Menu terloops
In Sepies [24 Nov 2024]

Sepievoorskou: Die nood druk in ‘Binnelanders’, verraad in ‘Skemergrond’


Daar word hierdie week net kwaad aangevang… Vir sommige mense werk dit in hul guns en vir ander nie.  Lees ons sepievoorskou om meer oor vandeesweek se sepiedrama uit te vind.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Die nood druk in ‘Binnelanders’, verraad in ‘Skemergrond’

Hier is waarna jy hierdie week (25 tot 29 November) op Suidooster, Binnelanders en Skemergrond kan uitsien.

Binnelanders

Henry (Francois Lensley) is siek van bekommernis ná Riekie (Zandélle Meyer) se belangrike operasie en kleef aan enige hoop wat hy kan kry. Maar ná iets in die hospitaal gebeur, verander alles. Nou moet hy nog harder werk om sy dogter te beskerm. Gaan hy dit berou of ou foute herhaal? Intussen is daar ook spanning tussen hom en Ella (Marlee van der Merwe), al probeer sy hom ten spyte van haar eie uitdagings bystaan. Ella is beslis ’n beter mens as ek, want daar is geen manier dat ek Riekie sou glo of vertrou nie. Al het sy ’n gewas is dít nie ’n get out of jail free-kaartjie nie, al dink haar pa dit is. Boos bly boos in my boekies. 

Nicolette (Kate Roothman) en Joe (Roberto Kyle) word gedwing om saam te werk, nadat paniek ongevalle tref, maar Tertius (Reynard Hugo) is glad nie impressed met ’n noodbesluit wat hierdie twee moet maak nie.  Hierdie twee is regtig onnodig en Nicolette moet vir ’n slag van haar high horse klim. 

Bets (Antoinette Kellermann) is steeds besig met haar planne en wil haar geliefde Connie (Hykie Berg) by haar nuutste scheme in trek, maar in ’n verrassende wending is haar oë nou op iemand anders.  

Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 19:30 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitgesaai. 

Suidooster

Kaashifa (Jawaahier Petersen) se gesondheid is ’n groot bekommernis vir haar familie, maar veral vir haar besigheid. Hoe sy vir Nazeem (Irvine van der Merwe) kon vertrou, weet ek nie, maar hy maak hierdie week weer besluite wat Emir gaan beïnvloed. Nee, kyk, ek sal maar baie desperaat moet wees as ek vir Nazeem in my restaurant gaan loslaat. 

Aiden (Theodore Jantjies) het gedink twee anties sou meer betroubaar in sy besigheid wees as een Nazeem, maar Kate (Annelisa Weiland) en Mymoena (Jill Levenberg) bewys hom verkeerd en veroorsaak net moeilikheid. Ten minste vind hulle iets uit wat hom kan help om sy besigheid te red. Nou moet Aiden net iets daaroor doen. 

Ek het nie meer woorde wanneer dit by Lee-Ann (Portia Joel) kom nie. Vir ’n ma hou sy darem daarvan om met vuur te speel. Pleks sy eerder haar energie op haar gesin spandeer, maar nee, sy is weer besig met kwaad wat haar in die tronk kan laat beland. As Lee-Ann dit sonder wonde of terapie uit hierdie situasie maak, sal ek baie verbaas wees. Dit is belaglik hoeveel tyd sy aan haar nuwe vriendskap spandeer. Dit is totaal onvanpas en gevaarlik, maar sy volg mos altyd haar eie kop.  

Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Suidooster is ook beskikbaar op Catch Up, DStv Stream en Showmax. 

Skemergrond

Patty (Gretchen Ramsden) kom uiteindelik agter die kap van die byl en dit gaan kykers beslis verras. Wat sy met dié inligting doen, gaan mense nog meer verras. Ek weet regtig nie hoe Patty of haar danskollegas in die dorp vir solank geheime kan wegsteek nie, maar dit is ’n groot tema vir Everlasting-inwoners. 

Hazel (Carmen Maarman) word uiteindelik deur Christine (Devonecia Swartz) in die rug gesteek op die manier wat die seerste maak. Hazel is nou nie my gunsteling nie, sy kan maar soms onnodig wees, maar sjoe, my hart het vir haar gebreek in daardie toneel. Praat van rof!! 

Ronnie (Mario Haupt) het gelyk asof hy sy bene gaan breek om agter Hazel aan te hardloop, maar spyt kom mos altyd te laat. Ek wonder wat die span op Everlasting gaan sê oor die nuwe verwikkelinge…

Louis (William Adams) se hart is so gebreek oor Amber (Talia Davis) dat hy nou heeltemal sy pad verloor het. Ek het nooit verwag dat hy só sou uitdraai nie, maar pyn laat ’n mens darem snaakse dinge aanvang.  

Skemergrond saai weeksdae uit om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-kykgids vir April 2025

Aline weier om met Antônio te onderhandel terwyl al wat ’n man is oënskynlik ook op haar verlief is... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in April. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies