie vermaak hierdie week. Lees ons sepievoorskou vir meer oor die drama wat vandeesweek op ons sepies uitspeel.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Dis op en af met die liefde in ‘Suidooster’, ‘Skemergrond’

Ons sepievoorskou vertel jou meer oor waarna jy hierdie week (14 tot 18 Julie) in SuidoosterBinnelanders en Skemergrond kan uitsien.

Suidooster

Terwyl almal toustaan vir Kaashifa (Jawaahier Petersen) se nuwe slaaisous, lyk dit asof alle geskenke nie ’n bederf is nie.

Wie ook al vir Justin (Eden Classens) laat dink het dat dáái geskenk romanties is… is seker erg enkellopend! As ’n man vir my só ’n geskenk gebring het, het ek hom terug na sy ma toe gestuur. Want watse bedoelings lê agter dit? Of was dit nou regtig met ’n goeie hart gegee? Ek weet nie, maar ek blameer Frankie (Mienke Ehlers) glad nie vir haar reaksie nie. En haar aanvanklike reaksie is korrek bewys toe daardie ramp hulle tref. Kyk, geen wonder hul verhouding is deesdae so op en af nie. Ons kyk maar hoe hierdie situasie gered kan word. Dis nou as daar nog iets te redde is… no pun intended!

Daar’s ook een goodbye wat erg aan mens se hartsnare trek, so kry maar die tissues gereed.

Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Suidooster is ook beskikbaar op Catch Up, DStv Stream en Showmax.

Binnelanders

So gepraat van situasies wat dalk nie gered kan word nie… Delia (Odelle de Wet) is terug, maar as ek sy was, sou my kaartjie Thailand toe ’n one-way een wees. Al sy sien nog kans om Binneland te red, weet sy net nie dat haar bestie Amor (Laura-Lee Mostert) steeds teen haar konkel nie. Amor is so slinks sy het selfs vir Riaan (Erik Holm) nou om haar pinkie gedraai.

Intussen is daar darem nie net slegte nuus in Binneland nie. Naomi (Je-ani Swiegelaar) dink hierdie week hard oor ’n voorstel wat haar geliefde man gemaak het. En haar besluit veroorsaak ’n kettingreaksie wat meer as een persoon gaan raak. Sy word ook onkant gevang wanneer iemand in die hospitaal beland.

Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 19:30 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitgesaai. 

Skemergrond

Dit is hierdie week matriekdans week, maar soos in die werklike lewe is daar altyd drama rondom die dans. Daar is altyd ’n break-up, ’n nuwe paartjie wat hul verhouding aankondig en ’n eks wat opdaag om dinge deurmekaar te maak. Skemergrond is glad nie ’n uitsondering nie en nes in die werklike lewe, gebeur dit presies só op Gemoedsdrift hierdie week. Maar in ’n verrassende wending kry Lily (Hildegardt Whites) meer as net ’n corsage by hierdie matriekdans!

’n Nuwe inwoner het die dames op hol, maar hy is glad nie wie mens verwag nie en dít is wat vir my so verfrissend is. Ek weet al sommer hier kom lekker kinkels en groot sports met hierdie nuwe karakter. Ek’t lanklaas so ’n interessante kalant gesien! 

Skemergrond saai weeksdae uit om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies