Menu terloops
In Sepies [29 Aug 2022]

Sepies: En só groet ons Arendsvlei se grootste skurk


Thys speel met vuur en Ingrid moet boet vir haar sondes in ‘Arendsvlei’ en Tim gaan binnekort sy moer strip in ‘Suidooster’. Hierdie is die sepies met die lekkerste, skokkendste (en soms belaglikste) storielyne hierdie week.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepies: En só groet ons Arendsvlei se grootste skurk

Dit was ’n intens week in Sepieland, maar een wat ek nie maklik sal vergeet nie. Sepies op ons radar die week is Arendsvlei en Suidooster.

Arendsvlei

Vandag wil ek begin deur dankie te sê. Dankie aan die ongelooflike skrywers wat Wendy vir ons geskep het. En dankie aan Rehane Abrahams wat hierdie karakter lewe gegee het. Ek dra hierdie week my rubriek op aan Rehane wat met oortuiging week ná week die grootste skurk op my TV-skerm was. Ek het hard hiervoor gebid, maar ek dink my aande gaan nou sommer baie vervelig wees sonder Wengrid wat my op my tone hou.

As jy al voorheen hierdie rubriek gelees het, sal jy weet my love/hate-verhouding met Wengrid is diep… Maar dit is seker ’n kompliment aan die aktrise én skryfspan wat dié karakter geskep het. Ek moes vier seisoene wag, maar wat ’n hoogtepunt toe ek uiteindelik die woord “skuldig” tydens die hofsitting hoor. Ek het net so hard hande geklap en van blydskap geskree soos die mense in die hof toe die regter haar skuldig bevind en vir die res van haar lewe tronk toe stuur.

Wendy het mos altyd ’n plan en toe sy eers mal begin speel, het ek bekommerd geraak dat sy met haar skelmstreke gaan wegkom, maar gelukkig het die regter nie daarvoor geval nie. Haar aansittery was verniet! Die cherry op die koek is dat Wendy nou haar vonnis in ’n psigiatriese inrigting moet deurbring juis omdat sy mal gespeel het. Ek het darem lekker gekry toe sy vir almal in die inrigting probeer oortuig dat sy nie regtig mal is nie; dat dit als kamma-kamma was. Slim vang altyd sy baas en dié keer het Wengrid te ver gegaan. Oh the sweet sweet taste of revenge!

Daar is nie een deel van my wat sleg voel oor hoe dinge vir haar geëindig het nie. Veral nie my hart nie, want dié vrou het almal in die Vlei deur hel gesit. Ja-nee kyk, die wiel draai soms stadig, maar hy draai. En ongelukkig vir Wendy het haar tyd nou uitgeloop. Toe sy Donderdag met haar groot bos krulle en ’n straight-jacket in die hof opdaag, was ek net so ontsteld en geskok soos die mense in die hof. Dit het ’n visuele impak gehad, veral omdat kykers vir Wengrid as ’n stylvolle vrou met reguit hare en grimering ken.

Ek het nooit gedink hierdie woorde sal ooit uit my mond val nie, maar ek gaan nogals vir Wengrid mis. Vanaand (Maandag, 29 Augustus) is haar laaste episode. Hoewel ek uitgesien het na die drama wat sy in die inrigting gaan veroorsaak, is ek bly dat die inwoners van Arendsvlei uiteindelik in vrede sal kan lewe. 

…Maar gaan hulle regtig?

Brille (Jerome Rex ) van die boksklub het toevallig vir Wengrid ’n inspuiting gegee. Is hy nou regtig ’n dokter? Of is dit dalk deel van ’n Dorothy Galant- (Ilse Klink) of Ronnie Le Fleur- (Dean van der Ventel ) plan om haar uit te kry? Ons sal maar vanaand moet sien hoe die storie vir Ingrid/Wendy eindig, maar al kom ékrap. 

Debra (Kay Smit) is ook sterk op pad uit. Sy het verlede week die boksklub teruggegee aan sy regte eienaar, Lennie (Dann Jaques Mouton), nadat Ingrid hom so lelik ingedoen en mislei het. Janice (Crystal-Donna Roberts) het ook nou ’n tweede besigheid, nadat Debra Mortlocks vir haar gegee het. Ek kan nie wag om te sien hoe Janice haar stempel op die plek sit nie.

En kom ons hoop maar Thys (Sherman Pharo) gaan wakker skrik en liefde bo begeerte kies. 

Kyk Arendsvlei op DStv Online.

Suidooster 

Bridgette (Denise Newman) gaan dié week haar vingers brand as sy vir Tim (Marco Spaumer) verder verneder. Tim se geduld raak min en as sy te ver gaan, gaan hy weer met sy skelmstreke begin. Hierdie twee leer ook nooit uit hul foute nie, maar ek is hier vir die drama. Ek hoop net Bridgette is gereed, want sjoe, ek vererg my ook nou vir haar speletjies. Laat die man dan iewers anders gaan werk! Maar om hom so te verneder is beslis nie ’n goeie plan nie. Selfs ek sou lankal gatvol gewees het. 

Wade (Dean Smith) begin nou ook die stukke optel en het vinnig vir Nazeem (Irvine van der Merwe) laat verstaan hy is nie sy speelding nie. Kom ons hoop Wade kan sterk bly en homself uit die tronk uit hou.

Kyk Suidooster op DStv Online.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Redakteurskeuse vir Februarie 2025

Wat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou telenovela-gids vir Februarie 2025: Ontvoerings en opskuddings in ‘My naam is Farah’

Tahir neem sake in eie hande en Farah sal enigiets doen om haar ma te red. Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in Februarie. Hier is ons handige kykgids.

Meer

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié 5 storielyn-kinkels in Februarie

Dié ‘Suidooster’ kom in Februarie nie saggies teen die hange van die berg af nie… Hier is vyf storielyne wat ‘Suidooster’-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik gaan laat kou.

Meer

Jou kykgids vir ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ se tweede seisoen

In die tweede seisoen van die kykNET-kosreeks 'Kokkedoor Vuur & Vlam' is die bekroonde sjef Bertus Basson en braaighoeroe Kobus Botha weer op soek na die perfekte kombinasie van ’n onthoubraaier en kinkelbraaier. Hier is waarna kykers oor die loop van die tweede seisoen se 13 episodes kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies