Menu terloops
In Sepies [9 Jan 2023]

Sepies: Is Kaashifa en Rhafiek se liefdesstorie finaal verby?


Daar is soveel naelbytende storielyne wat tans uitspeel, maar sepies op ons radar dié week is ‘Suidooster’, ‘Binnelanders’ en ‘Diepe Waters’.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepies: Is Kaashifa en Rhafiek se liefdesstorie finaal verby?

Terwyl die gelukkiges onder ons die feestyd saam met familie en vriende kon geniet, het die skrywers van ons plaaslike sepies hulself met storielyne propvol drama en aksie oortref. Die storielyne het behoorlik gekook. Lyk my daar was iets in al ons sepies se water, want almal het almal verneuk, die geheime het al so opgestapel dat dit aan die dak raak. Dit voel asof jy voor die TV met ’n breinkaart moet sit om by te hou met almal wat verdwyn het toe dinge te veel raak.

Daar is ook ’n paar nuwe gesigte (en selfs ’n paar ou gesigte) wat ’n draai kom maak het. Dit beteken net moeilikheid, dit kan ek julle belowe! Kyk maar net na die gemors wat Carmen (Desiré Gardner) met haar kort kuiertjie veroorsaak het.

Ek was so spyt dat ek vir twee weke nie kon mond uitspoel oor Sepieland se draaie en swaaie nie, veral toe At (Hans Strydom) – soos ek voorspel het – springlewendig op my kassie verskyn het. Nou kruip hy iewers in Europa saam met Ewa Wozniak (Bianca Amato) weg, maar At kan nie vinnig genoeg by die huis uitkom nie… Veral omdat sy erfgename sy “hardverdiende geld” vir liefdadigheid wil weggee.

Daar is soveel naelbytende storielyne wat tans uitspeel, maar sepies op ons radar dié week is Suidooster, Binnelanders en Diepe Waters.

Suidooster

Die spanning het verlede week soos ’n versmorende kombers in die lug gehangterwyl kykers gewag het om uit te vind of Rhafiek (Irshaad Ally) nou eintlik die pa van Carmen se ongebore kind is. In ’n verrasende wending was hy toe nie! Maar ons almal weet hulle kon die vaderskap toets vervals. Vir nou is hy nie, maar dit was steeds ’n emosiebelaaide week vir arme Kaashifa (Jawaahier Petersen).

Dié huwelik is steeds op die rotse. Sy weet nie meer watter kant toe met haar emosies nie en net toe sy dit in haar hart kry om vir Rhafiek ’n tweede kans te gee, gooi haar skoonmense vir Carmen ’n baby shower. Ek sou ook net daar ’n helse vloermoer gegooi het. In daardie oomblik het Kaashifa finaal vir Rhafiek afgeskryf. Maar toe gaan klim die man mos alleen in die donkerte ’n berg om sy kop skoon te maak. Ek sal nie verbaas wees as hy verdwyn en ná ’n traumatiese near death experience homself weer in Kaashifa se arms wurm nie.

Intussen dink Keith (Christiaan Schoombie) dat hy sy sukses in Justin (Eden Classens) se gesig kan vryf. Veral nadat hy toe ook vir Susan (Natasha van der Merwe) afgevry het. Maar daar wag ’n groot verrassing vir Keith en Susan as hul “perfekte” storie dié week in die tydskrif verskyn. Hulle gaan beslis ’n paar klappe uitdeel en ek kan nie wag nie.

Kyk Suidooster op DStv Online.

Diepe Waters

Karla (Danielle Swanepoel) se bulimie en Sanet (Nadia Valvekens) se alkoholisme het skokgolwe deur die Swartmarlyne-swemklub gestuur. Ek het met ingehoue asem gesit en kyk toe Sanet haar dogter hoor opgooi by die Kerspartytjie en besef dat haar suster toe nie gejok het nie.

Maar selfs Sanet se skok was niks in vergelyking met haar man se gesig met die aankoms van Anja (Reandi Grey) se nuwe liefde, Farooq, nie. Rossouw (Altus Theart) het die perfekte gesin op papier, maar hy smag na ’n eenvoudiger lewe saam met sy liewe Anja. Soveel so dat hy glad kontaklense begin dra het om jonger te lyk. Ek wou nie lag nie, maar shame, die man is soos ’n smoorverliefde en desperate tiener. Hy sukkel maar om die hormone in toom te hou. Ons sal maar moet sien of Anja die familie dié week met ’n verlowing gaan skok. Dit gaan arme Rossouw se hart breek. Tog – dalk gee hy dan uiteindelik vir sy vrou en dogter die aandag wat hulle nodig het.

Zelda (Sandi Schultz) is ook glad nie beïndruk met haar geliefde Pam (Tracey-Lee Oliver) wat by haar vyand se huis ingetrek het nie. Gys (Justin Strydom) beter op die uitkyk wees. Sy lewe gaan binnekort in duie stort danksy sy kleinseun Johan (Liam Bosman). Ek sit gereed met popcorn vir al die drama wat oppad is.

Kyk Diepe Waters op Catch Up en DStv Online.

Binnelanders

Sal ons dalk hierdie week sien hoe At uit die dood uit terugkeer? Ek wag in spanning om Genevieve (Delia Pereira), Conrad (Hykie Berg), Louis (Germandt Geldenhuys) en Annelize (Cindy Swanepoel) se reaksies te sien. Maar At is nie Louis se enigste probleem op die oomblik nie. Sy skoonsus se dogter, Thalia (Megan Troskie), kuier by hulle en dié een gaan nog groot moeilikheid veroorsaak. Ek dink die R3000 primer wat sy verlede week gesteel het, is net die begin! Dit terwyl Karen (Luandri Reynders) in warm water beland danksy haar verlore neef, wat tans in Binneland behandel word.

Kyk Binnelanders op DStv Online

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Redakteurskeuse vir Februarie 2025

Wat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou telenovela-gids vir Februarie 2025: Ontvoerings en opskuddings in ‘My naam is Farah’

Tahir neem sake in eie hande en Farah sal enigiets doen om haar ma te red. Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in Februarie. Hier is ons handige kykgids.

Meer

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié 5 storielyn-kinkels in Februarie

Dié ‘Suidooster’ kom in Februarie nie saggies teen die hange van die berg af nie… Hier is vyf storielyne wat ‘Suidooster’-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik gaan laat kou.

Meer

Jou kykgids vir ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ se tweede seisoen

In die tweede seisoen van die kykNET-kosreeks 'Kokkedoor Vuur & Vlam' is die bekroonde sjef Bertus Basson en braaighoeroe Kobus Botha weer op soek na die perfekte kombinasie van ’n onthoubraaier en kinkelbraaier. Hier is waarna kykers oor die loop van die tweede seisoen se 13 episodes kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies