Menu terloops
In Sepies [6 Jun 2022]

Sepies: Liefde, wraak, en (ongeloofwaardige) storielyne om dié week dop te hou


Hierdie is die sepies met die lekkerste, skokkendste (en soms belaglikste) storielyne hierdie week. Moenie dié hoogdrama misloop nie.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepies: Liefde, wraak, en (ongeloofwaardige) storielyne om dié week dop te hou

Nee kyk, verlede week het ons plaaslike sepies omtrent om liefde en wraak gedraai. Van ou getroudes wat mekaar weer vind tot massamoord-pogings – mense het beslis hul ware kleure gewys. Maar… kan ons asseblief seker maak dat die storielyne wel net ’n bietjie geloofwaardig is? Net ’n tirtseltjie?

Suidooster

Ek het mos gesê Carmen (Desiré Gardner) is net in Ruiterbosch om moeilikheid te maak.

Ek was so bly toe Rhafiek (Irshaad Ally) geweier het om Carmen te sien. Ek sou ook nog bitter gewees het as my eggenoot my tydens die moeilikste tyd in ons lewens gelos het en avontuur oorsee gaan soek het.

Ná hul seun se dood, was Rhafiek stukkend en het Carmen hom net daar gelos om alleen die stukke op te tel. Nou wil sy hom terughê! Ek sou nie vir haar tranetrekker-stories val nie. Ongelukkig het Rhafiek in ’n swak oomblik ingegee en ’n aand van passie met Carmen gedeel. Nou kan hierdie een aand Rhafiek se verhouding met Kaashifa (Jawaahier Petersen) heeltemal vernietig.

Ek wil graag hê “Rhashifa” se verhouding moet hierdie een oorleef, maar wie weet hoe die wind in Ruiterbosch gaan waai. Gaan Rhafiek vir Kaashifa vertel? Die seisoene het gedraai en al word die aande koeler en die dae korter gaan dinge vuurwarm (vir sommiges té warm) in Ruiterbosch raak die maand.

Kyk Suidooster op DStv Online.

7de Laan

Ek hou van drama, maar dit moet ook darem realisties wees. In ’n baie dramatiese toneel het die bedroefde ma Erika Basson (Corine du Toit) in die kliniek ingestap, ’n vuurwapen op Rickus Welman (André Lotter) gerig en hom van agter in die kop geskiet. Maar gelukkig vir hom het die koeël sy skedelbeen getref en afgewyk, sonder om sy kop te penetreer. Sommige sal dit ’n wonderwerk noem, maar ek het maar net my kop geskud en gelag. Hoe oorleef jy ’n koeël teen die kop van naby én skrik jy sommer die volgende dag wakker? En dít sonder enige neurologiese probleme! Heeltemal te goed om waar te wees. Veral as ’n mens in ag neem hoekom Erika vir Rickus wou doodmaak. Hy het haar seun, Shawn (Deanré Reiners), tydens ’n fratsongeluk vermoor toe hy ’n sjampanjebottel oopgemaak en die kurk Shawn teen sy kop getref het.

Ja dis reg, Shawn het nie ’n sjampanjebottel se kurkprop oorleef nie, maar Rickus word in die kop met ’n koeël geskiet en praat al weer die volgende dag asof niks met hom gebeur het nie. Ek weet nie of ek daardie skryfwerk moet komplimenteer en of ek maar net my oë moet rol nie. Selfs vir sepiewêreld is dit net té belaglik.

Erika was egter nie die enigste ouer wat wraak geneem het teen die Welmans nie. 

In nog ’n dramatiese wending, het DeWet Basson (Dirk Stoltz) se vendetta teen die Welman-gesin verlede week ’n hoogtepunt bereik.

Hy het amper ’n massamoordenaar geword toe die hele Welman-gesin een vir een tydens sy se troue flou geword, en in ’n koma beland het. Chris Welman (David Rees), Miriaan Welman (Deirdre Wolhuter) en hul kinders Amorey (Kristen Raath), Alexa (Carina Nel) en Fikani (Nicholas Nkuna) is vergiftig en natuurlik sit DeWet agter alles. Hy is nou al vir ’n tydjie op die oorlogspad omdat Rikus vir Shawn vermoor het en sy ouers dit help toesmeer het.

Die Welmans is egter soos ’n kat met nege lewens en almal het wonderbaarlik herstel.

Kyk 7de Laan op DStv Online.

Arendsvlei

In ’n verrassende wending was dit toe nie die gyselaarsituasie wat ek verwag het nie! Morné (Marunzo Thomas) was nog meer siek as wat ek gedink het. Dit het my sommer weer laat besef hoekom ek nie onderwys gaan swot het nie.

Kinders kan evil wees en lyk my dit is nie net in die klaskamer nie. Morné het ’n hele hok vol persoonlike besittings van Alta-Marie (Roeline Daneel) gehad en boonop haar man se dood haarfyn beplan.

As Caleb nie iets agtergekom het nie, sou Alta-Marie verlede week op haar man se verbrande lyk afgekom het. Gelukkig is Morné nou in hegtenis geneem en kan ons hopelik aanbeweeg.

Ek wens ek kon dieselfde van Ingrid sê, want hierdie een se planne en schemes wil net nie ophou nie. Ons wag al vir vier seisoene om te sien hoe hierdie een se reign of terror gaan eindig. Kom ons kyk wat gebeur wanneer sy Jeremy, aka David Abrahams, se döbbelganger raakloop. Dit sal nie die enigste skok vir inwoners wees nie… Ek hoor nog ’n ou gesig gaan mense se voete onder hulle uitslaan. Wie kan dit wees en hoekom is hulle terug?

Kyk Arendsvlei op DStv Online.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Silwerskermfees 2024: Waar en wanneer om vanjaar se kortfilms die week op TV te kyk

Vanjaar se Silwerskermfees het weereens voortgebou op meer as ’n dekade se ontwikkelingsprojekte in die plaaslike filmbedryf – en die eerste sarsie stories word hierdie Saterdagaand, 7 September 2024, op kykNET uitgesaai.

Meer

‘Wyfie’: Jou kykgids vir September 2024

Amanda kom voor moeilike besluite te staan en Kyla is in ’n desperate situasie verstrengel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer
12

12 klassieke chick flicks en reekse om te kyk

Gryp die popcorn en rosé en kyk ’n paar van die mees ikoniese chick flicks en reekse wat ons oor die jare vermaak en geïnspireer het. Of jy nou lus is vir ’n lekker romcom, ’n hoërskooldrama, of ’n feel good-reeks, hierdie lys van 12 throwback-juwele is beskikbaar op jou gunsteling-stromingsplatforms.

Meer

Redakteurskeuse vir Augustus 2024: ’n ‘Eksie Perfeksie’-romkom, beste seisoen nog van ‘Fargo’, en meer

Wat om te kyk: Die tweede seisoen van die epiese TV-vertelling van 'Lord of the Rings', heerlike humor in 'JACKPOT!', die Afrikaanse romkom, 'Eksie Perfeksie' en die ongelooflike historiese drama, 'The Tattooist of Auschwitz', tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies