Menu terloops
In Sepies [31 Okt 2022]

Sepies: Wraggies ’n vierde ‘7de Laan’-karakter wat die hiernamaals fnuik… Gaap!


Daar is nog net twee maande oor in 2022, maar as die afgelope twee weke enige aanduiding is van wat voorlê, sluit ons die jaar met ’n behoorlike slag in Sepiewêreld af.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepies: Wraggies ’n vierde ‘7de Laan’-karakter wat die hiernamaals fnuik… Gaap!

Sepies op ons radar vandeesweek is 7de Laan, Suidooster en Arendsvlei.

In Ruiterbosch is inwoners geskok nadat die dominee se dogter by die kerk aangeval en vermoor is. Dít terwyl Hillside-inwoners kopkrap oor Aggie (Nobuhle Mimi Mahlasela) se verkragting en die vierde Hillsider wat toe NIE regtig dood is nie. Dinge is so intens ek wil skaars opstaan om badkamer toe te gaan… Dalk mis ek iets!

Dankie tog vir streaming en DStv Catch Up, want as ons nog in die dae van live TV en M-Net se Oopkyktyd geleef het, sou ek moes knyp.

7de Laan   

Almal dink die arme pasgetroude Romeo (Clint Aplon) het Aggie verkrag, omdat hy rondom dieselfde tyd naby die kliniek, met sy broek se zip af, gesien is. Eish! Praat van op die verkeerde tyd op die verkeerde plek wees. Ek glo vir hom, want die man is te smoorverlief en is deur hel nadat sy pa verdwyn en toe weer teruggekom het. Hy is ook een van die gaafste ouens in Hillside. Ek glo nie dat hy dit nooit aan Aggie sou doen nie…. Sy is immers ’n goeie vriendin. Ai shame, dat iets só terrible met Aggie van alle mense moes gebeur. Sy is almal se staatmaker en is tog street smart, maar wys jou net – dit kan met enige persoon gebeur.

Vanessa (Ingrid Paulus) het verlede week ’n hele ander tipe skok gekry toe sy uitvind haar oorlede man lewe nog. Lyk my Hillside wil dan nou met Days of our Lives battle, want dit is nou al die vierde feniks-geval. Ek het letterlik op my rug gelê en kraai van die lekkerte toe Vanessa sê: “Wat gaan aan in Hillside? Eers was dit Neville, toe Marvin en Werner wat uit die dood uit terugkom. Nou Xander! Wie is volgende… Madel Terreblanche?” Beter kon ek dit nie stel nie. Ek het wel gewonder of Vanessa net dramaties is en of ons dalk wel nog ’n onverwagte verskyning sal sien. Niks is onmoontlik in sepiewêreld nie en Madel se seun, Tiaan (Frank Rautenbach), het ons reeds onlangs verras met sy blast from the past-verskyning.

Kyk 7de Laan op DStv Online.

Suidooster

Elana (Esther van Waltsleben) se leuens is besig om Susan (Natasha van der Merwe) en Justin (Eden Classens) se verhouding te vernietig. Hierdie keer dink ek nie Justin is onredelik nie. Ek sou ook ’n groot scene gemaak het as my meisie elke aand saam met haar eksvrou in die bed spring. Of sy dit nou geniet of nie, is irrelevant. Verkeerd bly verkeerd! Elana moet haar big girl panties aantrek en vir haar ma die waarheid van haar egskeiding vertel.

Ongelukkig is hierdie love triangle se probleme die minste van mense se worries in Ruiterbosch. Die saggeaarde en sjarmante Anja (Monique Basson) is verlede week vermoor. Die ding wat my die meeste pla, is die feit dat sy haar moordenaar geken het. Toe sy hom sien, was sy verbaas en sy het hom nog gegroet voordat hy haar vermoor het. So wie is dit? Want dit is nie asof daar duisende mense in Ruiterbosch woon nie! Ons ken die moordenaar en ek is nou baie nuuskierig oor wie dit kan wees en hoekom hulle dit gedoen het.

Kyk Suidooster op DStv Online.

Arendsvlei

Lennie (Dann Jaques Mouton) probeer so hard om iets van sy lewe te maak, maar hy kan net nie van sy verlede ontsnap nie. Die siek Rikus (William Adams) het toe sy move gemaak, soos ons voorspel het, maar light weight Lennie was te vinnig vir hom. Lennie was ook te kwaad en te sterk, en nes met Rikus se pa het Lennie hom amper na sy dood toe gestuur. Ons sal maar moet sien hoe dinge vir Lennie dié week uitdraai. Ons hoop maar Rikus oorleef, anders is dit dalk terug tronk toe vir Lennie.

Kyk Arendsvlei op DStv Online.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

20

Wat om te kyk: 20+ gewilde boeke wat in TV-reekse omskep is

Van 'Recipes for Love & Murder' en 'Reënboogrant', tot 'Spooksoeker' en 'Dinge van ’n kind' – soveel boeiende boeke wat omskep is in soveel skitterende TV-reekse. Hier is ons keur van dié reekse wat jou gaan bekoor, inspireer en ontroer.

Meer

Wat om te kyk in 2025: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

‘White Lotus’, ‘The Last of Us’, ‘The Handmaid’s Tale’ en nog keer met opvolgseisoene na die kassie terug, terwyl nuwe skeppings soos ‘Suits L.A.’, ‘The Pitt’ en ‘Zero Day’ – met Robert de Niro wat vir die eerste keer in sy loopbaan van nagenoeg ses dekades in ’n TV-reeks speel – ook wag. Daar is inderdaad baie, baie lekker televisie om na uit te sien in 2025.

Meer

Plaaslike stories kraai koning met kyksyfers op Showmax

Uit die tien reekse wat die meeste in 2024 op Showmax gestroom is, was nege plaaslike produksies met slegs HBO se epiese fantasiereeks, 'House of the Dragon', wat met Suid-Afrikaanse storievertellers kon meeding. 

Meer

Golden Globes 2025: Waar om vanjaar se wenners te stroom

Van die meesterlike en epiese historiese drama ‘Shõgun’ tot die vlymskerp komedie ‘Hacks’ – hier is waar jy die reekse en films wat vanjaar beeldjies by die Golden Globes ingepalm het, kan kyk.

Meer
Sien alle opsies