Menu terloops
In Sepies [25 Jan 2026]

Sepievoorskou: Almal soek geregtigheid… maar wie gaan dit kry?


Van Ruiterbosch tot Pretoria is daar paartjies, families en selfs dokters wat hulself hierdie week in een of ander stryd bevind. Ons sepievoorskou vertel jou meer oor waarna jy hierdie week (26 tot 30 Januarie) in ‘Binnelanders’, ‘Suidooster’ en ‘Diepe Waters’ kan uitsien. 

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Almal soek geregtigheid… maar wie gaan dit kry?

Van Ruiterbosch tot Pretoria is daar paartjies, families en selfs dokters wat hulself hierdie week in een of ander stryd bevind. Soms is dit beter om jouself te red terwyl jy nog kan, maar ander tye moet jy die pak vat en die stem vir jou gemeenskap wees. Maar dis nie ’n maklike keuse nie en daar is voor- en nadele aan beide…

Lees ons sepievoorskou vir meer oor die drama wat vandeesweek op die kassie uitspeel. 

Binnelanders 

Dit voel asof die skrywers by Binnelanders ’n weddenskap onder mekaar het om te sien wie se pen nou finaal Bonnie (Antoinette Modise) se liefdeslewe gaan verwoes. 

Nes ek dink Bonnie uiteindelik die liefde van haar lewe ontmoet het, kom daar nog ’n kinkel. Sy kan nooit net gelukkig en smoorverlief wees nie, dit moet altyd ingewikkeld of verdoemde liefde wees. Bonnie het nou wel ’n droomman gevind, maar haar keuses maak dinge baie moeilik vir haar by die huis. En om eerlik te wees, kry ek haar nie té jammer nie, want sy’s nie heeltemal onskuldig nie. Maar oorreageer ander ook dalk? 

In plaas daarvan om Binneland se power couple te wees bevind Uys (Gerald Steyn) en Nicolette (Kate Roothman) altyd hulself in die rol van Binneland se eie Sherlock Holmes en dr. Watson. Maar Nicolette dra beslis Sherlock se broek, terwyl Uys net nie kan nee sê nie. Nicolette kom op baie belangrike inligting af wat Uys se verhouding met Jane Doe (Celeste Loots) ongelukkig dramaties gaan verander. Almal soek antwoorde!

Sepievoorskou, Binnelanders
Nicolette (Kate Roothman) kom op baie belangrike inligting af wat Uys se verhouding met Jane Doe (Celeste Loots) dramaties gaan verander.

Nuwe episodes van Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 19:30 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Daar is ook elke aand ’n herhaling van die episode om 23:30, asook Dinsdag tot Vrydag om 08:30. 

Suidooster 

Nicolette is nie die enigste sepievrou wat haar lyf speurder hou nie. Maak nie saak hoeveel keer Elana (Esther von Waltsleben) vir Susan (Natasha van der Merwe) waarsku nie, dit voel asof sy elke paar maande in ’n ander lokval beland. Ander mense hardloop wanneer hulle gevaar sien, maar nie Susan nie. Sy is soos ’n magneet – gevaar vind haar altyd. 

Maar hierdie keer is anders, en geen wonder Elana is so bekommerd nie. 

I love it when art imitates life! En nes Suid-Afrikaners is die inwoners van Ruiterbosch ook op pad stembus toe in 2026. Die wyksraadslid-kandidate word hierdie week aangekondig en julle gaan wil inskakel om te sien wie nou op die raad wil dien. lets sê vir my hier kom groot sports! Ek sit nou al gereed met die popcorn om te sien wie die gemeenskap se belange regtig op die hart dra.

Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Suidooster is ook beskikbaar op Catch Up, DStv Stream en Showmax. 

Diepe Waters 

Hoe ver is te ver? Die Viljoens staar hierdie week as familie hul grootste uitdaging in die gesig. Is dit dalk die deurbraak waarvoor Leandri (Christel van den Bergh) gebid het? Of die een ding wat Schalk (Izak Davel) met alles in hom probeer keer het?

Ek het empatie met iemand wat hul gesin wil red, maar wat Schalk hierdie week doen, sal min mense kan vergewe. Maar of hy Boskruin se vergifnis verdien, weet ek ook nie! Hy laat die hare op my arms regop staan, so ek sal bly wees as hy finaal sy toekoms in Boskruin verwoes het. Praat van ‘n meesterklas in self–destruction. 

Jy moet weet as Gys (Justin Strydom) soos ’n engel in vergelyking lyk, is dinge erg. Maar hierdie week is ’n wonderlike week vir Gys. Hy deel nie net wysheid uit nie, hy sorg ook sommer vir lekker vermaak!

Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Diepe Waters is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

kykNET se nuwe mini-dramareeks is ’n verhaal van verlies, vergifnis en hoop

Twee mans se paaie kruis in ’n ondersteuningsgroep ná die verlies van geliefdes. kykNET se 'Elke donker wolk' verken hoe ’n onverwagse vriendskap ruimte skep vir vergifnis, genesing en hoop.

Meer

Rubriek: Gaan griffel in Ouma se resepteboek! ‘Kokkedoor: Klassiek’ is terug! 

Ná ’n voorskou van die eerste episode laat 'Kokkedoor: Klassiek' vir Marteni Burger verlang na haar ouma se resepte én sien sy uit na nog skeppies nostalgie - met ’n knippie kombuisdrama en verrassende kinkels daarby.

Meer

Van die veld tot die kelder – kuier dié November saam met VIA

Van wildplase en wynkelders tot huise met karakter: VIA se November-aanbod beloof vars ontdekkings. Kuier saam met Shari Kennedy, Leandie du Randt, Frank Rautenbach en JP Quickelberge, en leer ken die mense, stories en plekke wat Suid-Afrika so besonders maak.

Meer

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer
Sien alle opsies