Menu terloops
In Sepies [21 Mei 2023]

Sepievoorskou: Dis net geheime en verraad waar jy kyk in ‘Diepe Waters’, ‘Suidooster’ & ‘Binnelanders’


Hou vas aan jou stoel! Ons het die inside scoop oor hierdie week se lekkerste, skokkendste (en soms belaglikste) sepie-storielyne. Waarna kan jy hierdie week (22 tot 26 Mei 2023) op ‘Suidooster’, ‘Diepe Waters’ en ‘Binnelanders’ uitsien?

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Dis net geheime en verraad waar jy kyk in ‘Diepe Waters’, ‘Suidooster’ & ‘Binnelanders’

Diepe Waters

Hierdie week bereik ons ’n klimaks rondom een van die karakters se grootste geheime. Ja, die geheim is uit, maar watter geheim is dit hierdie keer? Daar is mos wraggies meer geheime as swemmers in Diepe Waters.

Maar hierdie een gaan die gemeenskap ruk en mense twee keer oor hul plek in die web van leuens laat besin. Soms is jy die jagter en soms word jy gejag. Hierdie week moet ’n klompie karakters besluit aan watter kant van dié vergelyking hulle is.

Dit is maar deurmekaar by die Swartmarlyne, maar daar is ook verhoudings wat uiteindelik besig is om te blom. Van dié verhoudings gaan kykers skok en ander gaan jou weer na jou geliefdes verlang.

Al wat ek weet, is dat selfs as dit goed gaan, is die messe steeds uit. Jy moet altyd een tree voor jou kompetisie in Diepe Waters wees.

Kyk Diepe Waters op Catch Up en DStv Online.

Suidooster

Een van die grootste pyne en teleurstellings in die lewe is as jy besef dat jou geliefdes jou nie onvoorwaardelik lief het nie. En as hierdie waarheid onthul word, het jy oënskynlik twee keuses: Aanvaar dit, of neem wraak.

Hierdie week in Suidooster kom die kloue uit! Daar is soms keuses wat net té seer maak en dan is dit nie maklik om om te draai en die verlede agterweë te laat nie. Tog, terselfdertyd is dit belangrik om te besef dat dinge nie altyd is soos wat jy dink dit is nie. Misverstande gebeur mos. Maar ander tye vang die waarheid jou onkant en slaan jou voete onder jou uit! Dít is wanneer jy diep seerkry.

Dit is maklik om iemand in jou familie te verwelkom, maar soms moet jy versigtig wees met hoe vinnig jy iemand vertrou. Stephanie Forrester van The Bold and the Beautiful weet waarvan ek praat… Hierdie sepie-ikoon en moederhen het altyd gaaf en sjarmant voorgekom, maar agter toe deure het sy ’n slinkse kant gehad en het nooit haar vyande naby haar geliefdes toegelaat nie.

Ons sien hierdie week ’n paar storielyne uitspeel wat my beslis aan die familie-drama en kinkels in ’n juicy episode van The Bold and the Beautiful herinner. Dis so lekker om te kyk, maar tog so onnodig vir die drama wat die meebring.

En dit lyk vir my asof nog ’n karakter besig is om die kluts kwyt te raak…

Kyk Suidooster op DStv Online.

Binnelanders

Hou aan jou stoel vas, want hierdie week se onthulling gaan jou sommer agteroor laat val!

Ek het nou al vir weke die gevoel gekry dat dinge nie heeltemal reg is in een van die huishoudings nie en wraggies! Ek het net weereens besef dat my gut nooit verkeerd is nie, want daar kruip toe nog ’n psigopaat onder ons neuse weg!

Die vervaardigers weet net hoe om dié karakters te kies, want ek is altyd stomgeslaan. Vriendskappe en verhoudings word ook hierdie week tot die uiterste getoets – maar wie gaan sink en wie gaan swem?

Kyk Binnelanders op DStv Online

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Silwerskermfees 2024: Waar en wanneer om vanjaar se kortfilms die week op TV te kyk

Vanjaar se Silwerskermfees het weereens voortgebou op meer as ’n dekade se ontwikkelingsprojekte in die plaaslike filmbedryf – en die eerste sarsie stories word hierdie Saterdagaand, 7 September 2024, op kykNET uitgesaai.

Meer

‘Wyfie’: Jou kykgids vir September 2024

Amanda kom voor moeilike besluite te staan en Kyla is in ’n desperate situasie verstrengel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer
12

12 klassieke chick flicks en reekse om te kyk

Gryp die popcorn en rosé en kyk ’n paar van die mees ikoniese chick flicks en reekse wat ons oor die jare vermaak en geïnspireer het. Of jy nou lus is vir ’n lekker romcom, ’n hoërskooldrama, of ’n feel good-reeks, hierdie lys van 12 throwback-juwele is beskikbaar op jou gunsteling-stromingsplatforms.

Meer

Redakteurskeuse vir Augustus 2024: ’n ‘Eksie Perfeksie’-romkom, beste seisoen nog van ‘Fargo’, en meer

Wat om te kyk: Die tweede seisoen van die epiese TV-vertelling van 'Lord of the Rings', heerlike humor in 'JACKPOT!', die Afrikaanse romkom, 'Eksie Perfeksie' en die ongelooflike historiese drama, 'The Tattooist of Auschwitz', tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies