Menu terloops
In Sepies [3 Aug 2025]

Sepievoorskou: Delia op die wraakpad in ‘Binnelanders’, sprokies en spoke in ‘Suidooster’


Spoke van die verlede stook kwaad en saai onmin in ‘Suidooster’ en ‘Skemergond’, terwyl wraak in ‘Binnelanders’ en ‘Diepe Waters’ op die agenda is. Lees ons sepievoorskou vir meer oor wat vandeesweek in jou gunsteling-sepie gaan gebeur. 

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Delia op die wraakpad in ‘Binnelanders’, sprokies en spoke in ‘Suidooster’

Ons sepievoorskou vertel jou meer oor waarna jy hierdie week (4 tot 8 Augustus) in Diepe Waters, Suidooster, Binnelanders en Skemergrond kan uitsien.

Suidooster

Hulle sê gewoonlik een se dood is die ander se brood, maar nou hoe gemaak as iemand weer uit hul dood wil opstaan en skielik weer kans sien vir die lewe? Dit is die penarie waarin Bianca (Simone Biscombe) haarself nou bevind. Maar nes Bianca sou ek ook vir my stukkie brood baklei! Mens kan mos nie heeltyd na iemand anders se pype dans nie. Ek sou presies dieselfde reaksie gehad het! Ja, dit is nou wel nie haar week nie, maar ten minste het haar ongeluk vir ’n ander sprokieseinde gesorg… En wow! Was daardie uitrustings nie mashala nie!

Dit help natuurlik niks vir Zimpie (Irvine van der Merwe) met sy spookraaisel nie…

Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Suidooster is ook beskikbaar op Catch Up, DStv Stream en Showmax.

Skemergrond

Maar dit is nie net spoke uit die verlede wat probleme veroorsaak nie. Soms is dit wel ’n springlewendige lyf met beachy waves en ’n cocktail in haar hand wat jou ondergang kan beteken. Nee wat, ek het geweet Bernadette (Siobhan Hodgson) bring moeilikheid, maar selfs ek kon nie voorspel hoeveel nie. Die liefde – of te veel cocktails – kan ’n mens darem dom besluite laat maak.

Ek dink Manny (Dirk Stoltz) gaan kykers hierdie week skok met hoe ver hy vir Bernadette gaan toelaat om met sy kop te smokkel. Tillie Maritz (Deirdre Wolhuter) beter vinnig intree, want dinge raak nou intens en dié trein gaan binnekort ontspoor. Ten minste kry Dominee Wayne (Denver Vraagom) uiteindelik ’n deurbraak.

Skemergrond saai weeksdae uit om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.

Binnelanders

En gelukkig is sy deurbraak nie die enigste een nie! Toe Delia (Odelle de Wet) daai troefkaart ontdek, het ek, “Halleluja!” geskree. Maar toe ek besef wat sy daarmee wou aanvang, het ek my “halleluja” sommer teruggetrek. Só kan ek nie my dankbaarheid op bose dinge mors nie.

Delia het die afgelope paar maande uiteindelik ons harte weer gesteel en in ’n suksesvolle, liefhebbende persoon verander, maar ek hoop regtig nie dat hierdie uitdaging waarmee sy nou sukkel haar weer in ’n skurk gaan verander nie! Die switch word mos vinnig tussen goed en sleg geflip in sepieland, maar ek bid van harte dat ons nie weer Delia die draak gaan sien nie. Ek het regtig daai showdown in Delia se kantoor geniet. Amor (Laura-Lee Mostert) was speechless en ek het al vergeet hoe intens Delia kan wees. Sy het dit nie sien kom nie!

Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 19:30 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitgesaai. 

Diepe Waters

Ou gesigte in Boskruin laat harte hierdie week vinniger klop. Ek kan nie besluit of dit my opgewonde of senuweeagtig moet maak nie. Daar is een paartjie wat ek regtig hoop weer bymekaar gaan uitkom en een wat ek hoop nie weer in ’n toxic verhouding gaan opeindig nie. Soms moet mens maar net aanvaar dat julle nie vir mekaar bedoel is nie. Tog klink dit asof daar wel dubbele trouklokke in een huishouding gaan lui.Terwyl arme Lettie (stephanie Baartman) se hart ook net-net uithou. 

Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Diepe Waters is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Binnelanders’-kykgids vir Augustus 2026

Die waarheid oor ’n dokter lei tot ’n dramatiese wending en Joe is desperaat om vrae oor sy identiteit te beantwoord. Dít en nog meer is wat op ‘Binnelanders’-kykers vandeesmaand wag.

Meer

Jou ‘Diepe Waters’-kykgids vir Augustus 2026

Jacques en Theresa se groot dag breek aan, terwyl Karla en Arno nie tot ’n vergelyk kan kom nie. Hier is waarna 'Diepe Waters'-kykers in Augustus kan uitsien.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir Augustus 2026

Mike maak (weer) droog, Kaashifa vind iets skokkend uit en die Samsodiens sien rooi... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in Augustus kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies