Menu terloops
In Sepies [6 Feb 2023]

Sepies: Elke hart het sy smart


Jy kan probeer, maar die hart weet wat dit wil hê of jou geliefdes nou daarmee saamstem of nie. Sepies op ons radar vandeesweek is ‘Binnelanders’, ‘Suidooster’, en ‘Diepe Waters’.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepies: Elke hart het sy smart

Bad romance was beslis die tema van verlede week se sepies. As dit nie Rossouw en sy skoonsus is nie, dan is dit Wade en Angie wat hul toksiese verhouding weer ’n kans gee. Of dan tronkvoël Emile wat oor Janice droom. Dan praat ek nie eens van Zoë wat haar vlug Boston toe gemis het om met Nazeem te vry nie.

Suidooster

Nazeem (Irvine van der Merwe) mag dalk ’n boef wees, maar hy het verlede week bewys dat die regte persoon iemand ten goede kan verander. Ons ken hom as die rof en onbeskofte karakter wat altyd gereed is om mense te bedrieg. Maar Zoë laat ons ’n hele ander sy van Nazeem sien. Op hul eie Shrek en Fiona-manier, laat Nazeem se prinses sy harde hart smelt. Ek het nie geweet ’n blikkie langs die braaivuur en ’n pakkie goedkoop lekkers van die hoekwinkel af kan iemand se hart vinnig laat klop nie. Maar Nazeem het Zoë se swakheid gevind en nou lyk dit asof Ruiterbosch se prinses ’n lewe en craft bier in Boston wil prysgee om ’n gatsby en Jive saam met Nazeem te deel.

Ek sal ver ry op ’n Vrydagaand vir die regte gatsby, maar ’n man is ’n hele ander ding. Jy gaan my nie sommer kan flous en oortuig dat jy jou maniertjies verander het nie. Dan by ek eerder sonder dit.

Dit terwyl Wade (Dean Smith) se geliefdes al hul gebede vir die jaar in-cash, sodat hy van Angie kan vergeet. Dié een is weer drunk in love en het obviously nog nooit gehoor van “fool me once, shame on you, fool me twice, shame on me” nie. As dit by die liefde kom, het Wade maar min selfbeheer. Hy weet hoe swaar hy onder Angie se invloed gely het, tog sien hy kans vir ’n tweede rondte. As ek Ty was, spaar ek almal die drama en sit ek hom onmiddellik uit die huis uit. Ek het niks teen Angie nie, maar sy en Wade is soos water en vuur.

Kyk Suidooster op DStv Online.

Diepe Waters

Praat van kinderagtig! Anja (Reandi Grey) wou nie meer in die donker rondsluip nie en het dinge met Rossouw (Altus Theart) beëindig. Nou loop hy met ’n houding rond en gee vir haar die silent treatment. Vir ’n getroude man om so rond te loop, is embarrasssing. Hy wil sy brood aan albei kante gebotter hê, terwyl die vroue in sy lewe elkeen in spanning wag vir hom om hulle te kies. Dit is mos nie reg nie. Ek is nie Sanet (Nadia Valvekens) se grootste fan nie, maar as hy nie met haar wil wees nie, moet hy so sê. Dit is 2023 en ons wil nie meer aan ’n lyntjie gehou word nie. Die mense by die dansklas skinder seker lekker agter sy rug oor hom wat sy lyf John Travolta met die twee sussies hou.

Kyk Diepe Waters op Catch Up en DStv Online.

Binnelanders

Soekie (Antoinette Kellermann) is op dun ys en beter wakker slaap. At (Hans Strydom) se kameras werk weer en die hel is dié week los as hy twee en twee by mekaar sit. Steve (Clint Brink) is glad nie bly oor Soekie se kuier nie, maar hy het verlede week sy hande vol gehad met Lexi ( Kisha Skei) wat by die dood omgedraai het. Ek het gesien hoe die lewe Louis (Germandt Geldenhuys) se liggaam verlaat toe hy besef dat sy “groen vingers” amper haar dood veroorsaak het. Ek dink hy is nou sommer klaar met sy tuin. Ek weet ek sou my tuinvurk maar opgehang het. 

Kyk Binnelanders op DStv Online

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Redakteurskeuse vir Februarie 2025

Wat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou telenovela-gids vir Februarie 2025: Ontvoerings en opskuddings in ‘My naam is Farah’

Tahir neem sake in eie hande en Farah sal enigiets doen om haar ma te red. Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in Februarie. Hier is ons handige kykgids.

Meer

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié 5 storielyn-kinkels in Februarie

Dié ‘Suidooster’ kom in Februarie nie saggies teen die hange van die berg af nie… Hier is vyf storielyne wat ‘Suidooster’-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik gaan laat kou.

Meer

Jou kykgids vir ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ se tweede seisoen

In die tweede seisoen van die kykNET-kosreeks 'Kokkedoor Vuur & Vlam' is die bekroonde sjef Bertus Basson en braaighoeroe Kobus Botha weer op soek na die perfekte kombinasie van ’n onthoubraaier en kinkelbraaier. Hier is waarna kykers oor die loop van die tweede seisoen se 13 episodes kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies